Assange vra privaatheid 

Die Wikileaks stigter Julian Assange het in Canberra in Australië aangekom in wat beskryf word as sy eerste dag van vryheid. Dit kom na 14 jaar se regstryd. Hy is deur familie verwelkom en sal nou ook vir die eerste keer sy kinders sonder tralies kan sien. Sy vrou Stella Assange het met die media gepraat.