
Drie kinders daagliks van 1 Januarie tot nou in SA vermoor - October 21, 2022
‘n Verslag van die internasionale nuusagentskap Al Jazeera het onthul dat altesaam 546 Suid-Afrikaanse kinders in die eerste ses maande van die jaar vermoor is. Dit beteken daar word gemiddeld elke dag drie kinders in die buurland vermoor. In die jongste geval is ‘n vierjarige meisie, Bokgabo Poo, ontvoer, verkrag en vermink. Die plaaslike verteenwoordiger […]
Leeus se begin vyftiental aangepas vir môre - October 21, 2022
Die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, het net twee veranderings aan sy begin-vyftiental aangebring vir môre se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen die Glasgow Warriors in Johannesburg. Dit volg nadat die span verlede naweek teen Ulster verloor het. Die jong Jordan Hendrikse, broer van die Springbok-skrumskakel Jaden, gaan op losskakel begin, met Gianni Lombard wat bank […]
Tshwane bestee R143m op opruiming van onwettige stortingsterreine - October 21, 2022
Nes in Namibië het Suid-Afrika ook uitdagings met onwettige stortingsterreine maar, die skaal is natuurlik groter. Die Stad Tshwane sê onwettige storting bly ‘n voortdurende probleem met negatiewe finansiële uitwerkings vir die stad. Die stad het in die afgelope boekjaar 143,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om onwettige stortingsterreine skoon te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- […]
Vier veldbrande vanmiddag aangemeld - October 21, 2022
Veldbrande kom weer vandag voor met vier brande wat aangemeld is. Op Araob, ongeveer 170 kilometer suid-oos van Keetmanshoop brand twee plase op die oomblik en die omvang moet nog bepaal word. Boere in die gebied is gemaan om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees. Intussen brand dit ook weer tussen Windhoek en Rehoboth op die […]
Ou mense wat 30 jaar voordeel trek moet waai – IPC - October 21, 2022
Die Erongo-leierskap van die Independent Patriots for Change sê daar is geen manier wat Namibiërs kan toelaat dat ou mense wat die afgelope 30 jaar genoeg baat gevind het om weer die land te regeer nie. Volgens hulle wys die sosio-ekonomiese status van die land alleen dat ’n mens nie op geskiedenis kan staatmaak om […]
Regstappe dreig oor wysiging aan kieswet in SA - October 21, 2022
Verskeie burgerlike samelewingsgroepe in die buurland sê hulle sal regstappe instel ná die aanneming van die Verkiesings-wysigingswetsontwerp. Die Nasionale Vergadering het ten gunste van die wetsontwerp gestem wat deur verskeie organisasies gekritiseer is. Dit sal onafhanklike kandidate toelaat om in die nasionale en provinsiale verkiesing mee te ding. Die voorsitter van die Onafhanklike Kandidate-vereniging, Michael […]
Zim dring deur na Super 12’s… vir die eerste keer! - October 21, 2022
Zimbabwe het die eerste keer deurgedring tot die Super 12’s van die T20-Wêreldbekertoernooi toe hulle Skotland in hulle eerste-ronde-wedstryd in Hobart, Australië, met vyf paaltjies geklop het. Die Skotte kon net 132 vir ses in hulle 20 boulbeurte aanteken, met George Munsey se 54 die hoogste individuele telling. Zimbabwe het swak begin en hulle tweede […]
eThekwini moet riool aanspreek of ActionSA nader die hof - October 21, 2022
ActionSA in KwaZulu-Natal sê sy regspan het ‘n brief aan die eThekwini-munisipaliteit gestuur wat reis die die vloei van riool in die rivierstelsels in die stad wat gelei het tot die sluiting van strande, gesondheidsorg vir inwoners en die langtermynskade aan sensitiewe ekosisteme, onmiddellik aangespreek word. Toerisme het reeds met 80 persent afgeneem. ActionSA se […]
71 uit 470 toelaag-begunstigdes in Kavango is wettig – ondersoek - October 21, 2022
Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en maatskaplike welsyn sê dat begunstigdes in die Kavango Wes-streek weer op die stelsel is vir maatskaplike toelae. Dit volg na ‘n ondersoek deur die polisie getoon het dat daar moontlik 470 begunstigdes is van die ongeskiktheidstoelaag wat bedrieglik was. Betalings aan die begunstigdes is onmiddellik gestaak en die ondersoek is verdiep. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, […]
Beurtkrag beïnvloed Namibiese vragvervoer - October 21, 2022
Beurtkrag beïnvloed nie net inwoners van Suid-Afrika nie, dit raak ook logistieke vervoer. Die grensposte maak ook staat op kragtoevoer en bystand stelsels is nie altyd in werking nie. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Vervoer sê die uitdagings duur voort na Covid maar, hy bly positief.