Saai gee twee beurse vir dagga - June 15, 2022

Die Suider-Afrikaanse landbou-inisiatief, Saai, het ‘n beurs bekend gestel vir ‘n geakkrediteerde nasionale sertifikaat in plantproduksie en dagga. Dit is in vennootskap met ‘n toonaangewende onderrig- en opleidingsmaatskappy, Cheeba Cannabis Academy, en voorste aanlyn landbouskool, AGRICOLLEGES International. Saai sê die beurs is jaarliks vir twee studente beskikbaar en is gemik op minderbevoorregte kandidate wat ‘n […]

Read More

Een renosterkarkas het dan ‘n enkelband aan? - June 15, 2022

Foto’s van die 11 renosterkarkasse wat Dinsdag deur die ministerie van omgewingsake in die noordwestelike deel van Etosha as gestroop bevestig is, toon dat een van die diere ‘n enkelband aangehad het dus, was die dier gemonitor. Dit het vrae laat ontstaan oor wie betrokke is by stropery sowel as of die betrokke amptenare wat […]

Read More

Nghipondoka beïndruk met landwye onderwyskonsultasies - June 15, 2022

Die Namibiese onderwysminister Anna Nghipondoka is beïndruk met die landwye nasionale konsultasies oor die toekoms van onderwys in Namibië. Nghipondoka het Dinsdag gepraat by die Konsolidasie van die Nasionale Konsultasies vir die Transformerende Onderwysberaad en die Namibiese Nasionale Onderwys-konferensie in Swakopmund. Volgens Nghipondoka was die konsultasies wat verlede week in die Oshana-streek geëindig het, produktief, […]

Read More

Bevinding dat sigaretverbod in SA ongrondwetlik was, verwelkom - June 15, 2022

Die Suid-Afrikaanse landbou-inisiatief, Saai, sê tabakboere is verheug oor die bevinding oor die sigaretverbod. Die Appèlhof het ‘n bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof gehandhaaf dat die regering se verbod op die verkope van sigarette aan die begin van die inperking in Maart 2020 ongrondwetlik was. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê niemand in die […]

Read More

Nienaber juig oor twee SA-spanne in VRK-finaal - June 15, 2022

Dit was ‘n droombegin vir Suid-Afrika in die Verenigde Rugbykampioenskap met twee plaaslike spanne in Saterdag se eindstryd. Dit beteken spelers van die Stormers en die Bulle kan nog nie by die Springbok-voorbereidingskamp voor die reeks teen Wallis aansluit nie. Die Bokafrigter, Jacques Nienaber, sê die blootstelling aan uitklop-rugby is baie goed vir hulle ontwikkeling:

Read More

NV-lede stem nou saam oor wetsontwerp op gesinsgeweld - June 14, 2022

As deel van die wetsontwerp op gesinsgeweld in die Nasionale Vergadering vandag, blyk dit dat lede van die huis almal saamstem oor die saak en bereid is om maniere te vind om hierdie maatskaplike euwel in die samelewing aan te pak. Die adjunk- eerste minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het egter gesê toe die NV ‘n paar […]

Read More

Garth Strachan is beleidshoof om SA daggabedryf te ontsluit - June 14, 2022

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die voormalige adjunk-direkteur-generaal van handel en nywerheid, Garth Strachan, as die nuwe beleidshoof aangestel om Suid-Afrika se daggabedryf te ontsluit. Volgens die presidensie het Strachan by die presidensie en die Nasionale Tesourie se Operasie Vulindlela aangesluit, met die doelwit om die samewerking tussen verskillende sektore te ondersteun en te help […]

Read More

Rehoboth-inwoners se mooi Afrikaans op TV-program - June 14, 2022

Die bekende Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise, Sandra Prinsloo, wil hoor hoe mooi praat inwoners van Rehoboth Afrikaans. Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans in die buurland kuier hierdie week op Rehoboth vir Storie-opnames. Dit stigting is ‘n organisasie wat geletterdheid en bemagtiging in gemeenskappe bevorder deur verskeie projekte aan te bied. Met die nuwe reeks Storie-opnames fokus […]

Read More

Bafana Bafana-speler wil nog sokker speel - June 14, 2022

Sokker: Die voormalige Bafana Bafana en AmaZulu FC-ster, Siphiwe Tshabalala, sê hy is steeds vasbeslote om aan te hou met sokker speel. Die 37-jarige middelveldspeler sê al is hy sonder ‘n klub na die 2020/2021-seisoen, beoog hy om binnekort terug te keer na die veld. Tshabalala sê sy aandag is tans gevestig op sy stigting […]

Read More

Die Kaap is koud en nat! - June 14, 2022

Die eerste kouefront vir die winter van 2022 het die Moederstad bereik en die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dat dele van die Wes-Kaap tussen gister en vandag meer as 120 millimeter reën ontvang het. Kirstenbosch het die hoogste reënvalsyfer gehad met 124 millimeter. In Bellville is sowat 105 mm uit die reënmeter gegooi terwyl die sentrale […]

Read More