Studente, maak seker jou kursusse is geakkrediteer

Soos die nuwe akademiese jaar aanbreek neem studente belangrike besluite oor hul studies, kies hul kursusse en sommige kies om kursusse te verander. In die lig hiervan raai Lina Ndengu, die skakelbeampte van die Namibië Kwalifikasie-owerheid, studente aan om te verseker dat die kursusse wat hulle kies behoorlik geakkrediteer is. Ndengu het aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Orano-ontsoutingsaanleg werk weer, Swakop kry water

NamWater rapporteer dat die Orano-ontsoutingsaanleg weer operasioneel is en dat Swakopmund se watervoorraad geleidelik terugkeer na normale pomp- en vloeivlakke. Die swael-uitbarsting in die see, wat veroorsaak het dat die aanleg afgeskakel moes word, het bedaar en normale bedrywighede kon hervat. NamWater sê die situasie word deurgaans gemonitor en enige verandering sal dadelik aangekondig word.

Read More

Lesotho sal SA help met repatriasie van Stilfontein-liggame

Die regering van Lesotho het sy steun aan Suid-Afrika beloof met die repatriasie van die liggame van Basotho-burgers wat in die Stilfontein-myn in Noordwes vasgekeer was. Lesotho se binnelandse sake-minister, Lebona Lephema, het aan SABC News gesê hul ambassade wag op amptelike kommunikasie aangesien baie oorledenes onbekend is weens ‘n gebrek aan dokumentasie. Hy versoek […]

Read More

China hoop vir handelsamewerking onder Trump

China sê hy hoop samewerking met Washington kan handelskwessies oplos nadat Donald Trump sy tweede presidentstermyn begin het. Hy het voorheen gedreig om streng tariewe op die Asiatiese reus in te stel. Die woordvoerder van Buitelandse Sake, Guo Jiakun, sê China is bereid om dialoog en kommunikasie met Amerika te versterk, verskille behoorlik aan te […]

Read More

Hoëvlak-tussengevegte bedreig organisasies, staatsentiteite

Met tussengevegte wat voortduur by byvoorbeeld Stad Windhoek en ook direksies en uitvoerende komitees van ondernemings in staatsbesit, is daar volgens kenners ‘n ernstige bedreiging vir die volhoubaarheid van hierdie entiteite. Sulke konflikte ondermyn dikwels die effektiewe funksionering van die entiteite, waarvan baie reeds met finansiële probleme worstel en dikwels afhanklik is van staatsreddingsboeie om […]

Read More

Afrikaanse e-vervoerdiens gaan 90 bestuurders aanstel

ʼn Nuwe Afrikaanse e-vervoerdiens, Wanatu, is in Centurion en Pretoria bekendgestel. Die diens wil 90 bestuurders aanstel wat Afrikaans praat. Alhoewel bestuurders Afrikaans magtig moet wees, is die diens vir almal toeganklik deur ʼn knoppie op die toepassing wat in Engels vertaal. Wanatu sê hy gaan sy bestuurders direk aanstel en salarisse en aansporings aanbied […]

Read More

Tien sterf in brand by Turkse ski-oord

Tien mense is dood en 32 beseer toe ‘n brand ‘n hotel die gewilde Kartalkaya-ski-oord in die noordweste van Turkye verswelg het. Die privaat uitsaaier NTV sê drie mense is dood nadat hulle by die hotel se vensters uitgespring het. Die oord is bo-op ‘n berg geleë, sowat 170 kilometer noordwes van die hoofstad, Ankara. […]

Read More

Paula Badosa, Zverev deur na Aussie Ope halfeindronde

Tennis: Die gewese wêreld-nommer-twee, Paula Badosa, is deur na die eerste Grand Slam-halfeindronde van haar loopbaan nadat sy die wêreld-nommer-drie, Coco Gauff, in die Australiese Ope verslaan het. Die Spanjaard het die Amerikaner 7-5, 6-4 geklop in haar eerste oorwinning oor ‘n toptien-speler in ‘n Grand Slam-toernooi. In die mansafdeling het die Duitser Alexander Zverev […]

Read More

Gbs-brand geblus, kenners moet sê oor oorsaak

Die NamPol bevelvoerder vir Omaheke, kommissaris Heinrich Tjiveze sê die brand by die Woermann Brock-winkel op Gobabis is geblus. Hy sê kenners word uit die hoofstad ontbied om die oorsaak van die brand te bepaal.

Read More

Swakop, spaar water… Orano is af oor swael-inhoud

Swakopmunders moet water spaar. Volgens NamWater het die Orano-ontsoutingsaanleg ‘n swael-lesing van 449 mikrogram per liter aangeteken, ver bo die aanleg se operasionele beperkings en moes afgeskakel word. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder Linda Mupupa gepraat.

Read More