
Efundja: Vlakke in oostelike, sentrale dele styg steeds - January 24, 2023
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê swaar reën sal vandag in noordelike dele van die land voorkom en behoort vir die res van die week te duur. Volgens die diens, styg die watervlakke in die sentrale en oostelike iishanas steeds en neerslae duur voort in die Cuvelai-bekken se opvangsgebied in die Suide van Angola. Vlakke by […]
Shangula vra weer Covid-toetse, en -spuite - January 24, 2023
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het Namibiërs versoek om hulself te beskerm deur vir Covid-19 getoets te word en te verseker dat hulle ingeënt word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy riglyne oor die dra van maskers in die openbaar aangepas en die dra van maskers aanbeveel. Shangula sê alhoewel die dra van maskers deur die […]
Sewe dood in nog ‘n massaskietery in VSA, 38ste geval tot dusver in ’23 - January 24, 2023
Daar was weer ‘n massaskietery in die VSA, etlike dae na die dood van 11 mense in Monterey Park in Kalifornië. Sewe mense in die noorde van die deelstaat in twee aanvalle naby Half Moon Bay doodgeskiet. ‘n Verdagte is reeds in hegtenis geneem. Dit is die 38ste massa-skietvoorval tot dusver die jaar in Amerika. […]
Beurtkrag: Daar’s effe verligting met fase drie, en later vier - January 24, 2023
Eskom het vanoggend fase drie-beurtkrag ingestel. Die kragvoorsiener het verder aangekondig fase vier sal daagliks tussen vier-uur namiddag en vyf-uur soggens ingestel word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die skedule sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Hy het verbruikers aangemoedig om elektrisiteit spaarsamig te gebruik:
Stad sleep Kanime hof toe, soek sy verdienste sedert Mei ’20 - January 24, 2023
Plaaslike media berig dat Stad Windhoek die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, hof toe sleep vir die terugbetaling van al sy inkomste wat hy in die pos sedert Mei 2020 verdien het. Dit sluit ook bonusse, en meer in. Die Stad sê hy is destyds onwettig aangestel. Die eis beloop 6,3 miljoen Namibiese dollar. […]
MUN en Osino teken loonooreenkoms - January 24, 2023
Die Mynwerkersvakbond van Namibië en Osino Gold Exploration and Mining by Karibib het ‘n suksesvolle ooreenkoms bereik vir loonverhogings. Alle werknemers wat ‘n basiese salaris van 6 000 Namibiese dollar en minder verdien, sal ‘n verhoging van 8 persent op die basiese loon ontvang. Alle werknemers wat ‘n basiese salaris van 6 000 dollar en […]
Leopard 2-tenks: Duitsland steeds huiwerig, maar sal nie in Pole se pad staan nie - January 24, 2023
Duitsland se minister van buitelandse sake, Anna Baerbock sê hulle sal nie in Pole se pad staan indien Pole 14 Leopard 2-tenks na Oekraïne wil stuur nie. Oekraïne het ‘n beroep op Westerse lande gedoen om die Duits-vervaardigde tenks aan hulle te verskaf om hulle verdediging teen Russiese magte te versterk. Duitsland het egter nog […]
Murphy sluit aan by die Blitsbokke - January 24, 2023
James Murphy het hom aangesluit by die Springbok-sewesgroep in Australië om sy beseerde spanmaat, Selvyn Davids, te vervang in die naweek se Sydney-sewesspan. Davids het die afgelope naweek ‘n lies-besering opgedoen in die Nieu-Seelandse Sewes-reeks en is uitgesluit van die toernooi in Australië, waar Suid-Afrika Vrydag teen Kenia te staan kom en Saterdag teen Uruguay […]
Geingob sê Psemas word misbruik - January 23, 2023
President Hage Geingob sê die regering ondersoek die misbruik van die Staatsdiens Mediese Hulpskema, Psemas, deur lede en in hul afhanklikes. Geingob het aan ‘n afvaardiging van ‘n span Britse mediese spesialiste by Staatshuis gesê dat die land se mediese dekking redelik goed is, maar misbruik vind plaas wat die regering miljoene dollars kos. Die […]
Water- en riviervlakke bly styg in die Noorde - January 23, 2023
Die Namibiese Hidrologiese Dienste sê die watervlakke in die sentrale en oostelike gebied van die Cuvelai-iishana styg steeds weens aanhoudende swaar reënbuie in die Noorde en Angola oor die naweek. Die dienste waarsku dat die oorstromings kan vererger as nog reën in die Cuvelai-opvangsgebied voortduur. Volgens die jongste vloedbulletin het die Zambezi-rivier se vlak by Katima Mulilo met 25 sentimeter […]