Nuwe Windhoek burgemeester ‘sal vir alle inwoners werk’
Na drie vorige mislukte probeerslae het die Stad Windhoek se raadslede vergader om nuwe ampsdraers te verkies. Die nuwe burgemeester is Ndeshihafela Larandja van die IPC en Carolina Claudia Clemencia Hanases van die PDM is verkies as onder-burgemeester. Burgemeester Narandja sê in haar eerste toespraak sy sal vir al die Stad se inwoners werk.
NamPol arresteer 3, soek nog 4 in Gobabis-transitoroof
NamPol het meer inligting verskaf oor die gewapende transitoroof wat Maandag op Gobabis plaasgevind het. Vier vermeende gewapende rowers het omstreeks 11-uur die oggend by die OK Foods vulstasie opgedaag waar ‘n gepantserde voertuig van Raptor gewag het om kontant op te tel. Die sekuriteitswagte is oorrompel en die rowers het ontsnap met 266 525,90 […]
ActionSA betreur 1 502 feestyd-sterftes op paaie
ActionSA sê die sogenaamde Padveiligheidsmaand was ‘n volslae mislukking met sterftes wat jaar op jaar met 5,3-persent gestyg het. Daar was in die 2024/2025-feestyd 1 234 noodlottige botsings waarin 1 502 mense dood is. Malebo Kobe van ActionSA sê die wortel van die probleem is die land se problematiese vervoerstelsel, wat geen bekostigbare en betroubare […]
Skotland kry twee mede-kapteins
Rugby: Finn Russell en Rory Darge is aangestel as medekapteins van Skotland vir die Sesnasiesreeks nadat die gereelde kaptein, Sione Tuipuloto, aan die kompetisie moes onttrek. Hy het sy borsspier beseer tydens oefening vir sy klub, Glasgow Warriors, en word dié week geopereer. Skotland speel die einde van die maand in die eerste ronde van […]
Aktivis geskok, teleurgesteld oor nuwe Huwelikswet
Reaksie stroom steeds in na die publikasie van die Huwelikswet van 2024 in die Staatskoerant. Die wet, wat opspraak verwek het toe dit deur Swapo-lid Jerry Ekandjo as ‘n privaatlede wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelê is, verbied die erkenning van selfdegeslag huwelike, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is. Dit keer ‘n […]
Doman, Suren vat 2de Nedbank Windhoek Pedal Power reeks
Die tweede reeks van die 2025 Nedbank Windhoek Pedal Power-fietsren, Copper Kettle, het deelnemers ‘n uitdagende 6,7 km-baan per rondte oor verskeie kategorieë gebied. In die vrouespan algemene klassifikasie het Michelle Doman van Food Lovers Market die eerste plek behaal met ‘n indrukwekkende tyd van 1 uur, 46 minute oor 10 rondtes. In die manskategorie […]
IPC se Ndeshihafela Larandja is nuwe Windhoek burgemeester
Die Stad Windhoek se raadslede het uiteindelik vandag vergader om nuwe ampsdraers te verkies. Ndeshihafela Larandja van die IPC is as die nuwe burgemeester van Windhoek aangewys. Die verkiesings is nog aan die gang. Voorsittende landdros Immanuel Udjombala het die stemme vir die burgemeesterspos aangekondig.
Geen nuwe goewerneurs, sê Mbumba na Grensafbakeningskommissie-verslag
Die Grensafbakeningskommissie het sy verslag oor kiesafdeling- en streekwysigings ingedien, en president Nangolo Mbumba het na aanleiding van die verslag verklaar dat geen nuwe goewerneurs aangestel sal word nie. Die paneel het die bevindinge aan die president voorgelê saam met ‘n versoek om sewe streeksgrense te wysig. Die kommissie se aanbevelings sluit in 10 nuwe […]
Nama-leiers pleit by Mbumba oor volksmoord-gesprekke
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en die Ovaherero Tradisionele Owerheid is gekant teen Namibië en Duitsland se onderhandelinge oor die volksmoord van 1904-1908, met verwysing na uitsluiting van samesprekings, onvoldoende skadevergoeding en ‘n gebrek aan wetlike aanspreeklikheid. Hulle verwerp Duitsland se aanbod van 1,1 miljard euro as onvoldoende en die voorgestelde gesamentlike verklaring as ontmenslikend en […]
Hoe moet instansies salarisse betaal met soveel studenteskuld?
Die ministerie van hoër onderwys het ‘n opdrag uitgereik dat alle instansies resultate aan studente bekend maak, ongeag hul uitstaande skuld, en dat gegradueerdes wat nog skuld het, hul kwalifikasies ontvang. David Namwandi, die stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur, het gemengde gevoelens hieroor. Namwandi het aan Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid erken om […]