EU sal vandag veiligheidsooreenkoms met Oekraïne onderteken
Die Europese Unie sal na verwagting vandag ‘n veiligheidsooreenkoms met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky onderteken, wat beloof om vir jare wapens, militêre opleiding en ander hulp aan Kiëf te lewer. Die ooreenkoms sal die EU se verbintenis uiteensit om Oekraïne te help op nege gebiede van veiligheids- en verdedigingsbeleid. Dit sluit in wapenlewerings, militêre […]
Mynbou-ekspo se doelwitte uiteengesit
Die Kamer van Mynwese se uitvoerende hoof, Veston Malango, sê dat die sleuteldoelwitte van die 2024-uitgawe van die Mynbou-ekspo dieselfde is as in voorafgaande jare. Die ekspo en konferensie is geskeduleer vir 7 en 8 Augustus by die Windhoek Skougronde. Malango sê hulle wil bedryfskundigheid ten toon te stel, Namibiese entrepreneurskap aanmoedig en toekomstige mynboutalent […]
Brouerye, Nafau teken loonooreenkoms
Namibia Breweries, NBL, en die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, het ‘n loonooreenkoms van 18 maande vir die tydperk 1 Julie vanjaar tot 31 Desember 2025 onderteken. Met ingang van 1 Julie sal alle werkers in die bedingingseenheid ‘n loonverhoging van 2,5 persent op basiese salarisse tot Desember ontvang. Van Januarie tot Desember […]
Tshwane ‘kan nie Eskom-rekening van R4,9-miljard betaal’
Die Stad Tshwane sê hy is van voorneme om in die nuwe 2024/2025-boekjaar sy skuldbetalings-ooreenkoms met Eskom af te sluit. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê Tshwane het Eskom sowat 4,9-miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld en daar is nog geen betaling gedoen of ‘n skikkingsooreenkoms met die metro aangegaan nie. Qithi sê die stad […]
Junior Bokke reg vir Wêreldkampioenskap-wedstryd teen Fidji
Rugby: Die Junior Bokke is besig om hul voorbereidings vir Saterdag se Onder-20-wêreldkampioenskap-aanvangswedstryd teen Fidji in die Kaapstad-stadion te verfyn. Die span het vanaf hul tuisbasis in Stellenbosch na hul amptelike toernooibasis in die Moederstad verskuif. Die hulpafrigter, Lumumba Currie, sê die Fidjiaanse span sal bestaan uit spelers wat aan die Stille Oseaan- en Nieu-Seeland-kompetisies […]
Afrika-toerisme onder die loep by beleggingsforum
Die Afrika Gasvryheid-beleggingingsforum is aan die gang by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie geleentheid is ‘n belangrike mylpaal vir Namibië aangesien dit vir die eerste keer in Suider-Afrika gehou word. Namibië het verlede jaar die bod verkry om die forum aan te bied deur die pogings van die Namibiese Raad vir die Bevordering […]
Twee SA soldate sterf in DRK mortieraanval
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gister ‘n dodelike mortieraanval op hul basis in Sake, Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, bevestig. Die aanval het twee sterftes en twintig beserings tot gevolg gehad. Vier soldate is kritiek beseer en in die hospitaal opgeneem, terwyl dié met geringe beserings binnekort ontslaan sal word. Weermagwoordvoerder Siphiwe Dlamini sê die families […]
Louisiana Tien Gebooie-wet laat gesinne onthuts
Nege gesinne in Louisiana het die staat gedagvaar oor ‘n nuwe wet wat bepaal elke klaskamer in ‘n openbare skool moet ‘n plakkaat met die Tien Gebooie vertoon. Dit is die eerste wet van sy soort in Amerika en het betrekking op alle klaskamers tot en met universiteit. Die klagte word ondersteun deur burgerregtegroepe en […]
All Blacks moet vas staan teen Engeland-voorspelers
Rugby: Onderkaptein, Ardie Savea, sê die All Blacks moet vas staan teen die vuurkrag van Engeland se voorspelers om ‘n herhaling te voorkom van hulle skoknederlaag in 2019. Nieu-Seeland speel hulle eerste wedstryd van die jaar op 6 Julie in Dunedin teen Engeland voor die spanne die daaropvolgende Saterdag op Edenpark in Auckland weer teen […]
Cran onderstreep belangrikheid van digitale geletterheid
Volgens ‘n onlangse verslag het slegs 56 persent van Namibiërs internettoegang. Dit is gevolg deur ‘n oproep vir meer pogings om universele konnektiwiteit te bewerkstellig. Digitale geletterdheid is ‘n vaardigheid wat op alle lewensterreine vereis word. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië het ‘n artikel gepubliseer oor die belangrikheid van digitale geletterdheid. Hilya Mhani, die […]