Helalia Johannes algehele naaswenner in Durban Spar vrouemarathon - June 26, 2022

Namibië se marathon-koningin, Helalia Johannes, het vroeg vanoggend eerste geëindig in die ouderdoms-kategorie bo 38 en algeheel tweede by die Durban Spar vrouemarathon van 10 kilometer. Haar tyd was 31 minute en 59 sekondes. Tadu Nare met haar tyd van 31 minute 49 sekondes, was die algehele wenner, terwyl Selma Gebre algeheel derde was.

Read More

Raaiseldood van 22 mense in nagklub in Oos-Londen - June 26, 2022

‘n Grusame toneel het Sondagoggend in Oos-Londen in die Oos-Kaap ontvou toe 22 mense in ‘n nagklub in gesterf het. Lyke het oor tafels en stoele gelê, maar daar is geen sigbare tekens van beserings nie. Gissings dui op óf vergiftiging óf ‘n stormloop ná ‘n insident. Intussen vereis ouers toegang tot die perseel om […]

Read More

Jeugwerkloosheid ‘n reuse-uitdaging - June 26, 2022

Werkloosheid onder die jeug is ‘n reuse-uitdaging in Namibië. ‘n Prokureursfirma in die Noorde het meer as 500 CV’s vir ‘n enkele ontvangsdame-vakature ontvang. Volgens die prokureursfirma is talle aansoekers mense met graadkwalifikasies. Dit wys hoe desperaat jong mense is om werk te kry. Vakbondleier Mahongoro Kavihuha sê aan Kosmos 94.1 Nuus die regering het […]

Read More

Hof wys dringende aansoek teen ANC-konferensie van die hand - June 26, 2022

Die hooggeregshof in Johannesburg het Saterdagaand ʼn dringende interdik-aansoek deur Jabulani Sithole, ‘n lid van die ANC in Ekurhuleni, om die party se Gautengse verkiesingskonferensie te stuit, van die hand gewys. Sithole het aangevoer die konferensie kan nie voortgaan voor die kwessie van 19 stemme van die Ekurhuleni-streekskonferensie verlede maand, nie afgehandel is nie.  Regter […]

Read More

Namibiese driekamp-span gaan Statebondspele toe - June 26, 2022

Die Namibiese Driekamp-federasie het by die Prosperity Health Urban Cross in Windhoek hul span vir die Statebondspele bekend gemaak wat in Birmingham in Engeland gaan deelneem. Die individuele deelnemers is Divan du Plooy, Anri Krugel en Imke Jagau. ‘n Gemengde aflosspan gaan ook deelneem wat gaan bestaan uit Jean-Paul Burger, Drikus Coetzee, Anri Krugel en […]

Read More

Insleepvoertuig tref twee voetgangers in Khomasdal, jaag glo weg - June 26, 2022

Twee voetgangers is net voor middernag deur ‘n insleepvoertuig in Khomasdal in die hoofstad getref. Volgens die Namibian Marshall Rangers was een voetganger vir etlike meters op die enjinkap van die voertuig voor hy afgeval het. Die bestuurder van die insleepvoertuig het glo van die ongelukstoneel weggejaag en die twee beseerde voetgangers in die pad […]

Read More

Nuwe wet in Amerika oor wapenveiligheid - June 26, 2022

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het die eerste betekenisvolle federale wetgewing in dekades oor vuurwapenveiligheid onderteken. Biden sê hoewel die wet plek-plek nog tekort skiet, sal dit lewens spaar. Die vuurwapenwetgewing bevat gevorderde agtergrond-ondersoeke van jonger kopers. Dit maak ook voorsiening vir federale befondsing vir state wat wette instel om howe toe te laat om […]

Read More

DA verontwaardig na Mantashe staatskapingsverslag verwerp - June 26, 2022

Die DA sê die wyse waarop ANC-voorsitter, Gwede Mantashe, die bevindinge van die staatskapings-ondersoek minag, is ʼn bewys die party sal voortgaan met kader-ontplooiing. Die kommissie het bevind die praktyk is in stryd met die Grondwet. Die DA-lid van die parlement, Leon Schreiber, sê dit is skokkend dat Mantashe die verslag afmaak as “net die […]

Read More

Pumas maak geskiedenis - June 26, 2022

Rugby: Die Pumas het geskiedenis in die Diamantstad gemaak deur die eerste keer ooit die Curriebeker te wen. Die Pumas het vir ‘n opskudding veroorsaak deur die Griekwas voor hul tuisskare op Kimberley met 26-19 te klop. Die besoekers was rustyd met 18-9 voor. Feesvieringe het tot laatnag geduur op ʼn historiese dag vir die […]

Read More

Qatar Airways sprei weer sy vlerke na Windhoek - June 26, 2022

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het aangekondig dat Qatar Airways se Boeing 787-8 Dreamliner Saterdag weer vir die eerste keer na ‘n afwesigheid van twee jaar op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met 98 passasiers geland het. Die vliegtuig het die middag weer met 120 passasiers vertrek. Die roete tussen Doha in Katar en Windhoek vind drie […]

Read More