
Andy Birkett wen Dusi-kanovaart negende keer in ‘n ry - February 20, 2022
Kanovaart: Die oornag-voorlopers, Andy Birkett en Dave Evans, en Abby Solms en Bianca Haw, het hierdie jaar se onderskeie mans- en vroue-afdelings in die gewilde Dusi-marathon in Suid-Afrika gewen. Dit was Birkett se negende titel in ‘n ry, sy twaalfde algeheel, en Evans se eerste. Evans beskryf die afgelope drie dae as een van die grootste leerkurwes van sy jong roei-loopbaan. Solms en Haw het gister […]
Olifant-organisasie se basiskamp tydens kitsvloede beskadig - February 20, 2022
Elephant Human Relations Aid, oftewel Ehra, se basiskamp in die Kunene-streek het erge skade tydens kitsvloede opgedoen. Verskeie infrastruktuur soos die dam en boorgat is erg beskadig en hul toerusting, ‘n voertuig en sleepwa het ook weggespoel. Die span van die basiskamp moes skuiling op hoër grond en in tente van ‘n naasliggende kamp kry. […]
Ace beskuldig dat hy korrupsiesaak probeer vertraag - February 20, 2022
Die aanklaer in die saak van die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule, beskuldig hom dat hy dinge probeer vertraag ten einde ‘n pleit op verskeie strafregtelike aanklagte te vermy. Volgens Suid-Afrikaanse mediaberigte, is dit vervat in die antwoordende stukke wat by die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien is. Die voormalige premier van die Vrystaat, sy tien […]
Twee Oekraïense soldate dood, vier gewond - February 20, 2022
Die Oekraïense weermag sê twee soldate is dood en vier is gewond in ‘n bombardement deur pro-Russiese separatiste in die ooste van die land. Die geweld wat verlede week opgevlam het, het die vrees laat ontstaan dat dit Russiese militêre aksie kan ontlok. Die Oekraïense weermag sê op sy Facebook-blad separatiste het die skietstilstand gister […]
Eben Etzebeth is weer op die krukkelys - February 20, 2022
Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth is weer op die krukkelys vir die Franse klub Toulon, dié keer met ‘n kuitbesering. Hy het die kuitbesering opgedoen voor Toulon se Top-14 kragmeting teen Perpignan en sal ‘n maand lank buite aksie wees. Etzebeth het vroeër vandeesweek by die Haaie kontrak geteken.
Plaaswerker se liggaam in woestyn gevind - February 20, 2022
Die Namibiese polisie in die Karas-streek is op soek na inligting en getuies wat kan help om die dood van ‘n plaaswerker in die Lüderitz-distrik op te los. Die 33-jarige plaaswerker, Edmund Ndaukako, se familie het hom op 14 Februarie as vermis aangemeld nadat hy op 11 Februarie op ‘n plaas begin werk het. Volgens […]
Covid-19 eis meer as 4 000 Namibiërs - February 20, 2022
Namibië het sy kerf van meer as 4 000 Covid-sterfgevalle verbygesteek nadat die gesondheidsministerie twee sterftes in die distrikte van Opuwo en Nyangana aangemeld het, wat die totaal nou op 4 001 sterftes te staan bring. Die positiewe koers verteenwoordig nou 3,2 persent nadat 48 nuwe gevalle uit 1 484 toetsuitslae bevestig is. In die […]
Elon Musk help Tonga na vulkaan - February 20, 2022
Die ruimte-entrepreneur en stigter van Tesla, Elon Musk, het 50 000 satelliet-terminale geskenk om Tonga te help om weer met die wêreld in verbinding te tree. Die eiland in die Stille Oseaan se telekommunikasiestelsel is baie beperk sedert die gewelddadige vulkaniese uitbarsting en tsunami van 15 Januarie sy onderwater-optiese veselkabel gebreek het. Die eerste minister, […]
Haaie hardloop draaie om Leeus, Cheetahs om Pumas - February 20, 2022
Curriebeker-rugby: Die Haaie het draaie om die Leeus gehardloop in Johannesburg en uiteindelik met 45-31 gewen. Die Haaie se Boeta Chamberlain was ‘n yster met sy skopskoen. Die Haai het vier keer gaan druk. In die ander wedstryd was die Vrystaat Cheetahs te sterk vir die Pumas en het met 29-17 in Mbombela geseëvier. Die […]
President van Botswana besoek môre Roots-landbouprojek by Stampriet - February 19, 2022
Die President van Botswana, Mokgeetsi Masisi, gaan môre saam met van sy kabinetslede besoek by die mega-plaas, Roots Namibia, by Stampriet aflê. Die Roots-ontwikkeling is gebaseer op die nuwe konsep van ‘n landbou-dorp wat ontwikkel word om uitvoerprodukte na die internasionale mark uit te voer. Salomon Kalondo, ‘n vennoot van Roots Namibia het die besoek […]