KinoNamibia-filmfees vind vanjaar in Augustus plaas - July 18, 2022

Die KinoNamibia-filmfees is uiteindelik terug na twee jaar van afwesigheid weens die Covid-pandemie. Die drie daagse filmfees sal vanaf 26 tot 29 Augustus plaasvind. Die openbare rolprentvertoning sal op 29 Augustus om ses-uur die aand by die Goethe Instituut se ouditorium in die hoofstad plaasvind. Die skakelbeampte van die filmfees, Josephine Simeon, gesels met Kosmos […]

Read More

Australiese rugby-toeskouer lewenslank verban - July 18, 2022

Rugby: Rugby Australië het ‘n toeskouer lewenslank verban omdat hy op die dak van ‘n pawiljoen geklim het gedurende Saterdag se beslissende toets tussen die Wallabies en Engeland in Sydney. Die man het op die dak urineer tydens die tweede helfte van die wedstryd op die Sydney Krieket-terrein wat Engeland 21-17 gewen het om die […]

Read More

Wêreldhof in Den Haag se uitspraak oor SWA was vandag 56 jaar gelede - July 18, 2022

Die Wêreldhof in Den Haag, Nederland, se uitspraak oor Suid-Afrika se mandaat oor Suidwes-Afrika het vandag presies 56 jaar gelede op 18 Julie 1966 plaasgevind. Suid-Afrika het op dié dag asem opgehou vir die besluit van die saak Ethiopië en Liberië versus Suid-Afrika. Dr. Riaan Eksteen, was Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië ná onafhanklikheidwording […]

Read More

Stem vir Keetmanshoop as Kwêla Dorp van die Jaar - July 18, 2022

Keetmanshoop is genomineer vir kykNET se Kwêla Dorp van die Jaar vir 2022. Die Suide-dorp in die Karas-streek is as die Namibiese finalis aangewys. Swakopmund is in die verlede al as Dorp van die Jaar gekroon. Keetmanshoop-munisipaliteit se woordvoerder, Dawn Kruger, doen ‘n beroep op Namibiërs om te stem vir Keetmanshoop. Sy verduidelik aan Kosmos […]

Read More

DA: Kragopwekkers vir minister, terwyl nasie in donker sukkel - July 18, 2022

Die DA doen ‘n beroep op die ANC-regering om hulp aan kwesbare Suid-Afrikaners voorop te stel, in plaas van om meer as 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand te bestee om die ligte by ministers se huise te laat brand. Samantha Graham-Maré van die DA sê volgens nuusberigte het die departement van openbare werke verlede jaar meer […]

Read More

Namibiërs moet deelneem aan begrotingsoorsig - July 18, 2022

Die begroting is die belangrikste en mees deurslaggewende instrument in die land se ontwikkelings-agenda aangesien dit ‘n duidelike aanduiding gee van hoe die land se beperkte hulpbronne toegewys gaan word. Openbare betrokkenheid by die nasionale begrotingsproses in die land bestaan volgens navorsing nie juis nie. Dit is van kardinale belang dat die besluit oor hoe […]

Read More

Steve Biko Akademiese Hospitaal wen Europese prys - July 18, 2022

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Tshwane geloof nadat dit die Diamant-Beroerte-toekenning ontvang het op vanjaar se Internasionale Europese Beroerte-kongres. Die gesogte toekenning word uitgeloof deur ‘n internasionale organisasie wat die diagnose en versorging van beroerte-pasiënte wêreldwyd wil verbeter, die Angels. Motalatale Modiba van die departement sê […]

Read More

Chinese burger en Namibiër met beskermde plantspesies vasgetrek - July 18, 2022

Die Blue Rhino-taakspan het ‘n Chinese burger en ‘n Namibiër op Okahandja in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van beskermde plantspesies, onder meer olifantvoete en sade van die nasionale plant, die Weltwitschia. Hulle is gesien waar hulle die plante in die gebied van Usakos versamel het. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo […]

Read More

Driftsand-natuurreservaat verloor sy status - July 18, 2022

Die Wes-Kaapse LUR vir omgewingsake, Anton Bredell, het onthul CapeNature het 214 000 Suid-Afrikaanse rand bestee om 144 onwettige strukture in die Driftsand-natuurreservaat af te breek. Dit volg nadat die reservaat tydens die Covid-inperking onwettig beset is. Andricus van der Westhuizen van die DA sê die departement, CapeNature en die Stad Kaapstad kon nie die […]

Read More

Ongekende hitte in VK sal Woensdag afneem - July 18, 2022

Die ongekende hitte in die Verenigde Koninkryk veroorsaak chaos regoor die land, met skole wat noodgedwonge moes sluit en spoorweg-spoedbeperkings wat as ‘n moontlikheid geopper word. Die land se weerkantoor het rooi weerwaarskuwings uitgereik en voorspel temperature van meer as 40 grade Celsius voordat die situasie na verwagting vanaf Woensdag weer sal afplat. Die weerkantoor […]

Read More