Twee NEFF-leiers bring dringende borgaansoek in hof - May 16, 2022

Die regspanne van die twee NEFF-leiers Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma is tans besig met ‘n dringende borgtogaansoek in die Windhoekse landdroshof in Katutura. Die China Town-saak van die twee saam met ses ander is tot 5 Julie uitgestel. Amushelelo en Nauyoma bly in aanhouding. Simon Amunime van die AR-bewering gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Malema eis ook vrylating van NEFF-leiers - May 16, 2022

Die EFF leier Julius Malema in Suid-Afrika veroordeel die inhegtenisneming van die agt NEFF-lede ná die China Town-betoging Vrydag. Malema eis dat al die beskuldigdes so gou as moontlik vrygelaat word.

Read More

Spanne van Unam, Wits help om swart gat in Melkweg te ontdek - May 16, 2022

Sterrekundiges het tydens ‘n perskonferensie by die Universiteit van die Witwatersrand se Planetarium die eerste beeld bekendgestel van die super-massiewe swart gat in die middel van ons Melkweg-sterrestelsel. Volgens die Event Horizon Teleskoop-samewerkingsprojek het die bekendstelling oorweldigend bewys die voorwerp is onteenseglik ‘n swart gat en verskaf kosbare leidrade oor die werking van sulke reuse, wat vermoedelik in die […]

Read More

DA stel dokument vry oor ware toestand van KwaZulu-Natal - May 16, 2022

Die DA het ‘n dokument van agt bladsye vrygestel wat volgens hom die ware toestand onthul waarin KwaZulu-Natal verkeer. Die party glo amptenare en politici verbloem die werklike krisis wat elke dag vererger. Volgens die DA se woordvoerder, Francois Rodgers, sit duisende inwoners en gemeenskappe in die stad reeds vir meer as een maand ná […]

Read More

NEFF-leiers bly in aanhouding - May 16, 2022

Die saak van die twee NEFF-leiers Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, saam met ses ander is tot 5 Julie in die Windhoekse landdroshof in Katutura uitgestel. Amushelelo en Nauyoma bly in aanhouding. Die saak spruit uit die chaos by China Town in Windhoek verlede week Donderdag en Vrydagoggend toe hulle winkels geplunder en toegemaak het. 

Read More

Twee aardbewings by Sossusvlei - May 16, 2022

Die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig dat twee aardbewings van onderskeidelik 4,3 en 3,8 op die Richterskaal sowat 43 kilometer suid van Sossusvlei Saterdagoggend in die vroeë oggendure plaasgevind het. Die aardbewegings is deur al tien seismiese stasies van die Namibeise Seismologiese Netwerk gerapporteer, asook in Suid-Afrika. Die aardbewings was vlak teen […]

Read More

SA het weer fase 4-beurtkrag - May 16, 2022

Eskom het aangekondig die land skuif vanaf vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand na fase 4-beurtkrag. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ‘n verdere verlies aan opwekkingsvermoë het tot die toename gelei. Mantshantsha sê Eenheid 2 van die Kusile-kragstasie het vroeër vanmiddag onklaar geraak en al word die eenheid weer in diens gestel, sal dit eers gedurende […]

Read More

DA vra Sassa moet uitstel uitreik vir opskorting van Poskantoor se betaling van toelae - May 16, 2022

Die DA het die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap versoek om ‘n dringende opskorting van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se beëindiging van sy betaalpunte vir twee maande uit te reik. Die party het die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, en Sassa se uitvoerende hoof, Busisiwe Memela-Khambula, gevra om met kleiner handelaars in landelike gemeenskappe in gesprek te […]

Read More

Gondwana Care Trust voorsien 8 380 maaltye per dag aan gemeenskappe - May 16, 2022

Die Capricorn-stigting ondersteun Gondwana Collection Namibia en Gondwana Care Trust se MealForTwo-projek met 480 000 Namibiese dollar. Slegs in 2021, het die MealForTwo-projek meer as 250 000 maaltye aan families en gemeenskappe landwyd voorsien wat ‘n gemiddeld van 8 380 maaltye per dag is. Die doelwit is vir 2022 is om aan meer Namibiërs ‘n […]

Read More

Net een van agt stukkende kragopwekkingseenhede van Eskom is herstel - May 16, 2022

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, sê slegs een van die agt kragopwekkings-eenhede wat Saterdag onklaar geraak het, is intussen herstel. Oberholzer sê die eenhede het onklaar geraak weens buise wat lek in die verouderde eenhede. Hy sê dit sal langer as tien dae neem om die skade aan die verskillende buise te herstel.

Read More