Koeie se winde deur satelliet opgetel… baie huise kan met die metaan krag kry… - May 3, 2022

Satelliete het metaangas vrystellings van koeie wat winde opbring by ‘n voerkraal in Kalifornië opgetel. Dit is die eerste keer dat winde van koeie, ‘n belangrike komponent van landboumetaan, vanuit die ruimte gemeet kan word. Die omgewingsdatafirma GHGSat het vandeesmaand data van sy satelliete ontleed en die metaanbron geïdentifiseer. GHGSat sê dat die hoeveelheid metaan wat […]

Read More

TopCheri wil rok en jas verruil vir hoogste aanbod sanitêre doekies - May 3, 2022

Die Namibiese sangeres, TopCheri, probeer broodnodige sanitêre produkte vir jongmeisies insamel. Op haar sosiale media platforms is foto’s van haar in ‘n swart nommertjie, met ‘n groen baadjie wat sy basies wil verruil vir die hoogste aanbod sanitêre doekies. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Besoek asseblief haar sosiale media platforms om deel te neem…  

Read More

Namibië behoort nie onluste te hê nie – kenner - May 3, 2022

Daar is voorspellings vir hewige onluste en betogings in die streek weens dreigende voedseltekorte en stygende pryse oor die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraine. Onluste gaan normaalweg gepaard met ‘n styging in voedselpryse maar, volgens Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is Namibië nie ‘n kandidaat hiervoor nie. Hy verduidelik.

Read More

Oliemark verloor tans 1 miljoen vate Russiese olie, dit kan verdubbel - May 3, 2022

Die Britse olie-reus BP verwag nie enige afname in oliepryse in die kort- of nabye termyn nie, aangesien die volume Russiese olie wat deur Westerse sanksies geraak word, na verwagting sal verdubbel. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Bernard Looney gesê sê daar is vandag 1 miljoen vate Russiese ru-olie van die stelsel af wat volgens sy […]

Read More

Ramaphosa sê Noordwes-werkers se griewe moet aangespreek word - May 3, 2022

President Cyril Ramaphosa sê die loongriewe van die werkers in Rustenburg, Noordwes verdien die aandag van belanghebbendes, werkgewers en georganiseerde arbeid, sodat ‘n regverdige en volhoubare oplossing gevind kan word. Die president is Sondag by die Meidag-byeenkoms in Rustenburg verhoed om te praat toe woedende werknemers van Sibanye-Stillwater verrigtinge ontwrig het. Ramaphosa sê daar moet nog baie gedoen word […]

Read More

Joernaliste moet nie sensasie najaag nie - May 3, 2022

Vanjaar se Wêreld Persvryheid-dag lê die klem op die uitdagings van sosiale media en fopnuus. Namibië se deurwinterde redakteur en nuusvrou Gwen Lister, sê joernaliste moet opstaan en sensasionele verslaggewing verruil vir in-diepte stories.

Read More

Apple ontken oortredings in EU - May 3, 2022

Die tegnologie-reus Apple sê die Europese Kommissie se aantyging dat dié maatskappy sy markposisie vir kontaklose slimfoonbetalings misbruik het, is ongegrond. Die Europese Unie sê aanduidings is dat Apple derdeparty-toegang tot sleuteltegnologie beperk het. Dié tegnologie is nodig vir die ontwikkeling van mededingende mobiele-beursies op sy toestelle. Die adjunk-president van die Europese Unie, Margrethe Vestager, […]

Read More

Olie en welvaart – hoe gemaak? - May 3, 2022

Daar is baie belangstelling in Namibië se moontlike oliebronne nadat TotalEnergies en Shell, noemenswaardige bronne aflandig in die verre Suide van die land ontdek het. Maar, olie is nie altyd ‘n seën nie en talle lande met die bron, veral op die vasteland, het groot uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met Jason Kasuto, besturende direkteur […]

Read More

Twee kleintjies brand dood in huis op Grootfontein - May 3, 2022

Twee minderjarige kinders is Maandagoggend onherkenbaar verbrand in ‘n informele woning wat deur ‘n brand in die Blikkiesdorp-informele nedersetting by Grootfontein verwoes is. Die woordvoerder van Nampol in die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, sê die twee broers en susters is geïdentifiseer as die negejarige Willy, en die sesjarige Anna Elias. Die brand het tussen agt-uur […]

Read More

Australië stoot repokoers op, dis nou 0,35% - May 3, 2022

Australië se sentrale bank het die eerste keer in meer as ‘n dekade rentekoerse verhoog. Die hoofleningskoers is met 25 basispunte tot 0,35 persent verhoog. Dit is die eerste verhoging sedert 2010. Die verhoging kom ná voorspellings van ‘n heelwat kleiner verhoging van 15 basispunte. Luidens berigte is die verhoging ‘n desperate poging om inflasie, […]

Read More