
Diamantsaak tussen likwidateurs en polisie geskik - December 8, 2022
‘n Skikkingsooreenkoms is tussen die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, saam met die veiligheidsministerie, die ministerie van myne en energie, die diamantkommissaris en die meester van die hoërhof, onderteken. Die hoërhofsaak handel oor 14 miljoen Namibiese dollar se diamante. Die twee sê in hul stukke hulle is in 2010 aangestel om die bankrot Bret Investments te likwideer maar, ‘n regsgeding […]
Klimaatsverandering kan plaaslike landbou-produksie raak - December 8, 2022
Volgens die Bank van Namibië is een van die groter uitdagings vir plaaslike ekonomiese groei die impak van klimaatsverandering op landbou-produksie. Volgens die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, sal ons in die volgende 20 jaar reeds groot uitdagings hê beesboerdery en die aanplant van mahangu in die noorde. Maar, […]
Kommer oor moontlikheid van nuwe Covid-variant in SA - December 8, 2022
‘n Verslag deur die Afrika-instituut vir Gesondheidsnavorsing waarsku daar kan ‘n nuwe en gevaarlike Covid-19-stam in Suid-Afrika ontstaan. Volgens die verslag kan die virus steeds muteer aangesien die land meer as 9 000 aktiewe gevalle het. ‘n Professor aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Mosa Moshabela, sê mense met swak immuunstelsels verkeer in meer gevaar:
Beurtkrag: Fase 6 tot môre - December 8, 2022
Eskom het aangekondig hy sal beurtkrag die naweek tot fase vyf verlaag. Die kragvoorsiener het bevestig fase ses duur voort tot vyf-uur môreoggend. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verhoogde kragonderbrekings is te wyte aan die uitputting van die begroting om diesel te koop vir die oopsiklus-gasturbines. Hy sê Eskom word gedwing om die oorblywende dieselvoorraad […]
Swapo: Nog ‘n uitdaging op kongres-uitslae soos poliburo aangekondig word - December 8, 2022
Die nuwe Swapo politburo is tydens ‘n sentrale komitee-vergadering verkies met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, ministers Frans Kapofi, Iipumbu Shiimi, Anna Nghipondoka en Lucia Witbooi wat die Politburo gehaal het. Ander hooggeplaastes was nie so gelukkig nie, soos onder meer omgewingsminister en vise-presidentskandidaat van Swapo Pohamba Shifeta, asook die meer omstrede Katrina Hanse-Himarwa en dr. […]
Waluś sal na 2 jaar na Pole gedeporteer word - December 8, 2022
Chris Hani se moordenaar sal vir twee jaar gemeenskapsdiens in Suid-Afrika uitdien voordat hy na Pole gedeporteer word. Die 69-jarige Janusz Waluś, wat in Pole gebore is, is gister op parool vrygelaat nadat hy meer as 28-jaar uitgedien het vir die moord op die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in April 1993. Korrektiewe Dienste […]
Nepad identifiseer aandrywers van konflik in Afrika - December 8, 2022
Die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling, Nepad, glo armoede, marginalisering en ongelykheid is sleutel-aandrywers van konflik. Die nuwe uitvoerende hoof, Nardos Bekele-Thomas, sê die vasteland moet stappe doen om hierdie uitdagings uit te roei. Sy het tydens die Energise Africa-geleentheid gesê nie een van die doelwitte kan bereik word sonder eenheid nie. Bekele-Thomas sê […]
Amerika onthou slagoffers van wapengeweld - December 8, 2022
Daar is verskeie geleenthede regoor die VSA gehou vir die slagoffers van wapengeweld. President Joe Biden is die eerste president wat ‘n waak bygewoon het, die een in Washington wat die slagoffers van die 2012 Sandy Hook massaskietery, waar 20 dood is, onthou het. Wapengeweld is ‘n baie groot uitdaging vir die VSA en in […]
NHE se behuisingsprojek vorder - December 7, 2022
Die Nasionale Behuisingsonderneming, NHE, bou tans 70 huise by Okahao, 65 huise by Gobabis, 50 by Omuthiya, 33 by Tsandi en 24 by Ondangwa. Die behuisingsprojek sal na verwagting 75 miljoen Namibiese dollar kos. NHE kontrakteer private ontwikkelaars en werk saam met private finansiers wat huise bou met hul eie kapitaal en eers na die verkoop van […]
Eskom: Eenheid 1 van Koeberg-kragstasie vanaand aflyn - December 7, 2022
Eskom het bevestig Eenheid 1 van die Koeberg-kragstasie gaan vanaand aflyn. Deur die eenheid aflyn te neem, sal 1 000 MegaWatt van die netwerk verwyder word. Suid-Afrika is tans op Fase 6-beurtkrag, maar die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland voorspel dat daar moontlik na hoër fases van kragonderbrekings sal gaan. Eskom verwag beurtkrag gaan vererger weens […]