Wil Namibiërs by hul voordeure ingeënt word?

Die adjunkpresident van Namibië, Nangolo Mbumba, het vandag weer ‘n beroep op Namibiërs gedoen om ingeënt te word en ‘n vraag is gevra of die regering deur-tot-deur-inentings vir die publiek oorweeg. Kosmos 94.1 Nuus het aan Namibiërs gevra of hulle by hul voordeure ingeënt sal word. Hulle het so geantwoord.

Read More

SANW sê hy kan 95 brûe per jaar bou

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is gereed om die bou van brûe van 14 tot 95 brûe per jaar te verhoog as deel van die Welisizwe landelike brugprogram. Woordvoerder Andries Mahapa het gesê die Weermag se ingenieursgroep, in vennootskap met die departement van openbare werke en infrastruktuur, sien uit na die projek. Mahapa sê […]

Read More

Ses slagoffers van gru-ongeluk bekend

Die Namibiese polisie het die name bekend gemaak van die ses persone wat gister in die gru-ongeluk op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Okahandja gesterf het. In die GTi Golf het die 27-jarige Ciska Bronkhorst en haar sesjarige seuntjie Lian gesterf. Haar man, die 32-jarige Willie Bronkhorst is ernstig beseer en in ‘n Windhoekse hospitaal […]

Read More

Covid-19: 21 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 21 nuwe Covid-gevalle uit 439 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 4,8 persent is. In die groep is vyf leerders en een elk student en gesondheidswerker. Daar is nou 2 827 aktiewe gevalle, waarvan 64 pasiënte in hospitale is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 367 481 persone is ten volle […]

Read More

Ondersoek oor polisie-brutaliteit volg by Swakopmund

Aangehoudenes by die Swakopmund-polisiekantoor beweer polisiebrutaliteit teen hulle en het foto’s van beseerde mans op sosiale media geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-streek se eenheid vir gemeenskapsake gevra wat dit bevestig het. Hy sê hulle is bewus van die klagte en het ‘n beroep op die aangehoudenes gedoen […]

Read More

DA stel mosie van wantroue teen Ramaphosa in

Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan ‘n mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa se kabinet indien. Hy het die aankondiging gedoen tydens die debat oor die staatsrede. Steenhuisen sê Ramaphosa slaag nie daarin om sy uitvoerende gesag aanspreeklik te hou vir bewerings oor korrupsie nie. Hy sê die president is ook nie […]

Read More

Genoeg entstowwe beskikbaar in Namibië

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat terugkerende Namibiërs en persone met permanente verblyfreg die land kan binnekom sonder ‘n PCR-Covid-toets, maar hulle moet ‘n geldige inentingsertifikaat by grensposte toon. Shangula het ook op ‘n vraag van die beskikbaarheid van entstowwe en hul vervaldatums geantwoord.

Read More

Suide-damme is gesamentlik 92,2 persent vol

Die Hardapdam se sluise is vanmiddag om vyf-uur toegemaak nadat die dam 69,2 persent vol was. Namibië se damme in die Suide is tans gesamentlik 92,2 persent vol met die Nautedam wat 103,8 persent vol is en die Neckartaldam 102 persent. Sentrale damme is gesamentlik 66,3 persent vol met die Swakoppoortdam 90 persent vol na […]

Read More

Tiener-selfdood kan voorkom word

Voorkoming van tiener-selfdood-week begin vandag tot 21 Februarie. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep help vanjaar ouers, onderwysers en die gemeenskap in hierdie week deur inligting te deel oor hoe om moeilike gesprekke te voer oor depressie en die voorkoming van selfdood. Kenners sê tieners is die grootste risiko-ouderdomsgroep in Suid-Afrika. ‘n Mediese student van die […]

Read More

Namibië ver van WGO se Covid-inentingsteiken van 60%

Die Namibiese visepresident Nangolo Mbumba het weer ‘n beroep op alle Namibiërs gedoen om ingeënt te word om kudde-immuniteit te bereik. Hy het gesê alhoewel positiewe Covid-gevalle besig is om minder te raak, is Namibiërs huiwerig om ingeënt te word. Hy sê die inentingskoers is baie laag en ver van die Wêreldgesondheidsorganisasie se teiken van […]

Read More