Gordyn sak op Mboma se Olimpiese droom
Die gordyn het waarskynlik gesak vir Namibië se ster vroulike atleet, Christine Mboma, en haar afrigter, Henk Botha, om vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer. Mboma het aan die 100m en 200m wedlope by die pas afgehandelde Afrika Senior Atletiekkampioenskappe deelgeneem. Ongelukkig kon sy nie verbeter op haar tye wat sy by […]
Nee, eerste minister is nie kritiek siek
Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila herstel goed na ‘n geskeduleerde operasie by ‘n hospitaal in Windhoek, volgens die Kantoor van die Eerste Minister. Die aankondiging kom na gerugte op sosiale media dat die premier kritiek siek is. Rhingo Mutambo, woordvoerder die Kantoor van die Eerste Minister, sê Kuugongelwa-Amadhila het ‘n beplande operasie ondergaan en is in […]
Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente
Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil ‘n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre ‘n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand met die ou Suidwes-Afrika identiteitsdokumente.
Groot lenings vir onbekende goenwaterstof-koste? Nee wat
Namibië beplan glo om sy geprojekteerde olie-inkomste as kollateraal te gebruik om lenings van die internasionale geldmark te verkry om sy deel van die ontwikkeling van groenwaterstofprojekte te finansier. Dit is volgens ‘n Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing-verslag wat die risiko’s ondersoek het wat verband hou met die verwagting dat Namibië ‘n onbekende vlak van leningswaarborge […]
Konstruksiesektor groei ietwat in eerste kwartaal
Konstruksie het in die eerste kwartaal van die jaar matige groei van 3,5 persent op ‘n jaargrondslag beleef, ná drie opeenvolgende kwartale van daling. Dit was aansienlik laer as die 26,8 persent jaarlikse toename in die eerste kwartaal verlede jaar. Die Nasionale Statistieke-agentskap het die minimale groei toegeskryf aan hoofsaaklik aktiwiteite in die groenwaterstofsektor. Die […]
Ruik jy die dou in die môre?
Ons het die nuutste weervoospelling. Ruik jy die dou in die môre? Dit kom van Mosambiek af en trek oor Namibië en Botswana. Die voggies bing die wolke wat ons vir die volgende twee dae gaan sien. Wat gebeur by die kus? Luister na Odilo Kgobetsi die woordvoerder van die Namibiese weerkantoor.
Nuwe SA regering moet fokus op ekonomiese groei
Die Solidariteit Navorsingsinstituut vra die regering van nasionale eenheid om ekonomiese groei voorop te stel. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Connie Mulder, beklemtoon die behoefte aan ‘n koalisie om te goeder trou die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Mulder het aan die SABC gesê die sukses van die koalisie sal bepaal word deur sy verbintenis […]
Kenia betogers maak reg vir nog
Keniaanse betogers belowe om hul betogings teen nuwe belastingverhogings voort te sit, ‘n dag nadat gewelddadige botsings ten minste 23 mense dood en talle gewond gelaat het. Swaar gewapende polisie patrolleer tans die strate van die hoofstad Nairobi. Ondersteuners van die protesbeweging het na X gegaan met die hutsmerk #tutanethursday, of “sien jou Donderdag” in […]
Phelps, Schmitt vra hervorming van Wada
Swem: Die Olimpiese swem-ikoon Michael Phelps en die viermalige goue-medaljewenner Allison Schmitt het die internasionale agentskap teen verbode middels, Wada, gevra vir hervorming weens sy hantering van die 2021-skandaal oor Chinese swemmers en verbode middels. Hulle het Wada gestriem oor die jongste onthulling oor 23 Chinese swemmers wat positief getoets het vir verbode hartmedikasie. Nie […]
Health Defence League se Covid-aansoek ter syde gestel
Adjunk-regter president Hosea Angula het in die Windhoek hoërhof uitspraak gelewer in die dagvaardiging van die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, oor onder andere, die Covid-inenting. Wucher, saam met ander aansoekers, het bewyse geëis dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-beheermaatreëls doeltreffend was. Hulle vra ook […]