
Withuis reageer skerp op dokument oor aborsiewet - May 4, 2022
Die Amerikaanse President Joe Biden sê ‘n vrou se reg om te besluit is fundamenteel. Hy het reageer op ‘n voorstel van die Amerikaanse hooggeregshof wat uitgelek het waarin voorgestel word die nasionale reg op aborsie, bekend as Roe teen Wade, moet omvergewerp word. Die hof gaan in Junie of Julie ‘n finale besluit neem. […]
Beatrice het dyspier verstuit, sal in tyd vir VSA-byeenkoms herstel - May 4, 2022
Afrigter Henk Botha sê die besering wat Beatrice Masilingi opgedoen het terwyl sy aan die 100-meter wedloop in Botswana deelgeneem het is nie te ernstig nie. Sy het volgens Botha die besering aan haar dyspier in die VSA opgedoen en het herstel maar in Gaborone, het sy nie goed opgewarm toe dit begin reën het […]
Suide-damme steeds propvol - May 3, 2022
Damme in die suide van Namibië is steeds propvol met die Nautedam wat 101 persent vol en die Neckartaldam 99,5 persent vol is. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is 1,894 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam vrygestel wat nou 69,8 persent vol is. Uit die Swakoppoortdam is 1,163 miljoen kubieke meter water vrygelaat wat nou 91,5 persent vol is, en 1,101 miljoen kubieke meter water uit die Omatakodam wat […]
Wes-Kaap onderteken ooreenkoms om breëbandtoegang te verbeter - May 3, 2022
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het vandag ‘n ooreenkoms met die Amerikaanse Handel- en ontwikkelingsagentskap onderteken om ‘n uitvoerbaarheidstudie te doen oor die uitbreiding van breëband-infrastruktuur in die provinsie. Dit sal na verwagting die provinsie se doelwit bevorder om elke dorp met bekostigbare hoëspoed breëbandnetwerke te verbind. Todd Haskell van die agentskap sê hulle poog […]
Het Namibië te veel vakansiedae in Mei? - May 3, 2022
Daar is baie openbare vakansiedae op die Namibiese kalender, veral in Mei. Sommige Namibiërs bevraagteken van die vakansiedae en hoe dit ‘n impak op produktiwiteit het. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n paar mense gesels om uit te vind wat hul opnie oor die aantal openbare vakansiedae is.
Wes-Kaap gereed vir vyfde Covid-vlaag - May 3, 2022
Die Wes-Kaap gesondheidsdepartement sê die provinsie se gesondheidsorg-stelsel is soos met vorige vlae van die Covid-pandemie, gereed om te reageer sou daar ‘n drastiese toename in hospitaal-opnames in die komende vyfde vlaag aangeteken word. Die provinsie se hoof van gesondheid, dr. Keith Cloete, sê die kapasiteit wat die afgelope twee jaar in die stelsel opgebou […]
Hof keer beslissing om oor bevriesing van $1 miljard se Gupta-bates - May 3, 2022
‘n Volbank van die hooggeregshof in Johannesburg het die vroeëre beslissing van dieselfde hof omgekeer om bates ter waarde van een miljard rand wat verbind word met die Guptas te ontvries. Die geld word na bewering verbind met die plundering van Transnet. Die hof het in Oktober 2020 bevind die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se […]
Namibiese toerismesektor het voorheen Afrika Reis-indaba bygewoon - May 3, 2022
Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die Afrika Reis-indaba wat vandag die eerste keer weer in Durban begin het sedert die begin van die Covid-pandemie meer as twee jaar gelede. Die grootste toerisme-uitstalling op die vasteland is tans aan die gang wat voorheen goed deur die Namibiese toerismesektor bygewoon is. Nrupesh Soni van die Namibia […]
Boris spreek Oekraïnse parlement toe - May 3, 2022
Die Britse premier Boris Johson het vandag die Oekraïnse parlement aanlyn toegespreek en lof toegeswaai. Die volg nadat President Wolodomir Zelensky van Oekraïne die Britse laerhuis in Maart toegespreek het. Johnson was die eerste wêreldleier wat die Oekraïnse parlement sedert die begin van die oorlog toegespreek het en sou sy kritici wou wys hy fokus […]
Suid-Afrikaners moet vel-skenkers word - May 3, 2022
Suid-Afrikaners word gevra om vel-skenkers te word. Nasionale Brand-bewustheidsweek begin Vrydag en duur tot die 12de Mei. Die week is ‘n geleentheid om bewustheid te skep oor die uitwerking van brandwonde, veral op kinders. Brandwonde is die derde algemeenste oorsaak van ongeluk-sterftes onder kinders jonger as 14. Die Nelson Mandela Kinderhospitaal behandel jaarliks ongeveer 3 500 […]