
EFF bemoedig jongmense om eSwatini te ondersteun - June 1, 2022
Die EFF in die Tshwane-streek sê hy is bemoedig deur jongmense se steun vir sy program wat demokrasie en eenheid onder die mense van eSwatini wil bevorder. Die party het onlangs vreedsame betogings op eSwatini se grense gehou in hernude pogings om bewustheid te verskerp oor die voortslepende onderdrukking van pro-demokrasie-betogings in die buurland. Daar […]
Lui lui telefoon by 12 Gautengse staatshospitale - June 1, 2022
Bekommerde familielede sukkel om deur te kom na 25 Gautengse staatshospitale wat vanjaar skakelbordprobleme ondervind. Van die hospitale sukkel al meer as tien jaar lank met voortdurende telefoonprobleme. Jack Bloom van die DA sê die Weskoppies-hospitaal word die ergste geraak en het van 2006 af gereeld skakelbordprobleme, terwyl die Sterkfontein-hospitaal al van 2012 af hiermee […]
Namibië daal op ranglys oor begrotingsdeursigtigheid - June 1, 2022
Namibië het gedaal in die wêreldranglys oor begrotings-deursigtigheid en -aanspreeklikheid wat deur die International Budget Partnership gepubliseer is, sê die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die oop begrotings-opname is die wêreld se enigste vergelykende, onafhanklike en gereelde beoordeling van deursigtigheid, toesig en openbare deelname aan openbare begrotings in 120 lande. Namibië se deursigtigsheidtelling het van 51 […]
DA nie verbaas oor styging in werkloosheid in Gauteng - June 1, 2022
Die DA in Gauteng sê hy is glad nie verbaas daar is ‘n toename in die werkloosheidsyfer in die provinsie nie. Volgens die Kwartaallikse Arbeidsmagopname wat vir die eerste kwartaal van 2022 vrygestel is, staan die werkloosheidsyfer in die provinsie tans op 36,7 persent. Die DA-lid, Makashule Gana, sê daar is nou 2,6 miljoen werklose […]
Voëlreservaat in Essex ontsaan uit sewe ton grond wat uitgegrawe is - June 1, 2022
‘n Nuwe voëlreservaat in Engeland het ontstaan uit grond wat uitgegrawe is om ‘n nuwe ondergrondse spoorprojek te bou. Die reservaat in Essex het nou glo een van die rykste gebiede vir verskeie waadvoëlspesies aan Brittanje se kus geword. Sewe miljoen ton grond wat uitgegrawe is vir die bou van die 13 tonnels van die […]
Maties se spertyd vir rassisme-voorvalle is Vrydag - June 1, 2022
Die Menseregtekommissie het die Universiteit Stellenbosch tot Vrydag tyd gegee om die bevindinge voor te lê oor twee beweerde voorvalle van rassisme. Volgens die kommissaris, André Gaum, handel een van die voorvalle oor Theuns du Toit se beweerde urinering op Babalo Ndwayana se besittings. Intussen sê die universiteit se studente-aktivis, Kwenzokuhle Khumalo, die meeste van […]
DA vaar uit oor SA Poskantoor - June 1, 2022
Die DA sê die finansiële toestand van die Suid-Afrikaanse Poskantoor veroorsaak steeds enorme ongerief vir miljoene Suid-Afrikaners. Die party-lid, Solly Malatsi, sê poskantoortakke regoor die land sluit teen ‘n kommerwekkende pas. Malatsi stel voor die enigste manier om die instelling te red, is om die regering se alleeneienaarskap te hersien. Hy voeg by privaat belegging […]
Polisiereservis se borgtog-appèl misluk - June 1, 2022
’n Voormalige polisiereservis, die 50-jarige Johann Maree, wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns seksueel misbruik en pornografiese materiaal van hulle op die donker web verfilm en verkoop het, sal agter tralies bly nadat sy borgtog-appèl deur die Regter Dinah Usiku in die hoërhof van die hand gewys is. Maree se verhoor sal na […]
Naretu bevestig hul protesoptog môre - June 1, 2022
Die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal het aan bevestig werkers van vervoermaatskappye gaan môreoggend ‘n protesoptog in die hoofstad hou. Die omstrede vervoervakbond kom môreoggend om agt-uur byeen onder die brug by die Van Eck-kragstasie vir hul protesoptog. Hulle noem verskeie vervoermaatskappye wat hulle teiken in ‘n plasing op hul Facebook-blad, onder meer MGC […]
Vyf afgedankte lede van Sportkommissie soek antwoorde by minister - June 1, 2022
Vyf lede van die afgedankte Namibiese Sportkommissie-raad het die sportminister, Agnes Tjongarero, tot die einde van vandag gegee om die redes vir die verwydering van die raad in die openbaar terug te trek en om verskoning te vra, en gesê die redes wat sy gebruik het, was lasterlik en verleentheid. Tjongarero het meer as ‘n […]