Opul-baas sterf - July 6, 2022

Die sekretaris-generaal van Opul, Mohammad Barkindo, is dood op die ouderdom van 63. Die hoof van Nigerië se petroleum-maatskappy Mele Kyari het sy afsterwe bevestig en sê dit is ‘n groot verlies vir die bedryf. Barkindo sou aan die einde van die maand na ses jaar afgetree het. Volgens Kyari is Barkindo etlike ure na ‘n vergadering met Nigeriese President Muhammadu Buhari en die hooftoespraak by ‘n energieberaad in Abuja gelewer […]

Read More

Warriors speel môre eerste COSAFA-wedstryd - July 6, 2022

Die Brave Warriors is in Suid-Afrika en speel in die COSAFA-bekertoernooi. Namibië speel môremiddag om twee-uur teen Madagaskar in die kwarteindronde by die ikoniese Moses Mabhida-stadion in Durban. Die Brave Warrriors-afrigter, Collin Benjamin, het vertroue in sy meestal jong spelers en sommige ervare spelers soos Absalom Iimbondi en Elmo Kambindu. Plaaslike sokker-afrigter Thimo Tjongarero sê […]

Read More

Tshwane hef R1 miljoen se boetes op wanbetalers, onwettige verbindings - July 6, 2022

Die Stad Tshwane sê sedert hulle twee weke terug ‘n veldtog hervat het om inkomste in te vorder, het hulle wel sukses behaal. Die stad was suksesvol om kliënte te verwyder wat hulle krag onwettig aangesluit het, nadat dit weens wanbetaling van hulle munisipale rekenings, afgesluit is. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê 13 […]

Read More

Taxi-base werk aan plan met voortdurende brandstof-stygings - July 6, 2022

Met die voortdurende styging van brandstofpryse in Namibië is openbare vervoerders in die knyp. Verskeie openbare vervoerders meen dat hul vakbonde ‘n verhoging in hul tariewe moet versoek. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging, NABTA, sê hulle betrek tans hul belanghebbendes om aan ‘n program te werk wat beide die openbare vervoerder […]

Read More

ANC sal beleid van kaderontplooiing ‘hersien’ - July 6, 2022

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het onderneem om sy beleid van kaderontplooiing te hersien. Hoofregter Raymond Zondo het in die laaste deel van die staatskapingsverslag bevind die beleid is in stryd met sekere dele van die Grondwet en die Staatsdienswet, aangesien dit diskrimineer teen kandidate wat nie deur die party verkies word nie. Die DA het verlede maand […]

Read More

VN sê daar’s reeds 28 gevalle van seksuele geweld wat met Oekraïnse oorlog verband hou - July 6, 2022

Die Verenigde Nasies se Hoё Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê haar kantoor het 28 gevalle van seksuele geweld, wat met die konflik in Oekraïne verbind kan word, geverifieer. Dit sluit in gevalle van verkragting, marteling, ontkleding onder dwang en dreigemente van seksuele geweld. Die meeste gevalle het voorgekom in gebiede wat deur Russiese gewapende magte beheer word. […]

Read More

Engeland se vroue is gereed vir Europese kampioenskap - July 6, 2022

Engeland se kaptein, Leah Williamson, sê die groep het deeglik voorberei vir hulle eerste wedstryd op die Europese Vrouekampioenskap. Engeland is die gasvrou en word as die gunsteling beskou om die toernooi te wen. Hulle speel vandag in die openingswedstryd op Old Trafford in Groep A teen Oostenryk. Sestien spanne, insluitend die nuweling, Noord-Ierland, neem […]

Read More

Brittanje moet ‘n verkiesing hou - July 6, 2022

Die Britse skadu-kanselier, Rachel Reeves van die Arbeidersparty, sê daar behoort ‘n verkiesing in die land te wees. Haar aanmerkings kom na die kanselier Rishi Sunak en die gesondheidsminister Sajid Javid bedank het omdat hulle vertroue in premier Boris Johnson verloor het.

Read More

Olie daal op resessie-vrese - July 6, 2022

Die prys van Brent ru-olie het merkwaardig vanaf gisteroggend gedaal. Die kommoditeit het net onder 114 dollar Amerikaanse dollar verhandel en is tans rondom net minder as 103 Amerikaanse dollar. Daar was kommer oor die staking in Noorweë se aflandige oliebedryf maar, dit is afgeweer. Volgens die bekend beleggingsekonoom Dawie Klopper dwing vrese van ‘n […]

Read More

Likwidateurs moet Air Namibia pakkette betaal, nie regering nie - July 6, 2022

Die 636 werknemers van die nou bankrot Air Namibia wag steeds op hulle skeidings pakkette. Die finansminister Ipumbu Shiimi het in die Nasionale Vergadering bevestig dat die regering hul salarisse reeds betaal het maar, dat die pakkette die verantwoordelikheid van die likwidateurs is. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met Ian McClaren gepraat en hy het bevestig dat hulle nog poog om […]

Read More