Werkgewers, werkers moet saamwerk aan beter werkplekke

Die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers moedig werkers en werkgewers aan om saam te werk aan beter werksomstandighede en sodoende geweld by die werk te vermy. Dit sal ook ekstreme situasies hokslaan soos toe ‘n werknemer verlede jaar sy bestuurder doodgeskiet het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, die vakbond se sekretaris-generaal, wat […]

Read More

Geen beurtkrag sal SA mynproduksie aanhelp

FNB se senior ekonoom, Thanda Sithole, sê hulle verwag dat die voortgesette opskorting van beurtkrag en die geleidelike bestendiging van logistieke stelsels, mynproduksie oor die nabye tot medium termyn sal ondersteun. Na drie agtereenvolgende maande van groei, het Suid-Afrika se minerale uitset in November verlede jaar verswak. Dit het op ʼn jaar tot jaar grondslag […]

Read More

Trump noem Biskop ‘gemeen’ na sy hom vra om genadig te wees

Die Republikeinse kongreslid, Mike Collins het gevra vir die deportasie van die Biskop van Washington, nadat sy tydens ‘n gebedsdiens op regstreekse televisie met Trump gepraat het oor immigrasie en LGBT gesinne. Trump en sy visepresident, JD Vance, het uitdrukkingloos voor hulle uitgestaar toe Biskop Mariann Edgar Budde hulle gevra het om “genade te betoon” […]

Read More

Buttler steun nie boikot van Afghanistan-wedstryd

Krieket: Kaptein Jos Buttler sê Engeland se wedstryd teen Afghanistan by die Kampioenetrofee moet voortgaan na oproepe om ʼn boikot weens die Taliban-regime se aanslag op vroueregte. ʼn Groep van meer as 160 Britse politici het aan die Engelse en Walliese Krieketraad geskryf en versoek Engeland moet nie die wedstryd op 26 Februarie in Lahore […]

Read More

Amerika uit WGO ‘n slag, ‘Afrika moet op eie voete staan’

Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig dat die Verenigde State aan die Wêreldgesondheidsorganisasie sal onttrek, aangesien dit volgens hom die Covid-19-epidemie en ander wêreldwye gesondheidsnoodgevalle swak bestuur het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige Namibiese gesondheidsminister dr. Richard Kamwi, wat sê dit sal die organisasie knou. Hy voeg by dis tyd dat Namibië […]

Read More

SA wik en weeg nog oor BRICS-geldeenheid

Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het nog nie sy standpunt oor ‘n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid bepaal nie. Mashatile beklemtoon die land is afhanklik van die Amerikaanse dollar asook die noodsaaklikheid om handelsbesluite met groot omsigtigheid te neem. Volgens hom duur gesprekke voort en Suid-Afrika moet voorrang gee aan ekonomiese bestendigheid voor hy hom tot sulke belangrike […]

Read More

Derde van Arktiese streek stel nou meer koolstof vry as wat dit opneem

ʼn Derde van Arktiese woude en vleilande stel nou meer koolstofdioksied vry as wat dit opneem. ʼn Nuwe studie in Nature Climate Change skryf dit toe aan langer groeiseisoene, groter mikrobiese bedrywighede en ʼn toename in die voorkoms en intensiteit van veldbrande. Meer as 40-persent van die Arktiese ekostelsel, wat Siberië, Alaska, die Nordiese lande […]

Read More

Leeus-toer ‘sal nog ‘n dimensie na Sesnasies bring’

Rugby: Ierland se kaptein, Caelan Doris, sê vanjaar se toer van die Britse en Ierse Leeus na Australië bied ’n ander dimensie aan die Sesnasies. Hy glo die spelers sal alles uithaal in die jaarlikse kompetisie om oorweeg te word vir die Leeus-toer, wat net elke vier jaar plaasvind. Doris sê hoewel die sukses van […]

Read More

Yelland sê oor uraanprys, kernkrag

‘n Energie-kenner in Suid-Afrika, Chris Yelland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap wat toon ‘n herlewing in belangstelling in kernenergie met die vermoë wat moontlik teen 2050 kan verdubbel tot 870-gigawatt. Volgens Yelland sal die neiging Namibië net raak in terme van die uraanprys en nie ‘n […]

Read More

SA-owerhede het kommer oor oorbevolking in tronke

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor oorbevolking in tronke en sê daar is meer buitelanders as Suid-Afrikaanse landsburgers in gevangenisse. In die 2023/2024-boekjaar was daar 156 000 gevangenes in tronke terwyl daar landwyd slegs 105 000 goedgekeurde bedspasies vir gevangenes is. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng, sê sedert Maart 2024 het die […]

Read More