
Anne Heche het dwelms haar stelsel gehad tydens noodlottige ongeluk - December 8, 2022
Die Amerikaanse aktrise Anne Heche het kokaïen in haar stelsel gehad ten tyde van die noodlottige motorongeluk in Augustus toe sy in ‘n huis in Los Angeles vasgejaag het, volgens die finale lykskouing- en toksilogieverslag. Die staatspatoloog se verslag wys dat die Emmy-bekroonde aktrise positief getoets het vir besoïlekgonien, kokaïen, fentaniel en dagga. Die verslag […]
Plaaslike reaksie op daling in vervoerkoste in SA - December 8, 2022
Die Namibiese Logistieke-Vereniging het gereageer op berigte uit Suid-Afrika dat die daling in die prys van diesel vervoerpryse sal laat daal en wel sal deurvloei na logistieke voorsieningskettings. Terwyl brandstof steeds meer as 30 persent duurder is vergeleke met die tyd verlede jaar, behoort daar wel effe verligting in die vooruitsig te wees. Harald Schmidt […]
Amupanda se erwe-hofsaak druk regering in ‘n lelike hoek - December 8, 2022
Die regering is in ‘n hoek gedruk in die saak waar die Affirmative Repositioning-beweging hom dagvaar vir die lewering van 200 000 erwe, of die diens van 200 000 erwe minus die wat reeds gelewer is, sedert 24 Julie 2015. Destyds het President Hage Geingob onderneem, na ‘n vergadering met Job Amupanda, om die erwe te lewer. Dit staat het gepoog om […]
Eerste minister sê oor voedselhulp as reën wegbly - December 8, 2022
Die reënseisoen tot dusver vertoon baie swak en daar is kommer oor voedseltekorte in gemeenskappe wat reeds kwesbaar is. Die kantoor van die eerste minister koördineer voedselhulp aan gemeenskappe ten tyde van droogtes en in gebiede waar voedselproduksie nie suksesvol was nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila gepraat en […]
Diefstal lei tot watertekorte op Walvis, geen kommer oor vakansie nie - December 8, 2022
Inwoners van Walvisbaai is gemaan om water spaarsamig te gebruik as gevolg van kabeldiefstal en skade wat deur onlangse sterk winde veroorsaak is. Volgens NamWater is die produksie van beide boorgate en reservoirs op die oomblik ver onder die teikens. Die probleem sal ook nie binnekort opgelos word nie, soos John Esterhuizen, die munisipaliteit se […]
Charles se eiergooier is skuldig bevind… - December 8, 2022
Soveel dae, soveel dinge… ‘n mens sou dink dat met die uitdagings wat Britte op die oomblik in die gesig staar, en weliswaar, inwoners van lande regoor die wêreld, dat maar meer is om oor bekommerd te wees. Die Britse polisie in Bedfordshire sê ‘n 28-jarige man is aangekla van ‘n openbare orde-oortreding nadat hy na bewering […]
Enoch se suikerbelasting is irrasioneel - December 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers-vereniging het ‘n voorlegging aan die Nasionale Tesourie gedoen waarin hy ‘n beroep op minister Enoch Godongwana doen om nie net die verhoging in die suikerbelasting op te skort nie, maar om die belasting heeltemal uit te skakel in die lig van die krisis waarin die Suid-Afrikaanse suikerbedryf hom bevind. Andrew Russel, voorsitter […]
Plaaslike owerhede deur adjunkminister gewaarsku - December 8, 2022
Streeks- en plaaslike owerheidsrade is gewaarsku teen die misbruik van openbare fondse en mag, sowel as stambondigheid, viktimisering en intimidasie. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Nathalia Goagoses sê dit het aan die lig gekom dat sommige raadslede grond aan mekaar toestaand ten koste van gemeenskappe en dat ander nie bevorder word nie, eenvoudig omdat daar nie van hulle gehou word nie. Voortdurende […]
DA het nie opgetree teen sy eie nie – ActionSA - December 8, 2022
ActionSA in die Wes-Kaap sê hy is in besit van ‘n forensiese ondersoekverslag in opdrag van die staatsprokureur, wat bevind het dat die provinsiale wetgewer se adjunkspeaker, Beverley Schafer, by verkwisting betrokke was. Dit is dieselfde aanklag wat teen voormalige speaker, Masizole Mnqasela, gelê is. Die ActionSA-lid, Michelle Wasserman, sê die DA het egter versuim […]
SAKP sal massas mobiliseer oor Waluś - December 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hy gaan voort om die massas op te sweep om te betoog teen die Konstitusionele Hof se beslissing dat Janusz Waluś op parool vrygelaat word. Die man wat die party se sekretaris-generaal Chris Hani doodgeskiet het, is gister op parool vrygelaat. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof bevind het die vorige besluit van […]