Afrika, Namibië inkluis, sal moet werk aan voedselproduksie
Klimaatsverandering sal na verwagting veroorsaak dat die wêreldekonomie tussen 2070 en 2090 tot 50-persent van sy bruto binnelandse produk sal verloor. Die Instituut en Fakulteit van Aktuarisse waarsku in ‘n verslag dat ontkoling dringend moet geskied, die natuur herstel moet word en beleid aangepas moet word om die insolvensie van die planeet te vermy. Kosmos […]
Rook verhinder ondersoek na Woermann Brock-brand op Gobabis
Die Woermann Brock-winkel op Gobabis is Dinsdag basies in puin gelê in ‘n erge brand, maar niemand weet nog hoe dit begin het nie. NamPol Omaheke se streeksbevekvoerder, kommisaris Heinrich Tjiveze, gee ‘n opdatering en sê daar is steeds rook in die gebou.
Bouwerkerspensioenfonds betaal N$20 miljoen se voordele uit
Die Namibië Bouwerkerspensioenfonds het die afgelope jaar merkwaardige vordering gemaak en nuwe mylpale in dienslewering en ledevoordele vir die konstruksiebedryf bereik. In 2023 het die fonds meer as 20 miljoen Namibiese dollar se voordele uitbetaal, ‘n skerp toename vanaf 13 miljoen dollar in 2022, wat sy verbeterde bedryfskapasiteit weerspieël. Die fonds het ook onopgeëiste voordele […]
Borgaansoek in Sheehama-moordsaak uitgestel
Die borgtogaansoek van die sewe beskuldigdes in die moord op die student Matheus Sheehama in Julie verlede jaar is uitgestel. Die saak sal op 11, 13 en 14 Februarie in die Walvisbaai-landdroshof voortgaan aangesien die staatsaanklaer siek geword het. Sheehama se liggaam het vroeg in Augustus by Onafhanklikheidstrand uitgespoel nadat hy vir ‘n week vermis […]
MK-party vra Trump om Phala Phala te ondersoek
Die MK-party wil hê die Amerikaanse president, Donald Trump, moet vasstel hoe dit gebeur het dat Amerikaanse dollars in president Cyril Ramaphosa se meubels versteek was op sy plaas in Limpopo, Phala Phala. ‘n Komitee het in 2022 bevind Ramaphosa het dalk ‘n oortreding begaan. ANC-parlementslede wat destyds ‘n meerderheid in die Nasionale Vergadering gehad […]
SA Rugby kry groot Coca-Cola borgskap
Rugby: SA Rugby het ‘n ooreenkoms van vier jaar met een van die wêreld se grootste handelsmerke, Coca-Cola gesluit. Dit behels onder meer dat Coca-Cola se handelsmerk op al die Springbokspanne se wedstrydbroeke vertoon sal word. Dit tree môre in werking wanneer die Blitsbokke op die wêreldsewestoernooi in Perth, Australië, uitdraf. Die minister van Sport, […]
Oshivela-projek op rand van groenyster-produksie
Die eerste industriële produksie van yster teen netto nul-emissies gebaseer op die HyIron-tegnologie sal by die Oshivela-projek gevestig word. Die eerste projekfase beplan ‘n jaarlikse produksie van 15 000 ton direk verminderde yster. Volgens die projekontwikkelaars sal Oshivela een van die grootste primêre produksieterreine van groenyster wêreldwyd wees. Reeds in hierdie stadium sal die projek […]
Meld omgevalle kraglyne aan, dis gevaarlik!
Nored se woordvoerder, Simon Lukas, versoek die publiek gevra om enige omgevalle kraglyne aan te meld om veiligheid te verseker, veral gedurende die reënseisoen. Dit is omdat die kraglyne steeds lewendig is en ‘n veiligheidsgevaar inhou. Lukas het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê veiligheid is Nored se prioriteit. Nored se woordvoerder, Simon […]
Meer as 30 000 vlug voor nuwe naby LA
Meer as 30 000 mense is aangesê om hul huise noord van Los Angeles te verlaat nadat ‘n nuwe veldbrand in Kalifornië uitgebreek het. Nog 25 000 mense woon in sones wat ontruimingswaarskuwings ontvang het. Die jongste brand, genaamd die Hughes-brand, het gisteroggend laat naby die Castaic-meer ontstaan, sowat 60 kilometer van die Eaton- en […]
Trevor Noah gaan weer Grammys aanbied
Die Suid-Afrikaanse komediant en voormalige aanbieder van die Daily Show, Trevor Noah, gaan die vyfde agtereenvolgende jaar die jaarlikse Grammy-toekennings aanbied. Hy sal ook as ʼn vervaardiger van die regstreekse vertoning optree. Die 40-jarige Noah is benoem vir die beste komedie-album vir sy Netflix-produksie, Where Was I. Die Recording Academy sê vanjaar se seremonie het […]