Werkgewersvereniging weet nie dat vakbond vies is nie

Reaksie word ontvang op die stelling van die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal Petersen Kambinda, wat sê hulle sal voortgaan met ‘n staking in die vervoerbedryf as nie aan al hul eise voldoen word nie. Kommunikasie met die Namibiese Werkgewersfedereasie se sekretaris-generaal, Daan Strauss, het reeds op 8 Februarie begin oor uitdagings in die […]

Read More

Eskom berei voor vir battery-stelsel

Eskom sê hy is in die finale stadium van vóór-kontrak onderhandelings vir die ontplooiing van die eerste fase van sy battery-energiebergingstelsel. Die projek ter waarde van sowat 5 miljard Suid-Afrikaanse rand is op die verlaging van koolstofvrystellings gemik. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, was die week in Washington DC waar hy vergaderings gehad […]

Read More

Afrika se CDC ontvang Paxlovid

Afrika se top-agentskap vir openbare gesondheid het ‘n memorandum van verstandhouding met Pfizer onderteken om voorrade van Paxlovid-pille na die vasteland te bring. Data toon dat Paxlovid byna 90 persent doeltreffend is in die voorkoming van hospitalisering en sterftes as gevolg van Covid. John Nkengasong, hoof van die Afrika-sentrum vir siektebeheer en -voorkoming sê hulle […]

Read More

26 000 wapens in Gauteng verwoes, na ballistiese toetse

Die polisie in Gauteng kon daarin slaag om beslag te lê op 26 002 vuurwapens. Dit volg nadat vuurwapens, ammunisie en vuurwapen-onderdele tydens misdaadvoorkomings-operasies afgeneem, vrywillig oorgegee of aan die staat verbeur is. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vuurwapens is in Vanderbijlpark vernietig. Sy sê ballistiese toetse is vooraf op alle vuurwapens gedoen om […]

Read More

Maskers sal bly tot ons voldoende spuit…

Die huidige Covid-maatreëls verval volgende week op 15 Maart en daar word binnekort ‘n aankondiging in die verband verwag. Daar is reeds lande wat verpligte gesigmaskers opgehef het en in Suid-Afrika word dit oorweeg. Namibiese Covid-gevalle is op die oomblik uiters laag maar, so ook is die inentingskoers wat op net meer as 20 persent […]

Read More

‘Bara’ het ‘n tekort aan brood gehad, dis al

Gauteng se LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, besoek vandag die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto, onder andere te midde van berigte oor ‘n tekort aan kos by die fasiliteit. Die DA is bekommerd dat die hospitaal sonder kos is as gevolg van die wanbestuur van kontrakte en verskaffers wat nie betaal word nie. […]

Read More

VSA gee nog bystand aan die Oekraïne

Die Amerikaanse senaat het die noodpakket van 204,5 miljard Namibiese dollar vir militêre en humanitêre hulp aan Oekraïne goedgekeur. Die leier van die Demokratiese meerderheid in die senaat, Chuck Schumer, sê hulle gee miljarde aan Oekraïne vir kos, medisyne, skuiling en ondersteuning vir die meer as 2 miljoen vlugtelinge wat die land moes verlaat, asook […]

Read More

Smollett gaan tronk toe, kry reuse-boete

‘n Hof in Chicago het die akteur Jussie Smollett, voormalige ster van die TV-drama Empire, tot 150 dae tronkstraf gevonnis omdat hy ‘n haatmisdaad teen homself opgemaak het. ‘n Jurie het in Desember verlede jaar die 39-jarige Smollett skuldig bevind aan vyf van die ses aanklagte van wanordelike gedrag wat hy in die gesig gestaar […]

Read More

Informele handelaars in die Kaap kry aandag

Om ‘n volhoubare omgewing vir informele handelaars te skep, is sekere reëls nodig om spanning te verlig en ‘n gevoel van gelykheid te skep in ‘n mededingende omgewing. Dit is die mening van die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos. Hy sê die direktoraat vir ekonomiese groei sal in komende begrotingsiklusse voorkeur […]

Read More

Angs, emosionele spanning neem toe

‘n Opname in Suid-Afrika deur ‘n vooraanstaande farmaseutiese maatskappy wys ‘n toename in emosionele spanning by Suid-Afrikaners as gevolg van die Covid-19 pandemie. Die skrywer Helen Nicholson sê die verslag wys 56 persent van die mense wat deel was van die opname, het meer sielkundige spanning as voor die pandemie, 52 persent het slaapprobleme, 49 […]

Read More