Inentings vir longsiekte begin Maandag

Kommunale boere in die Kavango Wes-streek sal binnekort inentings teen longsiekte ontvang nadat die landbouministerie nog voorraad bekom het. Die siekte teister boere in die gebied sedert die begin van die jaar. Regoor die streek is daar verskeie tekorte aan inentings maar die ministerie sê hy het entstof vanuit Botswana bekom. ‘n Uitbreking van longsiekte is reeds op 10 Maart verklaar. Volgens Jona Musheko van die ministerie is spanne reeds in die streek ontplooi en inentings skop Maandag af. Longsiekte het ‘n mortaliteitsyfer van 50 persent.