Oos-Kaapse boere steier teen sprinkaanplaag

Die DA in die Oos-Kaap sê boere sukkel om hul plase te red tydens ‘n groot sprinkaan-plaag. Die DA het aan die premier, Oscar Mabuyane, geskryf om boere by te staan terwyl hulle nog besig is om te herstel ná die erge droogte. Die party se woordvoerder, Retief Odendaal, sê die huidige situasie word vererger […]

Read More

Dr. Tobie Aupindi sê samewerkingsverdrag met Rusland sal Namibië bevoordeel

Die Swapo-parlementslid, dr. Tobie Aupindi, sê Namibië sal baat vind by die samewerkingsverdrag met Rusland oor kwessies van wedersydse belang in die regsgemeenskap en misdaadbekamping. Dit is ten spyte van die voortslepende konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Aupindi het in die Nasionale Vergadering gesê net soos Namibië voordeel getrek het uit Rusland tydens die […]

Read More

Vermeende Kongolese dwelmsmokkelaar steeds op vrye voet ná hy ontsnap

‘n Kongolese vlugteling en vermeende dwelmsmokkelaar, die 32-jarige Gilbert Kalenga is steeds op vrye voet nadat hy Maandagaand uit die Swakopmund-aanhoudingselle ontsnap het. Kalenga van die Osire-vlugtelingskamp was in aanhouding vir die onwettige handel van dagga ter waarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar. Hy het ook ‘n hangende saak van die onwettige besit van kokaïen in 2019 teen hom. Hy het glo […]

Read More

EPRA reageer op Namibiese Beleggingsberaad in Dubai

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het gereageer op die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, wat by die Namibiese Beleggingsberaad in Dubai gesê het die wetsontwerp op beleggingsbevordering en -fasilitering sal ‘n bevorderde en goeie sake-omgewing in Namibië vir nuwe beleggingstrategieë skep. Dit is ondanks Ipumbu wat verlede jaar die wetsontwerp wat sy in die parlement ter tafel […]

Read More

SA Reserwebank verhoog terugkoopkoers met 4,25%

Mense sal meer vir hul skuld betaal, maar ook meer rente op hul spaargeld verdien. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 4,25 persent verhoog. Die bank het sy verwagtinge vir ekonomiese groei tot twee persent vir 2022 verhoog vanaf 1,7 persent by die Monetêre Beleidskomitee se vergadering in Januarie. Die president […]

Read More

Indiese sonaangedrewe voedsel-dehidreerder help boere minder vermors

Die mede-stigter van S4S Technologies, Nidhi Pant, sê ‘n sonkraggedrewe voedsel-dehidreerder sal Indiese boere help om vermorsing te verminder. Die dehidreerder verhoog die raklewe van produkte en dit kan vir 12 maande geberg word. Blykbaar gaan 40 persent van bederfbare kos jaarliks in die land verlore. Pant sê sonkrag-geleierdroeërs benodig geen elektrisiteit nie en kan voedsel tien keer vinniger droog as die son. 

Read More

SA Varsprodukte-uitvoerdersforum sê oorlog het invloed op uitvoere

Die Suid-Afrikaanse Varsprodukte-uitvoerdersforum sê die oorlog in Oekraïne het ‘n regstreekse invloed op hulle uitvoere na Rusland én Oekraïne. Dit is veral sigbaar in logistiek soos vertragings, beperkte toegang tot verskeping na St Petersburg, en bykomende koste. Uitvoerende hoof, Anton Kruger, sê daar is ’n beperkte aantal ander markte en bestemmings waarheen die vrugte herlei kan word. Hy sê die […]

Read More

AfriForum ontsteld oor kindermishandelingsaak wat sloer

AfriForum se privaat vervolgingseenheid sê hulle is ontsteld oor die vertraging in ‘n saak wat handel oor die mishandeling van ‘n minderjarige wat in 2018 in Noordwes plaasgevind het. ‘n Raadgewer by die eenheid, Natasha Venter, sê die landdroshof in Brits se besluit om die saak eers op 29 Augustus op die rol te plaas, […]

Read More

DA sê 25 korrupsiesake is in vyf jaar in Charlotte Maxeke-hospitaal ondersoek

Die DA in Gauteng sê 25 tugsake oor korrupsie het in die afgelope vyf jaar by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Hospitaal voorgekom. Ses het te doen gehad met ongerymdhede met die verkrygingsproses. Die LUR vir Gesondheid, Nomthemba Mokgethi, het die inligting bekend gemaak in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag van die DA in die […]

Read More

Outjo-vroue oorhandig petisie aan stasiebevelvoerder ná wrede moord op vrou 

‘n Groep vroue het vandag op Outjo ‘n protesoptog gehou ná die wreedaardige moord van die 30-jarige Duffie Hanes wie se kêrel en vermeende moordenaar haar  lewelose liggaam  met ‘n kruiwa na haar ma se huis aangery het. Die groep eis dat Hanes se vermeende moordenaar, die 42-jarige Piet Khamuseb, nie borgtog moet kry nie. Die groep het ‘n petisie aan die stasiebevelvoerder […]

Read More