Misdaad loop oop in die land
Daar is vandag agt moordsake op die hoërhof-rol wat onder die loep kom. Terwyl daar nie werklike syfers beskikbaar is nie sê Macrotrends Namibië se moordsyfer het in 2021 op 12,45 per 100 000 inwoners gestaan. In Julie verlede jaar het Numbeo Namibië sesde op die misdaadindeks op die vasteland geplaas met Windhoek wat sewende […]
Air France hervat vlugte na Tel Aviv
Air France hervat die naweek vlugte na Tel Aviv nadat ‘n skietstilstand-ooreenkoms oor Gaza tussen Israel en Hamas aangekondig is. Die lugredery was een van verskeie internasionale lugdienste wat in September vlugte na Tel Aviv opgeskort het uit vrees vir toenemende konflik in die streek. Verskeie ander het vlugte hervat na die jongste wapenstilstand in […]
Trump sê 6 Januarie-betogers is net lief vir Amerika
President Donald Trump het die kwytskelding van sowat 1 500 mense betrokke by die betoging op 6 Januarie 2021 by die Kongresgebou, verdedig en sê hulle lewens is verwoes. Onder die wat vrygelaat is, is die gewese Proud Boys-leier, Henry Tarrio en Oath Keepers se stigter, Stewart Rhodes. Tarrio is skuldig bevind aan opruiende sameswering […]
Savino se ACC-saak draai weer in hof
Antonio di Savino se dagvaarding teen die Teenkorrupsie-kommissie vir meer as 9 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding kom vandag voor adjunk-regterpresident Nate Ndauendapo voor vir saakbeplanning. Di Savino was saam met Tobie Aupindi, toe hy destyds die uitvoerende hoof van die NWR was, in 2018 skuldig bevind aan korrupsie in verband met ‘n swembad wat […]
SARB kan met 50 basispunte verlaag, daar’s ruimte
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal sy jongste repokoersbesluit op 30 Januarie aankondig. Die repokoers is tans 7,75 persent, na koerse in 2024 met altesaam 50 basispunte verlaag is. Projeksies deur Business Tech lui dat geen besnoeiings in die tweede kwartaal van die jaar verwag word nie, en nog twee 25 basispunt-verlagings word in die derde en […]
Pole vra sy landsburgers om VSA te verlaat
Pole se eerste minister, Donald Tusk, het landsburgers in Amerika gevra om huis toe te kom en beloof om dit te bemiddel nadat Donald Trump ingehuldig is as president. Trump het beloof om miljoene ongedokumenteerde migrante uit Amerika te sit. Die regering in Warskou sê byna 10-miljoen Amerikaners het in 2012 verklaar hulle het Poolse […]
Liverpool verseker plek in laaste 16
Liverpool is steeds onoorwonne in die Kampioeneliga na hulle Lille se tienmanspan op Anfield geklop het om hulle plek in die laaste sestien te verseker. Mohamed Salah se 50ste doel in Europa en Harvey Elliott het die sege vir Arne Slot se span beklink. Barcelona het Benfica van agter ingehaal vir ‘n oorwinning van vyf-vier […]
Handel in ietermagôs neem toe
Die ietermagô is een van mees verhandelde soogdiere op aarde. Hulle skubbe is gesog in Asië en word teen hoë pryse verkoop. In 2023 het Namibiese owerhede beslag gelê op 17 lewende ietermagôs, 53 dooie ietermagôs en 905 skubbe, wat gelei het tot die inhegtenisneming van 106 verdagtes, volgens Namibië se Nasionale Wildbeskermingsverslag vir 2023. […]
Namdia-roof: Alle oë op owerhede vir beloofde perskonferensie
Owerhede het steeds nie die beloofde perskonferensie gehou in verband met die Namdia roof nie. Beide die polisie en Namdia het gesê ‘n gesamentlike konferensie sal gehou word. Intussen is beriggewing oor die aangeleentheid uiteenlopend met bedrae van die gesteelde diamante wat steeds wissel en ver laer is as die 1 miljard dollar wat eerste […]
Mulonda verdedig invoer-beperkings op groente
Die debat oor invoerbeperkings in Namibië en Botswana se verbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte trek steeds aandag. Die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom Wandile Sihlobo het onlangs die kwessie op sosiale media aangespreek en die behoefte aan meer effektiewe betrokkenheid binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie beklemtoon. Hy voer aan dat nie-tariefversperrings wat deur Botswana en Namibië opgelê word, die ontwikkeling […]