Konsepverordening wil voedselveiligheid verseker

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aangekondig die regering het ‘n nuwe konsepverordening gepubliseer om township-ekonomieë te reguleer en voedselveiligheid te verbeter. Dit volg ná die dood van kinders in verskeie provinsies weens voedselverwante siektes. Hierdie sterftes sluit in ses kinders wat in Naledi, Soweto, dood is nadat hulle versnaperinge geëet het wat […]

Read More

Asiatiese markte daal weer weens Trump-vrese

Asiatiese markte het weer gedaal weens handelaars se kommer oor die uitwerking van Donald Trump se Amerikaanse presidentskap op die Chinese en globale ekonomieë. Vrese bestaan sy beleid kan ook inflasie in Amerika aanwakker. Die vooruitsig van stygende pryse as gevolg van belastingverlagings, invoertariewe en ‘n verslapping van regulasies, het die dollar nuwe aansporing gegee. […]

Read More

Hoofafrigter, assistente van Kanada-vrouespan afgedank

Sokker: Die Kanadese beheerliggaam het bekendgemaak die afrigter van die nasionale vrouespan, Bev Priestman, en haar twee hulpafrigters gaan nie hulle rolle hervat na die hommeltuig-skandaal gedurende die Olimpiese Spele in Parys nie. Kanada Sokker het ʼn verslag vrygestel oor die ondersoek na die gebruik van ʼn hommeltuig om Nieu-Seeland se geslote oefeninge te verfilm […]

Read More

Groot salarisverhoging by Beifang kom met waarskuwing

Die Revolutionary Union verwelkom die onlangse salarisverhoging van 2 000 Namibiese dollar per maand vir meer as 600 werknemers by BeifangMiningTechnologies Services. Volgens die vakbond is die verhoging ‘n direkte gevolg van hul onvermoeide stryd vir billike behandeling vir alle lede, ná jare se onbillike vergoeding deur Beifang. Die vakbond waarsku lede dat hierdie stap […]

Read More

SA regering ‘sal nie werkloosheid kan afbring’

Saftu sê die regering se strategie van die afgelope 30 jaar kon ongelukkig nie daarin slaag om die ekonomiese groei te bereik wat benodig word om die katastrofiese vlakke van werkloosheid aan te pak nie. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê met die sogenaamde regering van nasionale eenheid, is daar geen moontlikheid vir ‘n verandering in […]

Read More

Rusland vra Israel vir geen lugaanvalle naby Sirië-lugbasis

Rusland het Israel gevra om nie as deel van sy oorlog teen Hezbollah in Libanon lugaanvalle uit te voer naby een van Moskou se basisse in Sirië nie. Siriese staatsmedia het middel-Oktober beweer Israel het die hawestad Latakia getref, ‘n vesting van president Bashar al-Assad, wat deur Rusland ondersteun word en op sy beurt weer […]

Read More

Banyana Banyana-afrigter kry plek in SA Heldesaal

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, word volgende Woensdag in die Suid-Afrikaanse Heldesaal ingehuldig. Sy word vereer vir haar talle prestasies, insluitend om die span in 2022 tot ʼn geskiedkundige Afrikabeker-titel vir Vroue te voer. Ellis kry erkenning naas ander sokkerbekendes soos die afrigter van Bafana-Bafana, Ephraim Mashaba, en die legendes Neil Tovey en […]

Read More

Grindr bied MIV-selftoetse plaaslik aan, ‘n eerste vir Afrika

Die globale afspraak-toep Grindr het sy program uitgebrei om gebruikers te koppel aan gratis tuisafgelewerde MIV-selftoetsstelle in Namibië, wat die eerste keer is dat die maatskappy hierdie diens in Afrika aanbied. Grindr het ‘n vennootskap aangegaan met IntraHealth Namibia, ‘n proses wat gefasiliteer is deur Equal Namibia, ‘n jeuggeleide sosiale beweging vir gelykheid. ‘n Toegewyde […]

Read More

Brave Warriors speel 0-0 gelykop met Kameroen

Namibië se Brave Warriors het met 0-elk gelykop gespeel teen die sterk Kameroen-span in hul Groep J Afcon-kwalifiserende wedstryd by die Orlando-stadion in Soweto. Die span het nie vir die Afrika Nasiesbeker gekwalifiseer nie omdat hy al vier van sy vorige wedstryde verloor het. Die Warriors speel hul laaste groepwedstryd op 19 November teen Kenia […]

Read More

Verkiesingskommissie onder skoot in Keetmans

Spesiale stemme in die verkiesing word vandag uitgebring by die 35 Namibiese diplomatieke missies in die buiteland, en ook by 33 stemlokale regoor die land. Ter plaatse kom die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel in aanmerking vir spesiale stemme weens die aard van hul werk. Sowat 8 000 kiesers het […]

Read More