Borgtogverhoor van twee NEFF-leiers duur môre voort

Die dringende borgtogaansoek van die twee NEFF-leiers, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, is uitgestel tot môreoggend nege-uur in die Windhoek-landdroshof in Katutura. Die borgtogverhoor sal voortduur met Amushelelo in die beskuldigdebank. Die twee is Vrydag saam met ses ander in China Town in Windhoek tydens ‘n betoging in hegtenis geneem. Die ander beskuldigdes is op borgtog vrygelaat.