
Sokker: Katar se Wêreldbeker toe nie so groen - June 2, 2022
Sokker: Carbon Market Watch sê vanjaar se Wêreldbeker in Katar se koolstof-voetspoor sal nie nul wees nie, ten spyte van organiseerders se bewering dat hulle die eerste koolstofvrye Fifa-wêreldbeker in die geskiedenis gaan aanbied. Hulle wil dit bereik deur hernubare energie by al agt stadions te gebruik. Carbon Market Watch se woordvoerder, Gilles Dufrasne, sê […]
Gelekte dossier onthul glo ongerymdhede by TransNamib - June 1, 2022
Die nou ontbinde ministerie van staatsondernemings of die TransNamib-raad moet dit oorweeg om dissiplinêre stappe in te stel teen werknemers en uitvoerende beamptes wat nie aan hul prestasie-aanwysers voldoen het nie. Die aanbeveling is vervat in ‘n uitgelekte dossier wat deur ouditfirma, Ernst en Young saamgestel is, berig Nampa. Die forensiese verslag lê ‘n magdom […]
Ekonoom positief oor groen waterstof-projek - June 1, 2022
Terwyl leiers van regoor die wêreld by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland vergader het, het die Namibiese regering verslag gedoen oor die vordering wat gemaak is met betrekking tot Namibië se eerste grootskaalse groen waterstofprojek, met Hyphen Hydrogen Energy. Die Tsau //Khaeb Nasionale Park Suidelike Korridor Ontwikkelingsinisiatief Waterstofprojek is in 2021 deur die […]
Voormalige spioenhoof Arthur Fraser lê klag teen Ramaphosa - June 1, 2022
Arthur Fraser, voormalige direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, het ‘n strafsaak teen President Cyril Ramaphosa geopen. Fraser se prokureur, Eric Mabuza, het aan Suid-Afrikaanse media bevestig dat sy kliënt na die Rosebank-polisiestasie gegaan het om die saak aanhangig te maak. Volgens ‘n verklaring hou die klagte verband met die beweerde diefstal van “meer as vier miljoen […]
Beslaglegging op vuurwapens in Wes-Kaap styg met 348% - June 1, 2022
Die DA in die Wes-Kaap sê beamptes van die Wetstoepassings-bevorderingsplan het in ‘n tydperk van twee jaar die gemiddelde hoeveelheid vuurwapens waarop beslag gelê is in die provinsie met 348 persent verhoog. Gillion Bosman van die DA sê ongeag sy pogings om die aantal beamptes te vergroot, sal niks verander as daar nie meer belegging […]
Tara Ocean gooi anker by Walvisbaai - June 1, 2022
Die seilskip van die Franse Tara Ocean-wetenskapstigting wat werk vir die behoud van die see, voer die derde deel van sy wetenskaplike ekspedisie uit: die studie van die Wes-Afrikaanse kus. Tydens sy laaste skof stop die seilskip in sewe lande: Namibië, Suid-Afrika, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Kongo, Gambië en Senegal. Van […]
Ekonoom: Brandstofprysstyging raak almal - June 1, 2022
Die situasie van die brandstofprysverhoging raak elkeen. First National Bank se Johannesburgse ekonoom, Koketso Mano het gepraat oor die ekonomiese ontleding van die jongste brandstofprysstygings. Dit is in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse regering se aankondiging oor die opskorting van brandstofheffings vir die volgende twee maande. Beide Namibiese en Suid-Afrikaanse verbruikers sal na verwagting steeds die […]
Wes-Kaap het meer as 16 000 buurtwagte - June 1, 2022
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê daar is 16 084 geregistreerde buurtwaglede in die provinsie. Allen sê tot dusver het meer as 441 geakkrediteerde buurtwagte hulle vaardighede oor die uitroei van misdaad opgeskerp. Hy moedig voornemende buurtwag-groepe aan om by die departement van gemeenskapsveiligheid en hulle plaaslike polisiekantoor aansoek te doen […]
Musiekgroep bespreek haatmisdaad teen Asiate met Biden - June 1, 2022
Die wêreldbekende K-pop-sensasie BTS het Amerika se President Joe Biden by die Withuis ontmoet om haatmisdade teen Asiate te bespreek die behoefte aan insluiting en diversiteit in Amerika te beklemtoon. Tussen Maart 2020 en Desember verlede jaar het die Asiatiese voorspraakgroep, Stop AAPI Hate, meer as 10 000 voorvalle van haatmisdade teen Asiatiese Amerikaners en […]
NamRA se belasting-verligtingsprogram skop vandag af - June 1, 2022
Die Namibiese Inkomste-agentskap het amptelik sy nuwe belasting-verligtingsprogram bekend gestel. Die program skop vandag af en loop volgende jaar Maart tot ‘n einde. Dit word weer deur die aanlynstelsel ITAS gedoen en daar is weer goeie voordele – maar dit is die laaste keer wat die verligting aangebied sal word. Steven Ndorokaze, woordvoerder by NamRA […]