Busse gebrand, gekaap tydens Kaapse taxi-staking - November 21, 2022

Die Stad Kaapstad sê die taxistaking se impak in die stad was tot dusver vanoggend gering. Taxi-operateurs staak oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Blue Dot-taxiprojek te staak. Die stad se woordvoerder, JP Smith, sê daar was lafhartige aanvalle op sommige van die stad se voertuie toe twee Golden Arrow- en ‘n MyCiti-bus […]

Read More

Namport vertoon uiters goed in eerste 7 maande - November 21, 2022

Namport het 20 persent meer verdien, 796 miljoen Namibiese dollar, vir die sewe maande tot einde Oktober vanjaar. Die hawe-owerheid se uitvoerende hoof Andrew Kanime, sê dus het bedryfswins met 63 persent tot 202 miljoen dollar gestyg. Volgens Kanime is dit organiese groei en nie as gevolg van enige tariefaanpassings nie. Hy sê beide ou en nuwe kliënte is verwelkom en bedien. Die owerheid […]

Read More

DA verwelkom beslissing dat Zuma se mediese parool onwettig is - November 21, 2022

Die DA verwelkom die Appèlhof se uitspraak dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig was. Die DA het op 10 September 2021 by die Gautengse hoërhof aansoek gedoen om Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, se besluit om oudpresident Jacob Zuma op mediese parool te plaas, te hersien en tersyde te stel. Die aansoek het […]

Read More

Noord-Korea soek aandag, meen kenner - November 21, 2022

Charley Cooper, voormalige militêre adviseur van die Amerikaanse regering, sê Noord-Korea ‘soek aandag’. Volgens Cooper is Noord-Korea ‘n onbekende vir die Weste sowel as sy eie bondgenote. Hy verduidelik.

Read More

Nienaber roep ses spelers op vir Engeland-toets - November 21, 2022

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het ses spelers opgeroep om by sy groep aan te sluit vir Saterdag se laaste toets teen Engeland op Twickenham. Dit volg nadat sommige spelers soos Cheslin Kolbe en Vincent Koch na hulle klubs moes terugkeer omdat die kragmeting buite die internasionale toets-tydperk val. Suid-Afrika “A” se kaptein Thomas du Toit, […]

Read More

Amushelelo gaan reguit Chinatown toe na landdros sy saak onttrek - November 21, 2022

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo het die gras onder sy voete laat groei nie. Hy is kort na sy saak in die Katutura-landdroshof onttrek is as gevolg van ‘n vertraging deur die aanklaer-generaal om klagte te finaliseer, sy opwagting in Chinatown in die hoofstad gemaak. Hy het met van die Chinese handelaars gepraat oor die […]

Read More

Saak teen Amushelelo, Nauyoma eers onttrek - November 21, 2022

Die kriminele saak teen die omstrede aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, saam met ses ander is vanoggend in die landdroshof in Katutura onttrek. Die twee se regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo het dit aan plaaslike media bevestig. Die agt is deur die Spesiale Reserwemag van die Namibiese polisie in Mei vanjaar in hegtenis geneem tydens ‘n betoging […]

Read More

N/a’an ku sê en ministerie moet ophou baklei, albei is nodig - November 21, 2022

Die Namibiese omgewingsministerie en N/a’an ku sê se stryd duur voort oor nuwe regulasies en rolspelers in bewaring meen dit is onnodig. Dit volg nadat die omgewingsministerie aanvoer dat daar wel deeglike konsultasie oor die nuwe regulasies rakende die aanhouding van groot karnivore in 2018 met rolspelers was. N/a’an ku sê wil die ministerie hoërhof […]

Read More

Reaksie op die kansellasie van Zuma se mediese parool - November 21, 2022

Die Appèlhof het oudpresident Jacob Zuma se appèl teen ‘n hooggeregshofbeslissing wat sy mediese parool tersyde stel, van die hand gewys. Zuma en die departement van korrektiewe dienste moet ook die regskoste van die DA, die Helen Suzman-stigting en AfriForum betaal. Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels […]

Read More

FTX skuld US$3,1 miljard aan ‘n miljoen krediteure - November 21, 2022

Die bankrot kripto-beurs FTX skuld sy 50 grootste krediteure byna 3,1 miljard Amerikaanse dollar, volgens sy stukke wat hy by die hof ingedien het. Die beurs – wat vroeër vanjaar 32 miljard Amerikaanse dollar werd was – het op 11 November, na ‘n week van likiditeitskrisis, aansoek gedoen om Hoofstuk 11-bankrotskap. Sy 30-jarige stigter, Sam Bankman-Fried, het ook […]

Read More