Man vas vir verdrinking van 27 migrante - November 30, 2022

‘n Twee-en-dertigjarige man sal na verwagting vandag in die Westminster-landdroshof verskyn om moontlik aan Frankryk uitgelewer te word waar hy tereg sal staan op aanklagte van strafbare manslag. Dit volg nadat hy in Gloucestershire in hegtenis geneem is in verband met die dood van minstens 27 mense wat verlede jaar verdrink het in ‘n poging […]

Read More

Navo-lede sal Oekraïne bystaan met energie-infrastruktuur - November 30, 2022

Die vergadering van ministers van buitelandse sake van Navo-lande in Boecharest het onderneem om verdere militêre ondersteuning aan die Oekraïne te bied sowel as om hulp te verleen met die land se kragtekorte. Dit sluit nie net bystand in verband met infrastruktuur nie maar ook kragopwekkers en brandstof daarvoor. Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, […]

Read More

Agra se ‘Skenk vir Pienk’-veldtog ‘n reuse-sukses - November 30, 2022

Gedurende Oktobermaand het Agra Auctions hul eerste “Skenk vir Pienk”-veldtog aangebied om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Weens die oorweldigende reaksie van die Namibiese boere en op hul versoek, is die veldtog tot 15 November verleng. Meer as 177 965 Namibiese dollar is vir die veldtog ingesamel en aan die uitvoerende […]

Read More

ANC loop deur onder skade deur oorstroming van Oranjerivier - November 30, 2022

Die DA in die Noord-Kaap sê die departement van landbou het miljoene Suid-Afrikaanse rand bestee om te probeer om die risiko van natuurlike rampe te temper. Hierdie maatreëls kon nie die oormatige skade van oorstromings langs die Oranjerivier keer nie. ‘n Woordvoerder van die party, Reinette Liebenberg, sê die huidige oorstromings het uitgeloop op die […]

Read More

Swapo-stemme sal oorgetel word, maar mag die komitee dit doen? - November 30, 2022

Die oortel van die stemme in die verkiesing vir Swapo se sentrale komitee sal na verwagting rondom 11-uur begin. Die party se sekretaris-generaal het laat Dinsdagaand opdrag gegee dat dit vandag gedoen word na klagtes ontvang is. Daar is teenstrydige berigte oor of die party se verkiesingskomitee wel die stemme oor kan tel. Die veteraan […]

Read More

1GB-data: Namibië is 6de duurste in Afrika - November 30, 2022

High Economic Intelligence in die hoofstad het ‘n ontleding gedoen van datakostes in Afrika-lande Suid van die Sahara. Namibië is onder die lande die sesde duurste land en dit kos plaaslik 10 Amerikaanse dollar en 52 sent vir een gigabyte se data. Die duurste land is Sao Tome en Principe waar ‘n gigabyte 29 Amerikaanse […]

Read More

Werkloosheidsyfer in SA nie eweredig versprei nie - November 30, 2022

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê die effense verbetering in die algemene werkloosheidsyfer is nie eweredig en regverdig versprei nie omdat die swart middelklas, vroue en die jeug steeds werkloosheid in die gesig staar. Die werkloosheidsyfer het met een persentasiepunt gedaal van 33,9 persent in die vorige kwartaal tot 32,9 persent in die jongste […]

Read More

Alzheimer-middel toon belowende resultate - November 30, 2022

Alzheimer’s Research UK sê die eerste middel wat kan keer dat Alzheimer se siekte die brein vernietig, is ‘n hoogtepunt. ‘n Kliniese proefneming met die eksperimentele middel, Lecanemab, het bevind dit verminder oor ‘n tydperk van 18 maande die agteruitgang in pasiënte se breinvermoë met 27 persent. Die grootskaalse proefneming het 1 795 vrywilligers in […]

Read More

Natuurlik sal nasionale gesondheidsversekering nie plaasvind nie – DA - November 30, 2022

Die DA in die buurland sê hy het nog altyd gesê die nasionale gesondheidsversekering kan nie sonder ‘n studie oor finansiële volhoubaarheid oorweeg word nie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het onthul volgende jaar se begroting wat in Februarie ter tafel gelê word, sal waarskynlik nie groot klem op die NGV lê nie. Michele Clarke van die DA sê die […]

Read More

Afrika-lugvaart projek sal goed wees vir verbruikers - November 30, 2022

Namibië gaan deelneem aan die sogenaamde Single African Air Transport-mark, wat na verwagting ‘n 27 persent vermindering in lugtariewe sal meebring, byna 600 000 werkgeleenthede sal skep en 4,2 miljard Amerikaanse dollar by die vasteland se bruto binnelandse produk sal voeg. Volgens Toska Sem, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Burgerlugvaartowerheid, is die bedoeling om […]

Read More