Elektrifisering met 10 jaar uitgestel, daar’s nie geld nie
Namibië het sy teiken om 432 000 huishoudings te elektrifiseer opwaarts hersien van 2030 tot 2040, met verwysing na uitdagings met finansiering, menslike hulpbronne en buitenetwerk diensverskaffer kapasiteit. The Brief berig dat die hersiening volg op ‘n Wêreldbank-studie wat aandui dat 432 000 bestaande en toekomstige huishoudings benodig elektrisiteitsdiens om universele toegang teen 2030 te […]
Rooibos word internasionale liefling
Die rooibosbedryf is aan die voorpunt van Suid-Afrika se groei in die globale kruiemark, met uitvoere van rooibostee wat geleidelik toeneem. Volgens die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Adele du Toit, is die groeiende gewildheid van die tee in markte soos Europa, Amerika en Asië ‘n bewys van sy gesondheidsvoordele. Du Toit glo Rooibos het […]
GRN teleurgesteld oor Trump se omkeer van Biden se Kuba-besluit
Amerikaanse president Donald Trump het Kuba weer op die Verenigde State se lys van state geplaas wat na bewering internasionale terrorisme borg. Dit kom net ‘n week na voormalige president Joe Biden Kuba van die lys verwyder het. Die Namibiese regering veroordeel die besluit en sê dit simboliseer nie werklik ‘n daad om teen internasionale […]
Cosatu vra SARB om by Ithala-krisis in te gryp
Cosatu versoek die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die regering en die Nasionale Tesourie en al sy afdelings om hul regulatoriese rol baie ernstig op te neem en in te gryp by die Ithala-bank-krisis. Cosatu-woordvoerder, Edwin Mkhize, sê die Omsigtigheidsowerheid van die Reserwebank het reeds by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, aansoek gedoen vir die voorlopige likwidasie van […]
Libiese generaal aangekeer vir oorlogsmisade in Turyn
’n Libiese generaal wat gesoek word vir beweerde oorlogsmisdade is in die Noord-Italiaanse stad Turyn in hegtenis geneem. Osama Najim, ook bekend as Almasri, is by ‘n hotel aangekeer ná ‘n wenk van Interpol. Die inhegtenisnemingsbevel is deur die internasionale strafhof uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, asook beweerde verkragting en moord. […]
Trump se pogings vir geboortereg-ommekeer draai in die hof
Agtien Demokraties-geleide state en twee stede het ‘n regsgeding teen die Trump-administrasie ingedien om die nuwe president se uitvoerende bevel te blokkeer wat bedoel is om geboorteregburgerskap vir sommige te beëindig. Die regsgeding voer aan dat ‘n federale wet en die grondwet se 14de wysiging die meeste kinders wat op Amerikaanse grond gebore word burgerskap […]
Studente kry uitslae, kwalifikasies ongeag skuld en Nanso juig
Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het opgewondenheid uitgespreek ná ‘n opdrag van die ministerie van hoër onderwys dat alle gegradueerdes, ongeag hul skuld, hul kwalifikasies moet ontvang. Studente met uitstaande fooie se uitslae moet ook bekend gemaak word. Jessy Abraham, Nanso se woordvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie inisiatiewe weerspieël Nanso se toewyding om te […]
Eskom mik na jaar sonder beurtkrag
Suid-Afrika het Maandag teen middernag 300 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag beleef en Eskom skryf dit toe aan die Opwekkingsherstelplan. Die kragverskaffer sê hierdie mylpaal is gekenmerk deur ʼn aansienlike afname in onbeplande kragonderbrekings, ʼn verbetering van sowat sewe-persent in die energiebeskikbaarheidsyfer en dieselbesparing van ongeveer 16,42-miljard Suid-Afrikaanse rand. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle […]
Metaalklonte op seebodem maak glo suurstof
Wetenskaplikes het onlangs ontdek metaalklonte op die donker seebodem maak suurstof en het planne bekendgemaak om die diepste dele van die aarde se oseane te bestudeer om die vreemde verskynsel te begryp. Die aanvanklike ontdekking het marienewetenskaplikes onkant betrap. Daar is tot dusver aanvaar suurstof word slegs in sonlig deur plante vervaardig, in ‘n proses […]
Djokovic klop Alcaraz, haal 50ste Grand Slam-halfeindstryd
Tennis: Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het die jong Spanjaard Carlos Alcaraz verras om die voorlaaste ronde van die Australiese Ope te bereik. Die tienmalige kampioen het die eerste stel 4-6 aan die wêreld-nommer-drie afgestaan, maar daarna algaande beheer oor die wedstryd geneem. Die 37-jarige Serwiër het die volgende drie stelle 6-4, 6-3, 6-4 […]