Soweto moet voorafbetaalde meters kry of in die duister wees – Eskom - July 4, 2022

Eskom het aan Soweto se inwoners gesê hulle moet voorafbetaalde meters installeer of in die duister bly. Die kragvoorsiener sê voorafbetaalde meters is nodig, omdat die netwerk beskerm en inkomste ingevorder moet word. Soweto skuld meer as 4,5-miljard-rand en volgens berigte is net 40-persent van inwoners bereid om vir dienste te betaal. Eskom se Gautengse […]

Read More

Kunene Olifant-uitstappie begin môre, sluit Sondag af - July 4, 2022

Die gewilde Kunene Olifant-uitstappie begin môre en kom Sondag tot ‘n einde. Deelnemers sal 150 kilometer aflê in bewaringsgebiede om bewustheid te skep vir uitdagings in die bewaring van Namibië se woestyn-olifante. Tosco, ‘n bewaringsorganisasie wat toerisme ondersteun, reël die geleentheid wat ook as ‘n fondsinsameling dien. Die organisasie se kommunikasie beampte Josephine Kamelo het […]

Read More

Polisie wil nie veel sê oor moord op Rehoboth nie - July 4, 2022

Polisie op Rehoboth het bevestig dat daar ‘n moord in die vroeë oggendure op die dorp plaasgevind het. ‘n Man is vermoedelik vermoor maar, die polisie wou geen verdere besonderhede bekend maak nie, ook nie die oorsaak van sy dood nie, omdat die naasbestaandes van die oorledene nog nie opgespoor is nie. ‘n Ondersoek is […]

Read More

Brandstof kleinhandelaars het genoeg gehad, vergader Woensdag - July 4, 2022

Berigte lui dat brandstof kleinhandelaars in Namibië sat is vir die voortslepende uitdagings wat hulle in die gesig staar. Hulle winsmarge is reeds ‘n geruime tyd onder bespreking maar, daar word gemeen die owerhede reageer nie op hul klagtes nie. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, sê daar sal Woensdag in die hoofstad vergader […]

Read More

Dagga-verbouing en -verbruik: Dis nog ‘n lang pad - July 4, 2022

Dagga is terug in die plaaslike nuus. Daar word berig dat die landbouminister, Calle Schlettwein ondersoek instel na die verbouing van dagga vir medisinale gebruik. Volgens hom, maak dit vanuit ‘n sake-standpunt, baie sin. Die gesondheidsministerie sal ook betrek word. Die Namibiese kabinet het onlangs die ministerie opdrag gegee om navorsing te doen in verband […]

Read More

Twee meisies, 8 & 9, dood na TikTok ‘Blackout Challenge’ - July 4, 2022

TikTok word gedagvaar nadat twee jong meisies in die VSA gesterf het terwyl hulle probeer het om ‘n nuwe neiging op die toepassing, die sogenaamde ‘Blackout Challenge’ te herskep. Volgens hofdokumente word daar beweer dat Lalani Erika Walton, agt, en Arriani Jaileen Arroyo, nege, gesterf het nadat hulle gepoog het om hulself bewusteloos te versmoor. […]

Read More

IFP sê ANC het misluk - July 4, 2022

Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die ANC misluk om Suid-Afrika te regeer. Volgens Hlabisa moet die burgery die regerende party weens die elektrisiteitskrisis met die verkiesings in 2024 uit die kussings lig. Hy sê sedert André de Ruyter as uitvoerende hoof van Eskom aangestel is, het die situasie by die dag […]

Read More

Shivute sê oor toenemende bedrag wat in bedrieglike eise uitbetaal is - July 4, 2022

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê uitbetalings aan bedrieglike eise van voorlopige belastingbetalers het gestyg van ongeveer 16 miljoen Namibiese dollar tot by 36 miljoen dollar. Die hoeveelheid belastingbetalers brei ook uit. Die agentskap se kommissaris, Sam Shivute, sê die bedrog kom reeds ‘n lang pad.

Read More

Tesourie probeer Eskom se R400 miljard skuld herstruktureer - July 4, 2022

Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika werk volgens berigte aan ‘n oplossing om Eskom se skuld van 400 miljard Suid-Afrikaanse rand te herstruktureer. Die instelling het by verskeie geleenthede aangevoer sy skuld sal hanteerbaar wees indien dit tot sowat 200 miljard rand halveer word. ‘n Woordvoerder van die Tesourie, Duncan Pieterse, sê hulle wil bepaal watter […]

Read More

Kopenhagen-skietery: Dit was nie terreur nie - July 4, 2022

Die Deense polisie sê vier mense is in ’n kritieke toestand nadat hulle beseer is in die skietery Sondag by ’n winkelsentrum in Kopenhagen, Denemarke. Drie mense is dood. Polisiehoof Soren Thomassen, het die media toegespreek en sê daar is tans geen aanduiding dat die skietery ‘n “terreurdaad” was of dat die verdagte saam met ander […]

Read More