Daar is net genoeg bloedvoorraad vir 5 dae
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië het steeds beperkte eenhede bloed en met die langnaweek is die vraag na bloed altyd hoër. Die bloedbank ervaar steeds ‘n nasionale tekort aan bloed na die feesseisoen wat dit vir hulle moeilik maak om in die vraag van hospitale te voorsien. Diegene wat in aanmerking kom om bloed te skenk, […]
Inperkings brei uit in China
Sjanghai het vandag ‘n rekordgetal simptomatiese Covid-gevalle aangemeld met ander gebiede regoor China wat ook inperkings ingestel het. Die Zhengzhou-lughawe se ekonomiese sone, ‘n sentrale Chinese vervaardigingsgebied wat die Apple-verskaffer Foxconn insluit, het Vrydag ‘n twee-week lange inperking aangekondig. In die noordweste het die stad Xian Vrydag inwoners aangemoedig om onnodige reise buite hul woongebiede […]
Engeland soek nuwe toetskaptein, Root groet
Joe Root het bedank as Engeland se toetskaptein. Sy bedanking kom ná ‘n vyf-jaar-termyn wat in swak uitslae geëindig het, waaronder ‘n loesing in die reeks om die As en ‘n nederlaag in die Wes-Indiese Eilande. Die 31-jarige Root het sy span egter ook in ‘n paar noemenswaardige oorwinnings gelei, waaronder ‘n 4-1-tuisoorwinning teen Indië […]
N$420m nodig vir beroepsopleiding – Itah
Die Namibiese Opleidingsowerheid wil 420 miljoen Namibiese dollar hê om tegniese opleiding en beroepsonderwys as ‘n studieveld in die land te bevorder. Itah Kandjii-Murangi, minister van hoër onderwys, sê dat daar ‘n aansienlike toename in inskrywings by beroepsonderwys-instellings is met 34 920 leerlinge wat landwyd vir programme ingeskryf het, ‘n styging van 38 persent in […]
Man in Gauteng vas vir vervaardiging van allerhande vervalste dokumente
Die polisie in Gauteng het ‘n man in Hillbrow, Johannesburg, in hegtenis geneem omdat hy na bewering betrokke is by ‘n sindikaat wat vervalste dokumente vervaardig. Die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, sê polisielede het tydens ‘n voetpatrollie inligting van inwoners ontvang. Dit het tot die man se inhegtenisneming gelei. Beslag is ook gelê op ‘n […]
Zim gooi 70 DRK-vlugtelinge uit
Die Zimbabwiese regering het sowat 70 vlugtelinge terug na die Demokratiese Republiek van die Kongo gedeporteer in weerwil van internasionale humanitêre reg, volgens die Amerikaanse ambassade in Harare. Amptenare het 80 vlugtelinge wat na bewering voedselrantsoene uit die Tongorara-vlugtelingkamp se pakhuis gebuit het, in hegtenis geneem. Tien is onskuldig bevind en die res is gedeporteer. […]
Twee Oseane se half-marathon loop oop
Padwedlope: Kaapstad se mees gesogte wedloop, die Twee Oseane, het met vandag se half-marathon oor 21,1-kilometer afgeskop. Die wedloop lok elke jaar ‘n vol skare. Môre se ultra-marathon neem atlete op ‘n asembenemende roete om die Kaapse Skierieland. Totalsports het intussen ‘n skenking van 250 000 Suid-Afrikaanse rand elk vir die mans- en vrouewedloop aangekondig, […]
So lyk die afgelope reënseisoen
Die Namibiese meteorologiese diens het sy reënvalverslag vir die afgelope ses maande tot einde Maart bekend gemaak. Yanna Smith het die besonderhede.
DA wil weet oor brandstof wat op is in KZN
Die DA in KwaZulu-Natal vra die premier, Sihle Zikalala, en die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Ravi Pillay, moet onmiddellik die omvang bepaal van wydverspreide berigte dat vulstasies nie meer petrol het nie. Sleutelvervoerroetes by brandstofopslagplekke in eThekwini is in die vloede verwoes. Francois Rodgers van die DA sê die impak en gevolglike uitdagings weens die […]
36 dood in gru-ongeluk in Zim
Minstens 36 mense is in Zimbabwe dood en 71 beseer toe ‘n bus met kerkgangers onderweg na ‘n Paasfeesbyeenkoms van die pad geloop en in ‘n kloof beland het. Die bus het lidmate van ‘n plaaslike gemeente van die Zion Christian Church na ‘n Paasfeesbyeenkoms in die suide van die land vervoer. Die polisie sê […]