KZN-toerisme verloor miljoene oor Paasnaweek na vloede

Die buurland se toerisme departement sê die bedryf in Durban sal die Paasnaweek nagenoeg 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand verloor. Dié verlies sal wees weens besprekings wat ná die wydverspreide vloede gekanselleer is. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, sê 16 persent van besprekings is reeds gekanselleer. Sisulu sê geraamde verliese van 74 miljoen rand in bruto binnelandse produk en ‘n tydelike verlies van 155 werskgeleenthede word bereken. Die departement sê die provinsie het gereken op ‘n geraamde 256 522 besoekers en besteding van 880 miljoen rand die langnaweek.