
Otjomuise-fees sluit die naweek af, roer jou! - October 21, 2022
Die Jaarlikse Otjomuise Live Arts Festival sluit die naweek af. Die fees, ‘n projek deur die Nasionale Teater van Namibië en die Goethe-sentrum sluit af met verskeie vertonings rondom Windhoek en Groot-Aub. Desiree Mentor, NTN se skakelbeampte deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…
Gauteng se water is alles van Lesotho af - October 21, 2022
Die uitvoerende hoof van Rand Water, Sipho Mosai, sê al die water wat Gauteng se inwoners verbruik kom van Lesotho af, omdat Suid-Afrika nie genoeg varswaterbronne het om in die land se behoeftes te voorsien nie. Die gemiddelde waterverbruik in Suid-Afrika is 233-liters per persoon per dag, vergeleke met ‘n wêreld-gemiddeld van 173. Dit is […]
BoN is ‘ook bekommerd’ oor beslagleggings, kredietreëls - October 21, 2022
Die Bank van Namibië sê hy is ook bekommerd oor die stand van sake in verband met huishoudings en hul kredietverlening. Die aanmerkings kom op reaksie op President Hage Geingob wat sê die Bank van Namibië moet die kwessie van bankfooie, beslagleggings op eiendomme en onregverdige kredietbepalings aanspreek. In sy mening moet instansies versigtig wees […]
Etosha se paaie: Kabinet keur opknappingstrategie goed - October 21, 2022
Die Namibiese kabinet het die strategie vir die finansiering van die instandhouding van die paaie in Etosha Nasionale Park goedgekeur. Die strategie is deur die finansministerie en die van openbare ondernemings saamgestel. Die Padfonds-administrasie sal saam met die omgewingsministerie die strategie moet befonds om die paaie in die nasionale park op te knap en in […]
Drie kinders daagliks van 1 Januarie tot nou in SA vermoor - October 21, 2022
‘n Verslag van die internasionale nuusagentskap Al Jazeera het onthul dat altesaam 546 Suid-Afrikaanse kinders in die eerste ses maande van die jaar vermoor is. Dit beteken daar word gemiddeld elke dag drie kinders in die buurland vermoor. In die jongste geval is ‘n vierjarige meisie, Bokgabo Poo, ontvoer, verkrag en vermink. Die plaaslike verteenwoordiger […]
Leeus se begin vyftiental aangepas vir môre - October 21, 2022
Die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, het net twee veranderings aan sy begin-vyftiental aangebring vir môre se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen die Glasgow Warriors in Johannesburg. Dit volg nadat die span verlede naweek teen Ulster verloor het. Die jong Jordan Hendrikse, broer van die Springbok-skrumskakel Jaden, gaan op losskakel begin, met Gianni Lombard wat bank […]
Tshwane bestee R143m op opruiming van onwettige stortingsterreine - October 21, 2022
Nes in Namibië het Suid-Afrika ook uitdagings met onwettige stortingsterreine maar, die skaal is natuurlik groter. Die Stad Tshwane sê onwettige storting bly ‘n voortdurende probleem met negatiewe finansiële uitwerkings vir die stad. Die stad het in die afgelope boekjaar 143,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om onwettige stortingsterreine skoon te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- […]
Vier veldbrande vanmiddag aangemeld - October 21, 2022
Veldbrande kom weer vandag voor met vier brande wat aangemeld is. Op Araob, ongeveer 170 kilometer suid-oos van Keetmanshoop brand twee plase op die oomblik en die omvang moet nog bepaal word. Boere in die gebied is gemaan om op ‘n gereedheidsgrondslag te wees. Intussen brand dit ook weer tussen Windhoek en Rehoboth op die […]
Ou mense wat 30 jaar voordeel trek moet waai – IPC - October 21, 2022
Die Erongo-leierskap van die Independent Patriots for Change sê daar is geen manier wat Namibiërs kan toelaat dat ou mense wat die afgelope 30 jaar genoeg baat gevind het om weer die land te regeer nie. Volgens hulle wys die sosio-ekonomiese status van die land alleen dat ’n mens nie op geskiedenis kan staatmaak om […]
Regstappe dreig oor wysiging aan kieswet in SA - October 21, 2022
Verskeie burgerlike samelewingsgroepe in die buurland sê hulle sal regstappe instel ná die aanneming van die Verkiesings-wysigingswetsontwerp. Die Nasionale Vergadering het ten gunste van die wetsontwerp gestem wat deur verskeie organisasies gekritiseer is. Dit sal onafhanklike kandidate toelaat om in die nasionale en provinsiale verkiesing mee te ding. Die voorsitter van die Onafhanklike Kandidate-vereniging, Michael […]