
Amerikaanse hooggeregshof-kandidaat verdedig haar nominasie - March 22, 2022
Die Demokrate se kandidaat vir die posisie van regter in die Amerikaanse Federale Hooggeregshof, Ketanji Brown Jackson, sê sy onderneem om Amerika se demokrasie onpartydig te verdedig. Sy het die opmerkings gemaak in haar openingsrede voor die Senaat se Regskomitee, wat sal besluit of haar benoeming goedgekeur word. Jackson het haar bykans dekade lange loopbaan […]
Wêreldwaterdag: Kaapstad is watersensitief - March 22, 2022
Die Stad Kaapstad sê sy visie is vir ‘n watersensitiewe stad. Met dié mikpunt in gedagte bevestig die stadsraad vandag deur middel van Roei vir Wêreldwaterdag hul onderneming aan die publiek en die waarde van vennootskappe om die kwaliteit van ons water in die binneland te verbeter. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis en die burgemeesterskomiteelid vir […]
LPM-magstryd: Lede sal verantwoording doen - March 22, 2022
Die woordvoerder van die Landless People’s Movement Eneas Emvula het gereageer op berigte dat daar ‘n uitgebreide plan is om Bernadus Swartbooi as leier van die party te verwyder. Volgens berigte is die poging om die party in ‘n volwaardige Nama-party te verander en dit word deur Floris Fleermuys en sy suster Florette Nakusera aangedryf. […]
Man vermoor nog ‘n meisie, weer skuldig - March 22, 2022
‘n Man wat vir die tweede keer skuldig bevind is aan moord sal weer die komende Vrydag in die hof verskyn vir sy voor-vonnisopleggingsverhoor. Petrus Hoxobeb, 58, het twee van sy meisies vermoor. Die eerste was die moord van sy meisie in November 1993 in Gobabis toe hy haar met ‘n mes buite ‘n shebeen doodgesteek het. Hy […]
Ghana stoot repokoers op met 250 basispunte - March 22, 2022
Ghana se sentrale bank het Maandag sy grootste rentekoersverhoging ooit aangekondig omdat hy poog om die voortslepende styging in inflasie te vertraag. Die Bank van Ghana het sy uitleenkoers met 250 basispunte tot 17 persent verhoog. Verbruikers sukkel met skerp stygings in die prys van talle goedere – van meel tot suiker tot brandstof – en teen ‘n verswakkende […]
Nampharm en Jordaan se saak word die week verhoor - March 22, 2022
Die saak waar Nampharm die bekende dr. Danie Jordaan vir net minder as 594 000 Namibiese dollar – in wat die maatskappy beskryf as onbetaalde fakture – dagvaar, is vandag neergelê vir verhoor in die hoërhof. Volgens Nampharm se eis het Jordaan in April 2016 ‘n ooreenkoms met hom gesluit en ‘n rekening oopgemaak om van tyd tot tyd […]
Ingryping kom die week in verband met verdrinkings in die Noorde - March 22, 2022
‘n Volwasse man het by ‘n nedersetting in die Endola-kiesafdeling verdrink terwyl hy saam met vriende in ‘n gronddam geswem het. Die 25-jarige Petrus Wilhelm, kon nie swem nie en sy vriende het hom tevergeefs probeer red. Hy is een van talle verdrinking-slagoffers in die Noorde, wat herhaaldelik voorkom wanneer die oshanas en gronddamme vol […]
Handves van Regte benodig die uitroeiing van armoede - March 22, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê indien die land die menswaardigheid wat in die Handves van Regte vervat is ‘n realiteit wil maak, moet armoede beëindig word. Hy sê armoede ontsê steeds meer as 60 persent Suid-Afrikaners hulle menseregte en basiese vryhede. Steenhuisen sê lewenskoste word opgejaag deur stygende brandstof- en elektrisiteitspryse. Dit lei tot die […]
Boeing bied hulp aan China na vlugramp - March 22, 2022
Die uitvoerende hoof van Boeing, Dave Calhoun, sê tegniese kenners is bereid om die Burgerlugvaartowerheid in China te help met die ondersoek na die vliegongeluk waarin ‘n 737-800-vliegtuig van die lugdiens China Eastern neergestort het. Die Chinese passasiersvliegtuig met 132 mense aan boord het in bebosde heuwels in die suide van China neergestort. President Xi Jinping het ‘n onmiddellike ondersoek na […]
Spar-marathon ‘n reuse-sukses - March 22, 2022
Die eerste Spar Gondwana Moon Valley Marathon word as ‘n reuse-sukses beskryf. Al het ‘n paar deelnemers die pad byster geraak en verdwaal op die roete in die asemrowende maanvallei, is André Ross die eerste man en Ottilie Aimwata die eerste vrou oor die wenstreep. In die halfmarathon is Paulus Daniel die mans-wenner en Mweshamekange […]