
Sal e-tol gelde terugbetaal word? - November 2, 2022
Tolhekke blyk om oral in die nuus te wees. Vanuit Suid-Afrika berig Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent Fritz Platt dat met die onlangse aankondiging deur die Suid Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, dat tolhek-fooie in Gauteng geskrap is wonder baie inwoners daar of hul geld, wat hulle al jare lank aan e-tol-fooie spandeer het, terugbetaal […]
Rishi baklei hard terug in die parlement, Arbeid looi hom - November 2, 2022
Dis vra en antwoord tyd vir die eerste minister in die Britse parlement en die premier Rishi Sunak loop deur onder vrae van die Arbeidersparty maar, hy baklei goed terug. Sunak het so gereageer na die Arbeiderparty se LP Chris Bryant hom gevra het hoe op dees aarde die Tories na 12 jaar so gemors […]
Dida, koningin van Tsavo, sterf - November 2, 2022
Die ikoniese Keniaanse olifantkoei Dida, wat vermoedelik die langste tande op die vasteland gehad het, is weens ouderdom dood. Sy was uiters gewild onder toeriste en onmiddellik herkenbaar as gevolg van die lengte van haar tande. Dida was tussen 60 en 65 jaar oud en die martriarg van haar trop. Dida, wat algemeen bekend is […]
DA skep wetsontwerp om Ministeriële Handboek se magte in te perk - November 2, 2022
Die DA in Suid-Afrika het ‘n Privaat Lede Wetsontwerp bekend gestel wat daarop gemik is om die president se magte oor die Ministeriële Handboek in te perk. Die party sê hy het oor die afgelope dekades skandalige misbruike van die Ministeriële Handboek blootgelê, deur feitlik elke demokraties-verkose president wat die land gehad het. Leon Schreiber […]
Werkers van Otji-munisipaliteit hou protesoptog - November 2, 2022
Meer as 120 werknemers van die Otjiwarongo-munisipaliteit het vanoggend ‘n vreedsame betoging gehou vir beter werksomstandighede. Hulle sê die munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi, is ‘n outokraat. Die werkers het petisie opgetrek en wou dit aan hom oorhandig maar hy het sonder om enigiets te sê, geweier om dit te aanvaar. Die werkers eis […]
Johannesburg werk aan beter bouplan-goedkeuring - November 2, 2022
Die Stad Johannesburg sê hy maak vordering met die versnelling van bouplan-goedkeuring in voorheen benadeelde gebiede deur die Boupermit-bestuurstelsel. Die stelsel is in Januarie amptelik van stapel gestuur en poog om die indiening en goedkeuring van bouplanne vanaf skriftelik na digitaal te verander. Die burgemeesterskomiteelid vir Ontwikkelingsbeplanning, Belinda Echeozonjoku, sê die departement het onlangs 109 […]
Trump sal na middeltermyn verkiesings sy kandidaatskap verklaar – bronne - November 2, 2022
Internasionale nuusagentskappe berig dat bronne na aan oudpresident Donald Trump bevestig dat hy na die Amerikaanse middeltermyn verkiesings op 8 November, sy veldtog vir die 2024-verkiesing sal aankondig. Trump se stafhoof by die Withuis Reince Priebus het bevestig dat hy 95 persent seker is Trump sal in die verkiesing staan, hy wag net vir die […]
Maketa is tussentydse hoofafrigter van Proteas - November 2, 2022
Malibongwe Maketa is as die tussentydse hoofafrigter van die Proteas aangestel vir die komende toetsreeks van drie wedstryde in Australië. Maketa, wat tans Suid-Afrika A se afrigter is en aan die hoof van die Nasionale Akademie staan, sal vanaf Desember tot vroeg in Januarie beheer neem oor die toetsgroep, terwyl hulle voorberei om Australië te […]
Iga skop WTA-eindtoernooi met oorwinning af - November 2, 2022
Die wêreld nommer een, Iga Swiatek, het Daria Kasatkina in skoon stelle geklop om die WTA-eindtoernooi met ‘n oorwinning af te skop. Die agt enkelspelers wat die hoogste op die ranglys is, asook dubbelspelspanne, ding mee in die jaareindtoernooi in Texas. Die 21-jarige Swiatek van Pole het die Rus 6-2, 6-3 verslaan, wat haar 46ste […]
NWR vra geduld, sê hy is besig met opknappings - November 2, 2022
Namibia Wildlife Resorts sê hy het kennis geneem van die talle klagtes op sosiale media oor infrastruktuur en dienste by van sy oorde, veral binne Etosha Nasionale Park. Volgens die NWR is daar onlangs ‘n opknappingsprojek aangekondig en dit duur voort. Daar is 60 miljoen Namibiese dollar begroot daarvoor en die eerste voltooiings sal teen […]