Werk kan nie geskep word te midde van afleggings nie 

Saftu skryf Suid-Afrika se werkskeppingstekorte aan strukturele ekonomiese kwessies toe. Die jongste kwartaallikse indiensnemingstatistieke toon ‘n eerste kwartaal-afname van 0,6-persent in formele nie-landbou indiensneming. Die federasie sê ondanks groei in informele handel en sektore soos gemeenskaps- en sakedienste, kwyn werksgeleenthede weens voortdurende afleggings in mynbou en vervaardiging. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie […]

Read More

Sal Messi Saterdag speel of nie? 

Lionel Messi gaan dalk Saterdag se wedstryd in die Copa America teen Peru misloop om ‘n seer dyspier te laat rus, nadat sy span reeds met twee oorwinnings vir die volgende ronde gekwalifiseer het. Messi is vandeesweek 37 en het mediese behandeling ontvang tydens Argentinië se oorwinning van 1-0 oor Chili by die toernooi in […]

Read More

Aansoeke vir grond, erwe styg skerp in Lüderitz 

Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van eiendomme en aansoeke daarvoor vir Lüderitz gedoen. Die dorpie groei vinnig as gevolg van die ontluikende oliebedryf sowel as groen-waterstof. Aansoeke vir grond deur ontwikkelaars het aansienlik gegroei met 38 in 2021 vergeleke met 74 verlede jaar. Aansoeke vir behuising het ook gegroei met 50 in 2020 […]

Read More

Saftu boos vir Eskom wat 36,15% verhoging vra 

Saftu bepleit gratis basiese elektrisiteit te midde van Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van 36,15-persent vir volgende jaar. Die federasie is gekant teen die verhoging, soos uiteengesit in ‘n vertroulike konsepdokument aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, wat ook daaropvolgende verhogings in 2026, 2027 en 2028 insluit. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê hierdie verhogings, en die […]

Read More

Staatsgreep misluk in Bolivia 

Die polisie in Bolivia het die leier van ʼn staatsgreeppoging gearresteer ure nadat soldate die presidensiële paleis in die hoofstad La Paz bestorm het. Gepantserde voertuie en soldate op Murillo-plein waar belangrike regeringsgeboue is, het later onttrek. Die rebelleleier in beheer, Juan José Zúñiga wat nou onder arres is, sê hy wou die demokrasie herstruktureer […]

Read More

Assange vra privaatheid 

Die Wikileaks stigter Julian Assange het in Canberra in Australië aangekom in wat beskryf word as sy eerste dag van vryheid. Dit kom na 14 jaar se regstryd. Hy is deur familie verwelkom en sal nou ook vir die eerste keer sy kinders sonder tralies kan sien. Sy vrou Stella Assange het met die media […]

Read More

Ekonoom sê oor Julie-brandstofprys 

Middel-maand-data van Suid-Afrika se Sentrale Energiefonds toon dat nog ‘n groot verlaging in brandstofpryse daar in Julie voorlê. Die fonds se data toon dat petrolpryse na verwagting met meer as 1 Suid-Afrikaanse rand per liter verlaag kan word, terwyl dieselpryse met sowat 55 sent per liter behoort te daal. Plaaslik is die brandstofpryse in Junie […]

Read More

N$60 000 vir kostuums vir Nangolo, Netumbo en gades, vir karnaval…

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese Toerismeraad gedwing is om die 1,2 miljoen Namibiese dollar se rekening vir die bemarking van die naweek se Etotha-karnaval te betaal. Daar is ook blykbaar 60 000 dollar opgedok vir spesiale kostuums vir president Nangolo Mbumba en sy adjunk Netumbo Nandi-Ndaitwah, sowel as hulle gades, vir die karnaval. Volgens […]

Read More

Covid-saak: Meriete nie aangespreek nie

Die aansoek van die Health Defence League, oor onder andere die Covid-inenting, is in die hoërhof ter syde gestel. Adjunk-regter president Hosea Angula het beslis dat die aansoekers, onder die leierskap van dr. Martin Wucher, nie die prosedurele reg gehad het om die aansoek te bring nie. Dit is omdat die liga se uitvoerende komitee […]

Read More

Versigtig met inkomste van olie, gas, groen-waterstof

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, waarsku oor die potensiële misbruik van inkomste van die ontluikende olie- en groen-waterstofsektore. In sy mening is daar ‘n daadwerklike risiko vir die onwettige vloei van fondse uit die land wat korrupsie, terreurbefondsing en geldwassery kan bevorder. Hy sê dit is noodsaaklik dat die Finansiële Intelligensiesentrum […]

Read More