Dis ‘nie maklik vir klein besighede om diamantsektor te betree’
Die ministerie van myne en energie het ‘n beroep op klein en medium ondernemings gedoen om munt te slaan uit geleenthede in die land se diamantsektor, en beklemtoon dat betrokkenheid verder gaan as direkte mynbou-aktiwiteite. Die ministerie het verskeie maniere vir deelname uiteengesit, insluitend diamanthandel, sny en poleer, gereedskapvervaardiging en navorsing. Dit sal Namibiërs bemagtig […]
Uitspraak môre in Sheehama-moordbeskuldigdes se borgaansoek
Ses van die sewe beskuldigdes in die moord van Matheus Sheehama het in die Walvisbaaise landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek. Hulle is verlede jaar gearresteer na Sheehama se liggaam by Onafhanklikheidstrand uitgespoel het. Hy het op 27 Julie vermis geraak na hy by ‘n braai was saam met sy meisie, Jessica !Gaes. Volgens die polisie […]
Afrika middelpunt van globale terrorisme: VN
Die Verenigde Nasies sê Afrika bly die middelpunt van terrorisme wêreldwyd en meer optrede is nodig om internasionale voornemens in te stel om die plaag te stuit. Meer as 6 000 terrorisme-verwante sterftes is vir drie agtereenvolgende jaar in die streek aangemeld, wat meer as die helfte van die wêreldsyfer uitmaak. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal, […]
SA Onder-19 vrouespan steeds onoorwonne by T20 Wêreldbeker
Krieket: Suid-Afrika se onder-19 Vrouespan is boaan hulle groep by die T20 Wêreldbeker in Maleisië nadat hulle Nigerië volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 41 lopies geklop het. Suid-Afrika het 49 vir twee aangeteken met Simoné Lourens se bydrae 25 lopies voor reën spel ontwrig het. Nigerië moes 66 in hulle agt boulbeurte aanteken maar kon slegs […]
Pakkry ‘lei tot geweld onder kinders’
Geweld onder jong kinders is nie vreemd vir Namibië nie en het weer aan die lig gekom toe ‘n 10-jarige gestremde seuntjie ‘n twee-jarige meisie versmoor het toe hy sand in haar mond gestop het. Dit het gekom nadat die kinders saam met twee ander alleen by die huis gelos is terwyl hul ouers shebeens […]
Langbaangala die naweek in 3 dorpe gelyktydig
Die Namibië Watersportfederasie se derde langbaangala keer die naweek terug, met Bank Windhoek as borg. Die geleentheid sal van Vrydag tot Sondag gelyktydig in drie swembaddens aangebied word. Hulle is die Olympia-swembad in Windhoek, die Water Cube in Swakopmund, en Sand Sharks-swembad in Oranjemund. Meer as 200 swemmers sal aan 41 items deelneem, met die […]
Publiek het reg om te weet oor Namdia-roof: Media-ombud
Die Namdia roof is steeds in die nuus en die beskikbare inligting is skraps en uiteenlopend. NamPol en Namdia het aanvanklik gesê ‘n gesamentlike perskonferensie sal gehou word, maar die polisie het nou aangekondig dat dit tot verdere kennisgewing uitgestel word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. John Nakuta, die media-ombudsman, wat sê hierdie […]
Goedgekeurde bouplanne in hoofstad styg skerp in vierde kwartaal
Die aantal goedgekeurde bouplanne in Windhoek het in Desember met 18 persent maand-tot-maand gedaal tot 149, vanaf 181 in November. In Swakopmund het goedkeurings met 1 persent maand-tot-maand afgeneem, van 68 tot 67. Dit is die derde agtereenvolgende maand van daling, volgens die jongste Simonis Storm-verslag. Op ‘n kwartaallikse basis het Windhoek se goedgekeurde bouplanne […]
Amupanda, regsman kruis swaarde in hof oor rooilyn
Die rooilyn-saak van AR-aktivis Job Amupanda duur voort in die Windhoekse hoërhof. Die hofsaal was gespanne terwyl advokaat Raymond Heathcote, wat die respondente verteenwoordig, en Amupanda swaarde gekruis het oor die nalatenskap van die rooilyn. Met ‘n kaart wat agter Amupanda vertoon is, het Heathcote hom daarvan beskuldig dat hy die geskiedenis verpolitiseer. Amupanda het […]
Lüderitz onder druk met dienste, maar werk hard: burgemeester
Lüderitz is die brandpunt van stedelike ontwikkeling vir die ontluikende olie- en gasbedryf aflandig in Namibië. Dit was voorheen meeste gefokus op toerisme met uitvoere by die hawe, die visbedryf en meer. Die dorpsraad het sedert die ontdekking van olie- en gasbronne onder druk gekom om genoegsame dienste te voorsien met talle ontwikkelings wat op […]