Inentings vir longsiekte begin Maandag

Kommunale boere in die Kavango Wes-streek sal binnekort inentings teen longsiekte ontvang nadat die landbouministerie nog voorraad bekom het. Die siekte teister boere in die gebied sedert die begin van die jaar. Regoor die streek is daar verskeie tekorte aan inentings maar die ministerie sê hy het entstof vanuit Botswana bekom. ‘n Uitbreking van longsiekte is reeds op 10 Maart […]

Read More

Nog vee, 22, op Nkurenkuru gesteel

Veediefstal neem regoor die land toe en bly in die nuus. In die jongste voorval polisie op Nkurenkuru in die Kavango Wes-streek dat 22 bees ter waarde van 187 500 Namibiese dollar gesteel is. Die diere is nog nie teruggevind nie en die ondersoek duur voort. Daar word vermoed die diere is moontlik oorgrens na Angola geneem. 

Read More

Sitrusbedryf in SA loop deur

Justin Chadwick, die Suid-Afrikaanse Sitruskwekers-vereniging se uitvoerende hoof het gereageer op die uitgebreide skade van miljoene Suid-Afrikaanse rand by die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap. Werkers het infrastruktuur en vrugte verwoes tydens ‘n staking vir ‘n hoër minimumloon. Dit kom na die bedryf reeds groot uitdagings beleef het met tekorte aan vraghouers vir uitvoere en meer. […]

Read More

SOS hou gala-geleentheid

Die SOS Children’s Village Namibia gaan op 24 Junie ‘n gala-dinee hou om fondse in te samel vir hul drie weeshuise in die land wat na 288 weerlose kinders omsien. Die gala-dinee sal ook die organisasie se stigter, Hermann Gmeiner herdenk. Die kommunikasiebeampte van die SOS Children’s Village, Severinus Sainga sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Basson sê oor Amushelelo, reserwemag by China Town ontplooi

Kommissaris Ismael Basson, bevelvoerder van die Khomas-streek, wou nie bevestig of Michael AmuKommissaris Ismael Basson, bevelvoerder van die Khomas-streek, wou nie bevestig of Michael Amushelelo homself oorhandig het aan die polisie of nie, maar sê hy is op klagte van aanhitsing tot geweld in hegtenis geneem.  Hy het lede van die publiek gemaan om nie reg in eie […]

Read More

Covid-gevalle neem stelselmatig toe

Covid-gevalle styg stadig maar seker in Namibië, nes wat verwag is met die kouer weer. Die jongste verslag het ‘n 18,2 positiewe koers met 210 nuwe gevalle uit net meer as 1 100 toetse. Die land is vir die eerste keer in ‘n lang tyd bo 1 000 aktiewe gevalle hospitaal-gevalle wat ook gestyg het […]

Read More

Amushelelo is gearresteer

Die Khomas streeksbevelvoerder kommissaris Ismael Basson het bevestig dat Michael Amushelelo in hegtenis geneem is. Dit kom na die opdrag deur die polisiehoof inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga gegee is. Amushelelo het gister, volgens owerhede, vir die soveelste keer besighede in die hoofstad gedwing om te sluit. Ingevolge die wet, kan politieke partye, in Amushelelo se geval die Namibia Economic Freedom Fighters, nie in die aktiwiteite betrokke raak nie.

Read More

Pryse sal bly styg, sê ekonoom

Met verhoogde insetkoste in die landbou-sektor, kan verbruikers steeds hoë voedselpryse verwag. Die onlangse verhogings in brandstofpryse, kunsmis en talle ander faktore wat boere se produksiekoste laat styg, en dit het daartoe gelei dat hulle ook die prys van hul produkte verhoog het. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

VN staan KZN by

Die Verenigde Nasies het 21 miljoen Suid-Afrikaanse rand van sy programbegroting toegewys om die ANC-regering te steun in sy hulp aan die KwaZulu-Natalse gemeenskappe wat die ergste geraak is deur die onlangse oorstromings. Die vloede, wat beskryf word as een van die ergste natuurrampe in die provinsie die afgelope jare, het meer as 430 lewens […]

Read More

Swart gat in Melkweg afgeneem

‘n Internasionale span sterrekundiges het die eerste beeld van ‘n supergroot swart gat in die middel van die Melkweg-konstellasie bekendgestel – ‘n kosmiese liggaam bekend as sadge-ay-ster. Die beeld is die eerste, regstreekse visuele bevestiging van die teenwoordigheid van hierdie onsigbare voorwerp. Swart gate is gebiede in die hemelruim waar die swaartekrag so intens is dat niks, selfs […]

Read More