
MIV kan teen 2030 oorwin word - December 6, 2022
‘n Span maatskaplike-uitwerkings-ondernemings onder die vaandel van BroadReach Group, stem saam dat Afrika MIV teen 2030 kan oorwin as kwesbare groepe vooropgestel word. Die groep sê dit kan gedoen word deur daarop te fokus om hulle lewenslank met behandeling te ondersteun. Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies was vroue en meisies verantwoordelik vir 63 […]
Langvertraagde COP15 skop in Kanada af - December 6, 2022
’n Sleutelberaad van die Verenigde Nasies om natuurverlies te stuit, begin hierdie week in Montreal, Kanada. Bekend as COP15, sal afgevaardigdes van byna 200 lande twee weke spandeer om ‘n nuwe wêreldwye ooreenkoms uit te voer om die wêreld se sukkelende spesies en vinnig verdwynende natuurskoon te beskerm. China beklee die COP15-presidentskap. Die Konvensie op […]
Houtskoolvereniging reageer op Schlettwein se mopane-klagtes - December 6, 2022
Reaksie word ontvang op ‘n sosiale media plasing deur landbouminister Calle Schlettwein. Hy het foto’s van ou mopanebome geplaas wat volgens hom gekap word vir die houtskool bedryf. Hy sê dit is hartverskeurend maar ook teenstrydig met die bousbouwetgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, die hoof van die plaaslike houtskoolvereniging gepraat. Hy sê […]
Naspeurbaarheid van pelsprodukte wyd verwelkom - December 6, 2022
Reaksie word ontvang op die nuus dat ’n unieke kode op die etiket van pelskledingstukke aangebring sal word om toe te laat dat die oorsprong tot op die plaas bepaal kan word, nes dit met die plaaslike vleisbedryf reeds in plek is. Dit is baie goeie nuus vir die Swakarabedryf, wat hoogs kwesbaar is vir […]
China tans boaan die lys vir Namibiese uitvoere - December 6, 2022
Handelstatistieke vir Oktober vanjaar is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelsbalans toon steeds ‘n tekort maar, het met 33,5 persent verbeter tenoor September en met 69 persent teenoor Oktober verlede jaar. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê gedurende Oktober was China Namibië se grootste uitvoermark en uitvoere was primêr uraan, diamante, goud en petroleum-olies. Vis is die enigste […]
IPC spreek voordele, S&T by Stad Windhoek aan - December 6, 2022
Die Independent Patriots for Change-party het vanoggend ‘n perskonferensie oor partyaangeleenthede in die Khomas-streek gehou. Verskeie kwessies is aangespreek, ook sy kandidate vir Stad Windhoek. Die party se streeksvoorsitter Fritz Kaufmann sê die party spreek hom ten sterkste uit oor reis en verblyf toelae en ander voordele by Stad Windhoek.
Eskom wat wou… Zim het 19 ure beurtkrag daagliks! - December 6, 2022
Zimbabwiërs word daagliks aan 19 ure se kragonderbrekings onderwerp omdat daar nie genoeg water in die Kariba-dam is om die land se hoof hidroëlektriese-skema aan te dryf nie. Die ergste onderbrekings sedert 2019 saai verwoesting, veral in die verkeer, en onderbreek selfoondienste omdat batterye wat gebruik word om basisstasies aan te dryf nie tyd het om te herlaai nie. Supermarkte, restaurante […]
Hoekom gebruik Harry en Meghan dan hul koninklike titels? - December 6, 2022
Die tweede lokprent van prins Harry en sy vrou Meghan se Netflix-dokumentêr lok steeds reaksie uit en die egpaar gaan gebuk onder kritiek omdat hulle meen, hulle alleen weet die waarheid. Die Britse koninklike-kenner Robert Lacey sê dit is interessant dat Harry en Meghan die koninklike familie aanval wat die oorsprong is van die koninklike […]
Unam kap terug oor ‘akkreditasie’ van kursusse - December 6, 2022
Die Universiteit van Namibië sê hy is die een wat wag op akkreditasie van die nuwe kursusse wat hy aanbied vir die 2023-akademiese jaar. Dit volg na die Nasionale Raad vir Hoëronderwys en die Namibiese Kwalifikasie-owerheid die universiteit daarvan beskuldig het dat hy kursusse wat nie geakkrediteer is nie, bemark. Die twee instansies het ‘n skrywe aan die […]
Lesufi fokus op staatsbank, in plaas van kleinsake bystaan - December 6, 2022
Die DA in Gauteng sê pleks daarvan dat premier Panyaza Lesufi daarop fokus oor hoe hy klein ondernemings kan bystaan om uit te brei en hul inkomste te verhoog deur sake met die regering te doen, wil hy nou ‘n staatsbeheerde bank vestig. Die voormalige premier van Gauteng, David Makhura, het die idee die eerste […]