Plaaslike astrofisikus publiseer baanbrekende navorsing oor akademiciFebruary 2, 2025
Die astrofisikus professor Michael Backes by Unam het onlangs ‘n baanbrekende artikel saam met 28 ander navorsers gepubliseer, waarin 523 reëls van hoëronderwysinstellings in 121 lande ontleed word. Dit was om die kriteria te bepaal vir die bevordering van akademici tot volle professoraat. Die navorsing het in 2016 begin en is op 1 Junie 2023 ingehandig. Dit is op 18 November 2024 aanvaar en die artikel is in die toonaangewende tydskrif Nature gepubliseer. Die studie is onder die Global Young Academy se Scientific Excellence-werkgroep uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Backes gesels wat die verskille in beleid van die Global South en Global North uitgelig het.
Backes sê Unam oorweeg dit om sy beleide te hersien.