SA ‘A’ het ‘n geleentheid teen Bristol Bears - November 17, 2022

Suid-Afrika “A” speel vanaand hulle tweede wedstryd in die middel van die week wanneer hulle teen die Engelse span, Bristol Bears, uitdraf. Bykomende tyd om voor te berei en mekaar te leer ken, behoort in hulle guns te tel. Een van die manne in groen en goud se groot doelwitte is om te bou op […]

Read More

Suid-Afrikaners kan meer doen om korrupsie te bekamp – Maharaj - November 17, 2022

Die ANC-veteraan Mac Maharaj sê Suid-Afrikaners kan ‘n meer aktiewe rol in die uitroei van korrupsie speel en staatsamptenare moet verantwoordelik gehou word. Hy sê die Staatskapingskommissie het sonder twyfel bewys die land is in grootskaalse korrupsie vasgevang. Maharaj sê die veldtog om korrupsie uit te roei moet onverbiddelik wees en moet voortgaan ten einde […]

Read More

Shoprite se vertoning uitpresteer ander kleinhandelaars - November 17, 2022

Suid-Afrika se grootste kruideniers-kleinhandelaar, en eienaars van die Checkers, OK Foods en ander handelsmerke, Shoprite Holdings het verkope in die eerste kwartaal van 18,6 persent gerapporteer. Suid-Afrika en omliggende lande waar Shoprite bedrywighede het, is vanjaar hard getref deur stygende rentekoers, hoër brandstofpryse en stygende voedselinflasie, wat baie huishoudings gelaat het met min of geen […]

Read More

COP19 sal niks vir boere wat met olifante sukkel oplewer nie - November 17, 2022

Die 19de Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora, bekend as Cites, is tans in Panama aan die gang. Cites is ‘n internasionale verdrag wat ontwerp is om internasionale handel in sekere dier- en plantspesies te beheer en te reguleer wat moontlik met uitsterwing bedreig kan word. Dit lyk of […]

Read More

Kaapstad gee voorkeur aan programme vir inklusiewe ekonomie - November 17, 2022

Die Stad Kaapstad sê hy gee voorkeur aan doelwitte in spesifieke nywerhede of sektore wat ‘n meer inklusiewe en volhoubare ekonomie bevorder. Dit sluit die lugtoegang-inisiatief in om vlugte van belangrike bron-markte te verseker en daardeur die stad se beleggingsprofiel en die Cruise Cape Town-program ‘n hupstoot te gee. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese […]

Read More

Prins William skree vir Wallis en Engeland by Katar - November 17, 2022

Prins William van Brittanje het erken hy het gemengde gevoelens oor waar sy steun lê in die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die prins van Wallis sê hy sal natuurlik vir Wallis ondersteun, maar hy moet ook vir Engeland ondersteun as hoof van die Engelse Sokkerfederasie. Die twee lande sal in die groepfase ontmoet. Wallis het vroeër verras deur vir die eerste […]

Read More

Gungubele belemmer SKOOR se werksaamhede - November 17, 2022

Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, doelbewus die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge se mandaat belemmer. Die minister en die Staatsveiligheidsagentskap sou die komitee gister toespreek, maar het op die nippertjie aan die komitee gesê die agentskap sal die intelligensiekomitee tydens ‘n geheime vergadering inlig. ‘n DA-woordvoerder, Benedicta van […]

Read More

Kandjeke sê daar’s uitdagings by NTB - November 17, 2022

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die Namibiese Toerisme-raad het likiditeitsuitdagings. In sy oudit vir die 2020-2021 boekjaar sê hy die raad sal uitdagings hê om sy verpligtinge na te kom. Hy sê die grootste risiko is die wisselkoers en die raad se beleid daartoe wat hy aangepas het. Terwyl die pandemie ‘n baie groot invloed op die raad se […]

Read More

Batoyi sê georganiseerde misdaad wen in SA - November 17, 2022

Die direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika, Shamila Batohi, sê die land wen nie die stryd teen georganiseerde misdaad nie. Sy en haar ampsgenote by die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid het gister die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge ingelig oor gesamentlike ondersoeke na korrupsie by staatsinstellings en die Departement van Water en Sanitasie. Batohi sê die […]

Read More

Musk sal ‘later’ Twitter-baas aanstel - November 17, 2022

Elon Musk sê hy verwag om sy tyd by Twitter te verminder en uiteindelik ‘n nuwe leier te vind om die maatskappy te bestuur. Hy sê hy hoop om hierdie week ‘n organisatoriese herstrukturering te voltooi. Musk het egter later in ‘n twiet gesê hy sal voortgaan om Twitter te bestuur totdat dit in ‘n sterker plek is, hoewel dit volgens hom ‘n rukkie sal neem. Musk se twiet kom nadat Jack […]

Read More