Slawehandel vandag onthou…

Die Verenigde Nasies herdenk vandag Internasionale Dag van Herinnering aan die Slagoffers van Slawerny en die Transatlantiese Slawehandel. Die dag herdenk diegene wat gely het en dood is as gevolg van die transatlantiese slawehandel wat beskou word as die ergste skending van menseregte in die geskiedenis. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dis tyd […]

Read More

Reaksie op SARB rentekoers-verhoging

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het gereageer op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 4,25 persent verhoog het. Die bank het sy verwagtinge vir ekonomiese groei tot twee persent vir 2022 verhoog vanaf 1,7 persent by die Monetêre Beleidskomitee se vergadering in Januarie. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het inflasie en […]

Read More

Wêreld blyk om verder te verdeel

Amerika se president, Joe Biden, sê hy wil hê Rusland moet uit die G20-groep verwyder word. As ander nasies nie saamstem nie, gaan hy aandring dat Oekraïne die vergaderings bywoon. Amerika het nog sanksies aangekondig teen meer as 400 individue en instellings, insluitend meer as 300 lede van die Russiese Duma, oligarge en verdedigingsmaatskappye. Intussen […]

Read More

Calle ‘verkoop’ Neckartal in Dubai

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het oor moontlike beleggings by Neckartaldam in Dubai gepraat. Die ministerie het nog nie die hele 5 000 hektaar grond bekom vir die besproeiingsaanleg nie. Die dam, Namibië se grootste, met ‘n kapasiteit van 830 miljoen kubieke meter, is gebou met die doel om aanplantings op 5 000 hektaar te doen en sodoende voedselsekerheid te verbeter. […]

Read More

TUN eis verhoging of staking kom

Die sekretaris-generaal van die Onderwysers Vakbond van Namibië, TUN, Mahongora Kavihuha sê ‘n landwye staking sal plaasvind as onderwysers nie ‘n salarisverhoging ontvang nie. Nes ander staatsamptenare, het onderwysers in jare nie verhogings ontvang nie en volgens die minister van finansies Ipumbu Shiimi, is daar ook nie in die huidige boekjaar daarvoor begroot nie. Kavihuha sê genoeg is genoeg. Alles word duurder […]

Read More

NBL: Daar’s genoeg gars, dis net die prys wat wissel

Die indeks vir die vervaardiging van moutdranke soos bier en mout het in die vierde kwartaal van 2021 tot 131,2 basispunte gestyg – 6,5 basispunte hoër vanaf 124,7 basispunte wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2020 aangeteken is. Op ‘n jaargrondslag, is die inflasiekoers vir die vervaardiging van moutdranke en mout op 5,2 persent aangeteken, […]

Read More

Daar is nou 10 miljoen Oekraïnse vlugtelinge

Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge het bevestig 10 miljoen Oekraïners is nou vlugtelinge nadat hulle na buurlande gevlug het. Die Oekraïnse ambassadeur in Suid-Afrika, Liubov Abravitova, sê haar regering probeer steeds om meer burgers veilig te ontruim: Abravitova het erkenning gegee aan humanitêre groepe wat voortgaan om Oekraïnse vlugtelinge by te staan:  

Read More

SA-regbank is onpartydig – Zondo

Die aangewese hoofregter in Suid-Afrika, Raymond Zondo, het plegtig onderneem die regbank sal voortgaan om respek af te dwing en sal onpartydig bly. Hy het tydens ‘n inligtingsessie gesê posisies op die regbank word nie gevul gebaseer op gewildheid nie, maar om geregtigheid te verseker. Zondo het dié aangeleentheid aangeraak, nadat verskeie mense gesê het […]

Read More

Pap, rys, pasta, suiker ens., gaan op

Namib Mills het aangekondig dat die pryse van brood, mieliemeel, rys, kitspap-produkte, suiker en pasta vanaf 25 April 2022 styg. Mieliemeel styg met 3 persent, terwyl Top Score kitspap met 3,5 persent opgaan. Pasta is 5 persent duurder en koringmeel 6 persent. Brood styg met 3,5 persent, rys 4 persent en suiker, 3 persent. Namib Mills het […]

Read More

Dis die begin van Namibië se transformasie…

Namibiese President Hage Geingob het tydens die vieringe van Dubai-dag by die Dubai Ekspo 2020 in die Verenigde Arabiese Emirate gesê die Namibiese pawiljoen is deur 21 Namibiërs beman en deur 300 000 besoekers besoek. Hy het gesê met Namibië se bevordering van die Groen Waterstof-projek, en onlangse olie-ontdekkings deur internasionale olie-maatskappye, TotalEnergies en Shell, […]

Read More