Zim onderteken miljoene se ooreenkoms op aanname litiumprys sal herstel

Zimbabwe se staatsbeheerde Kuvimba Mining House verwag om vandeesmaand ‘n ooreenkoms te finaliseer met twee Chinese maatskappye aangesien hy by sy 270 miljoen Amerikaanse dollar litiumprojek hou op die grondslag dat litiumpryse sal herstel. Ontleders verwag sterk verkope van elektriese voertuie in China na hulle sedert hul hoogtepunt van November 2022 met meer as 80 […]

Read More

Squid Game, Tyson en Paul stoot Netflix intekenaars deur die dak

Die tweede seisoen van die Suid-Koreaanse drama, Squid Game, en die boksgeveg tussen Mike Tyson en Jake Paul het Netflix se intekenaars laat styg. Die stromingsdiens het teen die einde van 2024 wêreldwyd 301,63-miljoen intekenare gehad. Netflix sê Squid Game gaan een van die reekse word wat in sy eerste seisoen die meeste gekyk is, […]

Read More

Museum-verval: Dis moeilik om plakkers te verwyder

Reaksie word ontvang op foto’s wat die rondte op sosiale media doen van die Owela-uitstalling- en opvoedingsentrum, ‘n museum naby die ou Staatshuis en langs die Nasionale Biblioteek in Windhoek. Dit is in Maart 2020 tydelik gesluit tydens die Covid-19-pandemie. Selfs voor dit het hawelose mense hul intrek geneem op die terrein, wat sedertdien in […]

Read More

Rooilyn-saak: Amupanda se regspan maak verskeie flaters

Dit wil voorkom asof Job Amupanda se regspan vir sy rooilyn-saak daarop uit is om regter Shafimana Ueitele te ontstook met verskeie flaters wat begaan is. Eers was dit die dagvaardiging aan verskeie hooggeplaastes wat na die regter se sperdatum van 13 Desember ingedien is. Ueitele het nie eers die kwessie aangehoor nie, ook nie […]

Read More

Toerismesyfers vir 2024 bekend, vertoon goed

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul jaarlikse toerismestatistieke vir 2024 vrygestel. ‘n Algehele nasionale kamerbesetting van 54,48 persent is aangeteken, byna 3 persent hoër as in 2023. Dit is ook 1 persent hoër as in 2019, voor die wêreldwye pandemie die toerismesektor byna laat ineenstort het. Verskeie markte het ook gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Padvervoer oorheers steeds invoere

Vragmotors bly die belangrikste vervoer vir invoere in Namibië met meer as 50 persent van alle goedere wat in November so die land binnegekom het. Net onder 20 persent van invoere het per vliegtuig aangekom en amper 30 persent is verskeep. Dit toon weer die afhanklikheid van die land op invoere van Suid-Afrika. Walvisbaai het […]

Read More

BoN stel gedenknoot van dr. Hage Geingob bekend

Die Bank van Namibië sal ‘n dr. Hage G. Geingob-gedenkbanknoot op 10 Februarie by Windhoek se Parlementstuine bekendstel, wat saamval met Grondwetdag. Die geleentheid vier wyle president Geingob se nalatenskap in die vorming van Namibië se demokrasie en sy bydraes tot nasiebou. Josefina Oskar, die sentrale bank se kommunikasiepraktisyn, gee meer inligting.

Read More

Trustco verduidelik denotering

Trustco Group Holdings het aangekondig dat sy direksie opsies evalueer om die maatskappy van die JSE, Namibië Aandelebeurs en die OTCQX-mark in die VSA te denoteer. Die maatskappy sê ‘n aansienlike deel van sy aandeelhouers is nou in Amerika gebaseer en denotering, gekombineer met sy beplande Nasdaq-notering, posisioneer hom om sy beleggers beter te dien […]

Read More

IEA het kommer dat vraag na gas aanbod sal oorskry

Die jongste Gasmarkverslag van die Internasionale Energieagentskap waarsku teen stram globale gasmarkte in 2025, met vraag wat die groei in aanbod oorskry. Die vraag na gas het in 2024 met 2,8 persent gestyg en is aangedryf deur Asiatiese markte, maar ondergemiddelde uitset in vloeibare aardgas asook uiterste weer het die aanbod aan bande gelê. Luidens […]

Read More

WGO vra Tump om te heroorweeg

Die Wêreldgesondheidsorganisasie moedig president Donald Trump aan om sy besluit om Amerika aan die organisasie te onttrek, te heroorweeg. Trump het Maandag ʼn uitvoerende bevel onderteken om te onttrek en sê die organisasie het die Covid-19-pandemie swak hanteer, en kon nie sy onafhanklikheid van die onbehoorlike politieke invloed van lidlande bewys nie. Tarik Jasarevic van […]

Read More