Haas stel eerste vroulike wedreningenieur aan
Haas het Laura Mueller as die eerste vroulike wedreningenieur in Formule Een aangestel na groot verandering aan die span. Die Duitser sal saam met die nuutaangestelde renjaer, Esteban Ocon, werk terwyl ‘n ander vrou, Carine Cridelich, voorheen van Red Bull se Racing Bulls-span, die hoof van strategie word. Francesco Nenci is die nuwe hoofingenieur. Die […]
Arbeid stel N$13/uur daar vir sekuriteitswagte
Die arbeidsministerie het die aanpassing van 18 Namibiese dollar uurliks as minimumloon vir die sekuriteitsindustrie afwaarts aangepas na 13 dollar na samesprekings met die bedryf. Die tarief sal jaarliks styg om in lyn te wees met 18 dollar in 2027. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie Lydia Indombo herinner werkgewers dat wagte wat minder as […]
Ruacana-vloei neem effe af
Vloei by Ruacana het effe afgeneem en is tans op 384,33 kubieke meter per sekonde teenoor Dinsdag se 465. Dit is steeds hoër as die 313,2 wat verlede jaar aangeteken is. Met reën in die opvangsgebied vertoon die Zambezi-rivier by Katima Mulilo effe beter op 0,63 meter maar dit is steeds laag teenoor die 1,39 […]
R100 miljard se transformasiefonds vir SEB is ongrondwetlik
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die voorgestelde transformasiefonds ter waarde van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand is ongrondwetlik. Die fonds, wat die handelsminister Parks Tau aangekondig het, is gemik op die befondsing van ondernemings in swart besit en maatskappye sal vereis word om deur middel van Swart Ekonomiese Bemagtigingskodes by te dra, of uitgesluit word van […]
Trumps se kripto-eenhede tuimel
Die waarde van Donald Trump se amptelike kripto-eenheid het binne 24-uur met 32-persent getuimel. Dit kom te midde van die Amerikaanse president se verbreking van sy verkiesingsbelofte om pro-kripto-beleid op sy eerste dag af te kondig . Sy meme-munt $TRUMP is nou die helfte minder werd as die rekord-hoogtepunt van twee dae gelede. Die presidentsvrou […]
Imalwa vra vir bevriesing van bates in kripto-bedrogskema
Die aanklaer-generaal Martha Imalwa vra vandag regter Boas Usiku vir toestemming om bates in die Seychelle in die Tether kripto-eenheid te bevries na sy drie rekenings, in die name van Xu Lei Liu en Zhao Chen, geteiken het, ter waarde van 256 994 Amerikaanse dollar, en die hofbevel beteken het. Die saak hou verband met die […]
Davos: Cyril vra solidariteit, inklusiewe groei
President Cyril Ramaphosa vra vir globale samewerking om uitdagings van die 21ste eeu, soos klimaatsverandering, pandemies, armoede en geopolitieke spanning die hoof te bied. Hy het in sy toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, beklemtoon dat verenigde optrede van deurslaggewende belang is om hierdie krisisse aan te pak en vooruitgang vir alle […]
Biskop vra Trump om genadig te wees
Tydens die inhuliging-gebedsdiens by Washington se Nasionale Katedraal het die biskop Mariann Edgar Budde president Donald Trump direk gekonfronteer terwyl hy en visepresident JD Vance in die voorste ry gesit het. Sy het verder vir hom gesê miljoene het hul vertroue in hom gestel. Haar aanmerkings maak op die oomblik opslae in die internasionale nuustoneel.
Anti-Semitiese aanval op Sydney-kindersorgsentrum
‘n Kindersorgsentrum in Sydney is aan die brand gesteek en anti-Semitiese graffiti is teen die muur gespuit. Hierdie is die jongste in ‘n vlaag aanvalle in Australië wat die Joodse gemeenskap teiken. Owerhede sê die sentrum, wat naby ‘n Joodse skool en sinagoge in die ooste van die stad geleë is, het reuse skade opgedoen, […]
Namibië is aantreklik vir kuberaanvallers
Kubervoorvalle soos data-oortredings of losprysaanvalle en IT-onderbrekings, soos die CrowdStrike-voorval, is die grootste bekommernis vir maatskappye wêreldwyd in 2025, volgens die Allianz Risk Barometer. Besigheidsonderbreking is die nommer twee bekommernis vir maatskappye van alle groottes, met natuurrampe in die derde plek. Veranderinge in wetgewing en regulasies is ‘n top-vyf risiko op nommer vier. Kosmos 94.1 […]