
Vryheidsfront Plus: Plaas polisieminister op verlof - November 17, 2022
Die Vryheidsfront Plus doen ʼn beroep op President Cyril Ramaphosa om die minister van polisie, Bheki Cele, op verlof te plaas terwyl die Valke sy beweerde betrokkenheid by ongerymdhede ondersoek. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê die amp van die minister van polisie is belangrik en die persoon wat dit beklee moenie […]
Krieket: Maklike oorwinning vir Ausies teen Engeland - November 17, 2022
Krieket: Australië het maklik die teiken bereik wat Engeland gestel het in die eerste eendagwedstryd in Adelaide. Die besoekers het gesukkel om 287 vir nege te haal ondanks Dawid Malan se tweede honderdtal. Hy het sy 134 van net 128 balle aangeteken terwyl die Australiese kaptein, Pat Cummins, en Adam Zampa albei drie paaltjies ingeoes […]
Valke sukkel om sindikate vas te trek - November 17, 2022
Die hoof van die Valke in Suid-Afrika, Godfrey Lebeya, sê georganiseerde misdaad raak ‘n baie groot uitdaging in die buurland. Ten spyte van die vordering wat gemaak word, is daar uitdagings om sindikate se meesterbreine in die buurland vas te trek:
NTB moet meer geld kry, speel kritieke rol vir toerisme in die land - November 17, 2022
Die Namibiese Toerisme-raad is uiters belangrik vir die toerismebedryf in die land. Daar is kommer na die ouditeur-generaal Junias Kandjeke gesê het die raad het likiditeitsuitdagings. In sy oudit vir die 2020-2021 boekjaar sê hy die raad sal uitdagings hê om sy verpligtinge na te kom. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, […]
Okh-dorpsraad is sat vir grond-aktiviste - November 17, 2022
Die Okahandja-dorpsraad is sat vir die grondaktiviste wat gereeld amok maak en opruk hoofstad toe. Vincent Kariseb, voorsitter van die bestuurskomitee sê hulle het talle male uitgereik na die aktiviste sonder enige antwoord en hulle was ook nie beskikbaar toe die lynminister, Erastus Uutoni met hulle wou gesels nie.
Tronkstraf as jy sigarette aan minderjariges in SA verkoop - November 17, 2022
Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels bepaal dat enige persoon of onderneming wat sigarette aan minderjariges verkoop, beboet of 15 jaar tronkstraf opgelê kan word. Dit sluit in ondernemings wat lekkergoed, speelgoed of items wat soos sigarette lyk, versprei. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Lynn Moeng-Mahlangu, sê die wetsontwerp stel […]
Afrika-regerings moet belê in landbou - November 17, 2022
Afgevaardigdes op die vyfde Kampala Geopolitiek-konferensie in Kampala, Uganda, doen ‘n beroep op Afrikalande om intensief in kommersiële landbou te belê. ʼn Senior dosent in Politieke Wetenskap aan die Makerere Universiteit, Philip Kassaijja, sê voedselsekerheid behoort nie ‘n Afrika-probleem te wees nie. Hy sê regerings moet verkwistende uitgawes besnoei en in landbou belê. Intussen sê […]
Prokureur sê oor hoekom N/a’an kusê hofaansoek bring - November 17, 2022
N/a’an kusê het ‘n aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien om ‘n hersiening van die omgewingsministerie se nuwe regulasies. Die ministerie moet ingevolge die aansoek, redes aan die regter Esi Schimming-Chase verskaf waarom die nuwe regulasies nie hersien en tersyde gestel moet word nie. N/a’an kusê se prokureur Cristiaan Cronjé verduidelik by die organisasie se inligtingsessie vanoggend waarom die nuwe regulasies op lang termyn nadelig sal wees vir karnivoorbewaring in […]
Aantygings dat Air Namibia werknemers se eise verminder is - November 17, 2022
Die verteenwoordiger van die voormalige werknemers van Air Namibia wat Maandag na die bankrot redery se oud-hoofkantoor opgeruk het, Renier Bougaard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoekom hulle nou buite die gebou kamp. Die groep eis betaling van hul skeidingspakkette. Bougaard sê daar is genoeg geld maar, blykbaar is daar probleme met hulle eise wat verminder is. Hy verduidelik.
US$7 – 23 miljard in onwettige wildhandel, jaarliks - November 17, 2022
Wettige handel in wildlewe en –produkte is internasionaal 220 miljard Amerikaanse dollar per jaar werd terwyl onwettige handel in die produkte tussen 7 en 23 miljard dollar jaarliks verdien. Dit is volgens die eerste verslag oor wêreldwye handel in wildlewe en hul produkte wat by COP19 bekendgestel is. Die verslag, wat gebaseer is op 1,2 miljoen Cites-permitte wat jaarliks uitgegee word vir spesies wat […]