
US$7 – 23 miljard in onwettige wildhandel, jaarliks - November 17, 2022
Wettige handel in wildlewe en –produkte is internasionaal 220 miljard Amerikaanse dollar per jaar werd terwyl onwettige handel in die produkte tussen 7 en 23 miljard dollar jaarliks verdien. Dit is volgens die eerste verslag oor wêreldwye handel in wildlewe en hul produkte wat by COP19 bekendgestel is. Die verslag, wat gebaseer is op 1,2 miljoen Cites-permitte wat jaarliks uitgegee word vir spesies wat […]
Pence gesels oor Trump ontmoeting na 6 Januarie - November 17, 2022
Mike Pence het tydens sy Town Hall-sessie op CNN gepraat oor sy verhouding met sy president Donald Trump. Jake Tapper wat die geleentheid hanteer het, wou by Pence weet, wat sy gevoel was oor wat by die Withuis op 6 Januarie aangegaan het en of hy Trump kan vergewe vir sy aanmerkings wat amper tot Pence, en sy vrou en dogter, […]
Meester: Daar’s net 9 mense om alle boedels te hanteer - November 17, 2022
Die justisie-ministerie sê personeeltekorte vertraag die afhandeling van boedels deur die Meester van die hoërhof. Die kantoor werk tans met slegs nege amptenare, ‘n posisie wat minister, Yvonne Dausab, sê het is ver van die aantal personeel wat nodig is om te voldoen aan die minimum. Regsbeamptes sal elkeen gemiddeld 3 066 boedels per jaar […]
Kinderverkragting: Nampol sê rapportering is beter - November 17, 2022
Die hoë gevalle van kinderverkragting, met 510 kinders wat in die afgelope nege maande verkrag is, is ook as gevolg van hoër vlakke van rapportering deur familielede. Die Khomas-streek se Nampol-woordvoerder adjudant-offisier Silas Shipandeni sê terwyl die misdaad ‘n groot uitdaging is, is dit ‘n goeie ding dat sake formeel gerapporteer word. Hy doen ‘n […]
Denel kort geld vir sy omkeerplan - November 17, 2022
Die buurland se wapenvervaardiger, Denel, sê die sukses van sy omkeerplan hang af van die tydige vrystelling van regeringsfondse. Die minister van finansies, Enoch Godongwana het in sy tussentydse begroting 204,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Denel toegeken om sy voorwaardelike laste weens sy swak finansiële posisie te verminder. Daar is ook ‘n verdere 3,4 miljard […]
Klimaat: Guterres sê sy geld is op die jeug - November 17, 2022
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres het jongmense regoor die wêreld aangemoedig om hul leiers aanspreeklik te hou vir klimaatsverandering. Hy sê by die COP27 vergadering in Egipte dat klimaatsverandering die grootste uitdaging van die moderne tyd is en sy geld is op jongmense.
SAPD, Interpol trek Israeliese voortvlugtige in Bryanston vas - November 17, 2022
Die polisie en Interpol het ‘n 46-jarige Israeliese voortvlugtige in Bryanston, Johannesburg, in hegtenis geneem. Hy word in sy vaderland vir verskeie pogings tot moord gesoek. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die man was tussen 2003 en 2004 vermoedelik by twee bomontploffings betrokke. Sy sê hy het na bewering by twee verskillende […]
Saara is doodstil maar ombud het hulle goed ontvang – Okh-aktiviste - November 17, 2022
Lede van informele nedersetting van Okahandja is ontevrede met hoe hul oproepe vir dienste deur die plaaslike owerhede hanteer word. Hulle het ‘n vreedsame betoging op 21 Oktober in Windhoek gehou waar hulle beplan het om ‘n petisie aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila te oorhandig, maar haar nie by die kantoor gekry het nie. Hulle […]
Kovsie-direkteur geskors na rassisme aantygings - November 17, 2022
Die direkteur van die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool, Udesh Pillay, is geskors nadat hy van rassisme beskuldig is. ‘n Verklikker het Pillay daarvan beskuldig dat hy rassespanning aangewakker het nadat hy na bewering ‘n diversiteitslypskool gereël het, waarheen hy swart personeellede genooi het. Die verklikker het beweer wit personeellede is uitgesluit. Die UV […]
Kandidaatentstowwe vir Ebola uitgerol - November 17, 2022
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se komitee vir eksterne kenners het drie Ebola-kandidaatentstowwe geëvalueer en ingestem dat al drie by die beplande proewe in Uganda ingesluit word. Daar is tans 141 bevestigde en 22 moontlike Ebola-gevalle in Uganda, met 55 bevestigde en 22 waarskynlike sterfgevalle. Die WGO sê die regering se optrede het oordrag in die meeste distrikte […]