SA regering sê loon-aanbod vir staatsamptenare gaan fiskus miljarde kos - November 19, 2022

Die Suid-Afrikaanse regering sê sy loon-aanbod van 7,5 persent vir staatsamptenare gaan die fiskus 31 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die departement van openbare dienste en administrasie sê die finale aanbod bestaan uit ‘n drie persent pensioendraende en 4,5 persent nie-pensioendraende verhoging. Die jongste aanbod volg na die aankondiging van ‘n landwye afsluiting deur die vakbondfederasies […]

Read More

Verontwaardiging oor VSA se ommeswaai oor moord op joernalis - November 19, 2022

Amerikaanse President Joe Biden word van boedeloorgee beskuldig ná sy administrasie gesê het die Saoedi-Aabiese kroonprins moet nie vervolg word weens die moord op ‘n Amerikaanse joernalis nie. Biden het voorheen beloof om sondebokke te maak van die land se heersers ná die dood in 2018 van Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Istanbul, Turkye. […]

Read More

Tennis: Rublev skakel Tsitsispas in Italië uit - November 19, 2022

Tennis: Andrey Rublev het die gesogte laaste vier van die ATP-Finals in Turyn, Italië vir die eerste keer in die vier jaar wat hy aan die toernooi deelneem, gehaal. Hy het Stefanos Tsitsipas van Griekeland Vrydagaand met 3-6, 6-3, 6-2 uitgeskakel. Die Rus kom vandag in die halfeindronde teen die Noorweër Casper Ruud te staan, […]

Read More

Presidensie sê Geingob beïnvloed nie stemproses op Swapo-kongres - November 19, 2022

Die Namibiese Presidensie sê in ‘n mediaverklaring President Hage Geingob het geen afgevaardigde gekontak om hulle te beïnvloed ten gunste van enige kandidaat wat vir die visepresident-posisie meeding nie. Daar is ernstige kommer oor individue wat bedrieglik beweer dat hulle President Geingob is wat die Swapo Party se afgevaardigdes na die 7de Swapo-kongres gekontak het […]

Read More

Copps 94.1: Voorval van geslagsgeweld - November 19, 2022

Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad op grondvlak […]

Read More

COP27 Klimaatberaad tot vandag verleng - November 19, 2022

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê politieke wil is nodig om die klimaatkrisis aan te pak. Hy het lande op die COP27-klimaatberaad in Sharm El Sheikh in Egipte toegespreek. Die beraad het moes Vrydag ten einde loop, maar is met ‘n dag verleng. Baie afgevaardigdes voel daar was min vordering met die […]

Read More

Sokkerwêreldbeker: Geen bier in stadions - November 19, 2022

Sokker: Wêreldbeker-toeskouers in Katar sal nie toegelaat word om bier te koop by die stadions nie. Die openingswedstryd tussen die gasheer en Ecuador vind môre in Al Khor plaas. Nie-alkoholiese bier sal wel beskikbaar wees. Meer toeskouers vanuit die Midde-Ooste en Suid-Asië word verwag, waar drank nie so belangrik is nie. Die drankbeperkings is effens […]

Read More

Nanso sê tekort aan onderwysers is landswyd - November 19, 2022

Die Namibiese studente-organisasie, Nanso, het gereageer op die land se reuse-tekort aan onderwysers, skole en klaskamers . Volgens die 15de Skooldag-verslag van die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, het die land ‘n totaal van 31 421 onderwysers vir 839 579 leerders, wat een onderwyser vir elke 26 leerders is. Die Ohangwena-streek het een onderwyser per […]

Read More

Ramaphosa: Dienslewering aan gemeenskappe moet verbeter - November 19, 2022

President Cyril Ramaphosa het provinsiale regerings versoek om met gemeenskappe saam te werk om vinniger ‘n verbetering in dienslewering te verseker. Hy sê die Neem die Parlement na die Mense-program is daarop gemik om oplossings vir dienslewerings-uitdagings te vind. Hy sê dit bevorder ook openbare deelname aan die parlement se prosesse wat die raad dan […]

Read More

Helfte van Oekraïne se kragnetwerk buite werking - November 19, 2022

Volgens die Oekraïnse eerste minister, Denys Shmyhal, moet byna die helfte van die land se kragnetwerk herstel word ná die onlangse vlaag Russiese missiel-aanvalle. Die kragvoorsiening aan miljoene Oekraïners is ná die aanvalle ontwrig. Hy sê net op 15 November het Rusland sowat 100 missiele op Oekraïnse stede afgevuur. Die eerste minister het ‘n beroep […]

Read More