Argentinië wen in Kanada maar Blitsbokke bly bo - April 18, 2022

Die Suid-Afrikaanse Sewes-span klou steeds vas aan die eerste plek op die wêreldreeks-punteleer, nadat hy die naweek vyfde geëindig het in die toernooi in Vancouver, Kanada. Die Blitsbokke het 17-28 teen Samoa verloor in die Beker-kwarteindstryd, maar toe hergroepeer om Frankryk en die All Blacks in die uitspeelwedstryde te klop en 13 punte te verdien. […]

Read More

Vroue moet van kleins af bemagtig word – Nujoma - April 18, 2022

Die stigterspresident Sam Nujoma het hom sterk uitgespreek teen geweld teen vroue en kinders in die land. Hy het die Swapo-party se vroueraad toegespreek en hul aangemoedig om meer te doen om te verseker dat veral skoolgaande meisies toegang het tot veiligheid, sanitêre produkte, en goeie opvoeding. Nujoma het die raad gemaan om nie te […]

Read More

Sassa voordele word verhoog in KZN - April 18, 2022

Die adjunk-minister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Hendrietta Bopane-Zulu, sê die maatskaplike-sekerheidsagentskap, Sassa, voorsien hulp aan gesinne wat skade gely het weens die oorstromings in KwaZulu-Natal. Die koopbewyse se waarde is beduidend verhoog. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê verligting word in die vorm van koopbewyse vir kos, skoolklere en komberse verskaf:

Read More

Boris het aansienklik meer makietie gemaak tydens inperking – opposisie - April 18, 2022

Die Britse opposisie beweer eerste minister Boris Johnson het die land opsetlik mislei oor onwettige partytjies in Downingstraat 10 tydens die inperking. Die onderleier van die Arbeiders, Angela Rayner, sê dit wil voorkom of hy tot ses van die 12 partytjies bygewoon en minstens een van hulle voorgestel het. Hy is reeds beboet omdat hy […]

Read More

Atletiekseisoen sal taai wees – Henk Botha - April 18, 2022

Henk Botha, afrigter van die twee ster-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi, sê dié jaar se wêreldatletiekseisoen gaan moeilik wees, maar hulle is gereed. Botha en vier Namibiese naellopers in die 4×100 meter-aflosspan het pas hul voorbereiding vir die Statebondspele in die VSA voltooi en keer die week terug Namibië toe. Botha sê die Europese […]

Read More

Balju moet N$20m se bates by gholfbaan vind - April 18, 2022

Daar word verwag dat die balju van die Swakopmund-distrik binnekort beslag sal lê op bates van Rössmund Golf Course CC, om skuld by die Ontwikkelingsbank van Namibië te delg. Dit volg na ‘n beslagleggingsbevel wat deur die hoërhof in Windhoek uitgereik is. Die bank het die hof genader vir onbetaalde skuld van amper 20 miljoen […]

Read More

KZN: 443 sterf, 63 steeds vermis - April 18, 2022

Reddingswerkers soek steeds talle mense wat vermis word in KwaZulu-Natal nadat swaar reën die afgelope dae vloede en modderstortings veroorsaak het. Meer as 440 mense is in die oorstromings dood. Meer as 40 000 mense is haweloos gelaat sonder krag en drinkwater, en ontwrigting by die hawe in Durban duur voort. Die skade aan infrastruktuur […]

Read More

Oekraïnse soldate weier om wapens neer te lê - April 18, 2022

Oekraïnse soldate het tot op hede, ‘n Russiese ultimatum ​​om wapens in die beleërde stad van Mariupol neer te lê, geïgnoreer en gevegte duur voort. Die stad is volgens owerhede in daardie land, steeds gedeeltelik onder Oekraïnse beheer. Beheer van Mariupol, die hoofhawe in die Donbas-streek, is van strategiese belang vir Rusland. Kenners meen dat […]

Read More

Onder-20’s verloor in Nairobi - April 18, 2022

Die Namibiese onder-20 rugbyspan het in Nairobi by die Rugby Afrika Barthés Onder 20-toernooi eindstryd met 19-14 teen Zimbabwe verloor. Die rustyd telling was 11-6. Kenia het derde gekom na ‘n oorwinning van 49-15 teen Madagskar. Namibiese afrigter Chrysander Botha sê die toernooi was goeie en belangrike blootstelling vir die span maar, hulle het foute […]

Read More

Otji-man vas vir N$100 000 se dagga - April 17, 2022

Lede van die Namibiese polisie se dwelmeenheid het beslag gelê op dagga ter waarde van 100 000 Namibiese dollar. Volgens die mag se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, inpsekteur Maureen Mbeha het die polisie ‘n klopjag uitgevoer op ‘n huis in Ombili op Otjiwarongo. ‘n Totaal van 53 pakkies dagga is gevind met ‘n totale massa […]

Read More